Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameAstrid Grimbeek
Date2006-06-12
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageHallo Simon
Ons dink aan jou en bid vir beterskap.
Sterkte en baie liefde
Die Grimbeek familie


NameCarina Krogh
Date2006-06-12
Locationclick picture for more information
MessageHi aan al die van Wyks

Ek het gedink ek moet 'n boodskappie stuur aan julle al die pad uit Oman. Ek is nie seker of die jonger van wykies my sal onthou nie, maar ek het 'n paar ''babysitting'' dae agter my. Vaagweg onthou ek hoe Simon en Leatitea net wou Sound of Music kyk :)

Daar is 'n spesiale gebeds versoek vir julle as gesin, en veral vir jou Simon, hier in die muslim-land. Weet dat daar hard vir julle gebid word aan díe kant deur verskillende nasies. Ek het 'n pak briefies en kaartjies van die klomp monstertjies vir wie ek klas gee, so wanneer ek volgende week in Suid Afrika is sal ek dit spesiaal aflewer.

Sterkte met die operasie. Jy is 'n ''fighter'' en beslis 'n inspirasie vir baie!

Liefde in Christus
Carina


NameDu Toit & Retha Maritz en kinders
Date2006-06-12
MessageSterkte aan julle almal - julle is heeltyd in ons gedagtes en ons gebede.

Die Maritze


NameLynne van Rensburg
Date2006-06-12
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJohannesburg
MessageLiewe Simon,
Ons dink aan jou elke dag en bid dat alles sal goed gaan. Jy is 'n baie positiewe en sterk seun. Almal het vir jou by die Gauteng Ope skaak toernooi op Vrydag gebid. Ons het jou gemis.
Raak beter vinnig!!
Al ons liefde Lynne, Pierre, Ryan en Michelle van Rensburg


NameWiesie Bester
Date2006-06-12
Locationclick picture for more information
Stad/DorpSydney
MessageLieste Simon

Ai, ek het nou-net my ganse 1470 character boodskap per ongeluk uitgevee!!!!!!!!! Nou is daar ook nie meer tyd om dit alles oor te doen nie!

Maar, ek wou darem net gou vir jou se hoe trots ons op jou is. Jy is darem 'n inspirasie! Dis fantasties om te hoor en sien dat jy maar nog net dieselfde, sonnige grapgatjie is wat ons onthou en so lief leer kry het! Alle eer aan God, wat jou so pragtig gemaak het!

Ek moet nou wikkel om my gesin vir hierdie Maandag reg te kry, maar sal weer later skryf.

Wat ek net gou wil se, is dat ons 'n God van wonderwerke dien, 'n God wat wil he ons moet glo wat ons bid. Ons bid deurgaans vir Hom om jou heeltemal te genees, en dat Hy jou altyd sal bewus maak van Sy teemwoordigheid by jou, maak nie saak wat die omstandigheid is nie.

Baie, baie liefde vir jou uit Sydney!

Oom Johan, tannie Wiesie, Wiehan, Melisa, Andreas en Imke


NameBarnards van Rooihuiskraal
Date2006-06-11
Locationclick picture for more information
MessageHi daar

Daar is soveel mense wat julle bystaan in hierdie dae. Dit is ongelooflik wonderlik. Die webwerf is great, want hier is regtig 'n paar goeie inspirerende boodskappe. Dit gee mens koue rillings.

Ek is nie iemand vir baie woorde nie, maar daar is drie goed wat ons aan kan vas hou:

- God staan ons altyd by deur dik en dun.
- Ons (jou Familie en al jou vriende) dink aan julle en bid vir julle.
- More sal die son weer skyn, die lewe bruis soos vonkel wyn.

Baie liefde

Ons


NameCorrie en Johny Botes
Date2006-06-11
Locationclick picture for more information
MessageSimon baie sterkte en liefde ons bid vir jou weet dat ook hierdie siekte ons as mens versterk in geloof en weet dat daar 'n lig in die tonnel is ook vir julle gesin ons kan nie veel sê nie maar weet dat ons ons kniee deur staan om vir julle te bid. Baie liefde Corrie en Johny


Namebiance
Date2006-06-11
Locationclick picture for more information
MessageHey!
Ek wil net sê simon ons almal dink aan jou en hoop jy word gou beter, en ons glo sterk jy sal, want jy is immers 'n van wyk, en soos wat ek van wyks ken gee hulle nooit moed op nie hou hulle koppe hoog en gaan aan, dink ook altyd aan almal anders voor hulle self, hou aan jys 'n van wyk! Abrie + Wouter hulle is 2 beste boeties in die hele wêreld en moet dit nooit vergeet nie, Letichia 'n suster soos jy is sekerlik net die beste! Wel in die wêreld van ons, sonder 'n van wyk familie soos julle is die wêreld 'n afgeskeepde plek! Julle bring gelimlagte en vriendskap vir baie mense en ek hoop ons kan ook 'n glimlag vir julle skep! HOU SO AAN!

Lovies
Biance
xxx


NameTinus vd Heever
Date2006-06-11
Locationclick picture for more information
MessageHi Simon
Dis tinus.hoop it gan goed.eks no by en skryf some or my fone ons internet werk ni vndg.ons skryf eksamn en ek moes do,eergister,gister en vndag leer.no break!ek hor jyt no n' laptop.ek gn kyk of ek ni rugby 2004 vi jo kn gee ek lyke it.sterkte vi Do. ek ht no kategese. See ya (tinus)


Name??????
Date2006-06-11
Locationclick picture for more information
MessageLiewe Simontjietjie

Gister het ek so bietjie gaan shop en toe ek in n winkel loop dog ek hulle wil die winkel roof so toe hardloop ek weg. En na rukkie besluit ek ek gaan kyk toe was dit nie roof nie maar was hulle besig om die winkel te sluit.Ek het so stupid gevoel.Maar wat ek meen is dat jy is so sterk as dit jy was so jy daar binne gebly het en nie wegggehardloop nie.

Liefde

Jou geheime bewonderaar


Page 75 of 80 << First < 72 73 74 75 76 77 78 > Last >>