Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameAndries Nel en gesin
Date2006-06-11
Locationclick picture for more information
MessageLiewe Simon en gesin van Wyk
Terwyl ek vanoggend my preek deurgelees het wat ek 9:00 preek (Drie Eenheid Sondag) het ek die dringendheid aangevoel om vir jou en julle te sê: God leef en regeer in Almag! Hy het julle lief! Sy liefde is ewig en volmaak!
Daar's 'n gedeelte in die 3 de strofe van Gesang 582 wat ek met julle wil deel:
"Gaan pyn en lyding soms bo my verstand, weet ek U hou onwrikbaar nog my hand".
Ons prys Hom; Vader, Seun en Gees, saam met julle en wag op Sy uitkoms!
Andries, Lottie, Louis, Linda & Annette Nel van Witpoortjie gemeente.


NameDanielle Bakker
Date2006-06-11
Locationclick picture for more information
MessageHey Simon,

Wil net sê ons dink an jo, bid vi jo en sterkte.

Onthou "Every story has an ending. But in life every ending is a new begining"

Lovies en Liefies
Danielle


NameJohan & Engela Buitendag
Date2006-06-10
Locationclick picture for more information
MessageBeste Wouter en Susan

Ons wil julle net die beste toewens. Mag God julle krag gee in hierdie tyd - Hy wat die Skepper en Onderhouer van alles is. Ons glo en vertrou saam met julle dat sy wil sal seevier.
Baie krag vir julle. Ons bid vir julle!


NameClinton
Date2006-06-10
Locationclick picture for more information
MessageWhat is the difference between England in the world cup and a tea bag in the world cup.


The tea bag stays longer in the cup!


NameAnnemarie en Henk
Date2006-06-10
Locationclick picture for more information
MessageLiefste, Liefste Susan, Wouter en kinders
Ons praat elke dag van julle - 'n wonderlike voorbeeld - ons bid en glo dat dit met julle almal sal goed gaan en Simon,hou moed my liewe kind.Ons glo dat jy sal beter word. Sterkte!!!! Kan ek vir julle pizzas bring? Bel gerus wanneer jy lus is daarvoor. Baie, baie liefde.


NameHenning Blignaut en gesin
Date2006-06-10
MessageHallo ou Simon, ek en almal in die klas (en ons gesin) dink aan jou en sê : vasbyt!

By die skool is dit nou eksamen en soos jy weet dis blerrie bad! Jol is uit en leer is in! Laat ek jou liewer nie vertel hoe suffer ons met die vraestelle wat die onnies opgestel het om ons te torture nie (veral die Engels 1e taal! ). Die tyd gaan darem gou verby en dan sien ons daarna uit om weer by jou te kuier en te speel. Oefen intussen maar jou playstation sodat jy ons van al die nuwe speletjies kan vertel. En geniet jou nuwe laptop!!!

Intussen : hou moed! Ons weet die Here gaan jou gesond maak! Ons hele gesin stuur vir jou groete!

Onthou :

'n Vaste burg is onse God
ons skuil in Hom die sterke
Hy is 'n vesting in die nood
vir ewig staan sy werke.
Al kom die Bose aan
in sy oorwinnaarswaan
ons weet by al sy lis
sy lot is reeds beslis
God self stel aan hom perke.


NameLidia de Klerk
Date2006-06-09
Locationclick picture for more information
MessageLiewe Simon

Ons dink elke dag aan jou en jou gesin en bid dat jy gesond sal word. Ons weet jy sal nie gou opgee nie!

Wees sterk! As God wil dan sal Hy jou genees!!!

Met baie liefde

Die de Klerk - gesin


NameDie Schutte\'s
Date2006-06-09
Locationclick picture for more information
Message‘n Skaakbord vol Herinneringe – Vir Simon van Wyk.

Die ruiter spring sy L verby
Sodat Hy jou pion kan kry
Die toring loop op ‘n reguit lyn
Só dat Hy jou dame laat verdwyn

Die koning staan alleen geplaas
Die bishop loop skeef soos ‘n dwaas
Blokkies wit en blokkies swart
‘n Siel só naby aan elkeen se hart

Die lewe is ‘n skaakbord-spel
Só sal elke skaak’er jou vertel
Van kinder tree tot ouer slaap
Van vriende goed en onnies kwaad

Elke dag ‘n ander stuk afgee
Wit… swart… Wit… swart… - swart, Wit
Totdat Hy jou koning vat
En jy die Ewige Lewe betree.

- *Suné Schutte*


Name???????????
Date2006-06-09
Locationclick picture for more information
MessageGoeienaand Simontjie

Ek het n liedjie geluister wat my aan jou laat dink het !!!!!
Die liedjie se naam is "Seven Nation Army " .
Die deel wat ek die meeste like is waar hulle sing " A seven nation army cant hold me baccccccck!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
So gaan luister die liedjie en dan sal jy agterkom dit is bedoel vir jou !!!

Liefde

Jou geheime bewonderaar


NameAndre Nell en gesin
Date2006-06-09
Locationclick picture for more information
MessageOns almal bid vir jou Simon en vertrou dat GOD DIE ALMAGTIGE jou in SY HANDE SAL NEEM en GENEES
Met liefde oom Andre tannie Erika Gerhard en Madelein Nell


Page 76 of 80 << First < 73 74 75 76 77 78 79 > Last >>