Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NamePollyann
Date2006-06-13
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJohannesburg
Messagein 2002 was ek gediagnoseer met borskanker en omdat die kanker aan die onderkant van die bors was het die dokter geen hoop vir my gehad nie. Een ding wat ek besef het is dat wanneer jy deur 'n krisis gaan God werklik daar is - mense het vir my gebid - mense wat ek nie eers geken het nie. Hulle het kos aangedra en bemoedig en net sodra ek wou neer daal in 'n pit van depressie was daar iemand om te bemoedig om te se God is in beheer. As ons glo - want sonder geloof kan ons nie God behaag nie. Kanker is 'n feit - maar daar is 'n groter feit waarvan ek bewus is en dit is dat God, Jesus gestuur het om aan die kruis van Golgota vir ons te sterf en duer sy wonde is daar genesing. En die woord van God se waar twee of drie saam stem - SO SAL DIT WEES. En vandag, neem ek julle hande in die geloof en se - ek glo saam met julle vir 'n wonderwerk - vir volmaakte genesing. Soos Paulus gese het - ons glo dit daarom spreek ons dit.

Moet nooit moed opgee nie - hou vas aan God in hierdie tyd van benoudheid en Hy sal jou deurdra. Dis nou 4 jaar en 4 maande wat ek volmaak genees is. Kanker het geen krag nie - maar God het.

As jy moedeloos voel en wil met iemand gesels wat deur kanker gegaan het, bel my gerus: 082 459 3572

Groete in Jesus
Pollyann


NameJohan, Herma, Nicolai, Tiaan en Herman R
Date2006-06-13
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJohannesburg
MessageHi Simon

Hier by die Raubenheimers gaan dit maar soos elke ander dag - lekker besig en aan die gang. Tiaan-hulle oefen nog hard rugby (Speel Vrydag teen Roodepoort)en die krieket het ook al weer begin. Gelukkig skryf hulle nie nou eksamen soos al jou ander pelle nie, maar hulle beurt kom ook.
Ons dink veral vandag en môre meer intensief aan jou as die vorige dae, en bid dat jy God se nabyheid en vrede sal ervaar. Dankie dat jy so 'n vasbyter is en vir ons ander wys wat dit regtig beteken om te veg!
Die keuse van koek is joune vir die volgende teedrinksessie hier by ons kantoor.
Sterkte en baie liefde!
Oom Johan, Tannie Herma, Nicolai, Tiaan, Herman


NameMarietjie
Date2006-06-13
Locationclick picture for more information
Stad/Dorpjhb
MessageSimon, ek wil net graag jou en jou familie sterkte toe wens, vir die operasie, en ons glo dat dit suksesvol sal wees, en dat GOD sy hand oor julle sal hou.

In GOD se hande is niks ontmoontlik nie,

Voorspoed,


Marietjie


Name???????????????
Date2006-06-12
Locationclick picture for more information
MessageLiewe Simontjie

Ek is besig om eksamen te skryf en moes pas 102 bladsye leer . Ek is uitgeput. Jy is n lucky fish om nie eksamen te skryf nie.
En raai oor wat leer ek flippen PLANTWEEFSEL!

Daar is twee tipiese weefsel....... Boring ne ?

So geniet jou aand verder terwyl ek die PLANTWEEFSEL in my kop probeer kry.

Liefde

Jou geheime bewonderaar


NameWILMA EN GESIN
Date2006-06-12
Locationclick picture for more information
Stad/DorpROODEPOORT
MessageSterkte met die stamsel-oorplanting. Ons dra jou steeds in ons gebede op elke dag. Ons bewonder jou ongelooflike moed en deursettingsvermoë, asook jou gesin se liefde, hulp en krag met die Genade van Bo.

Baie liefde
Tannie Wilma, oom Johan, Orpa en Samuel, en Anneke en Heinrich.


Namemarthinet niemandt
Date2006-06-12
Stad/Dorpjohannesburg
MessageDankie vir al die nuus! Ons dink baie aan jou en bid baie vir jou! Ons glo dat jy sommer gou sal herstel. Baie sterkte vir die oorplanting.

Simon
Ek wil net se baie baie sterkte. Ek dink baie aan jou en ek wil net se ek dink jys ongelooflik braaf en positief en dis great! Ek kani wag dat jy gesond word dat ons weer jou vriendelike glimlag in Florida se gange kan sien.

***Doret***


NameChrista Faasen
Date2006-06-12
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJohannesburg
MessageSimon, Jy is saam met my 3 kinders op skool en ons het nog net goeie eienskappe van jou by hulle gehoor. Saam is ons gebed dat jy veilig in die holte van Jesus se hande sal wees. Dat hy jou sal aanraak met Sy Liefde wat so oneindig groot is. By Hom is alles moontlik. Ons bid ook vir jou gesin, om sterk en vol moed te wees en te alle tye te vertrou op die genade van Ons Here Jesus Christus. As ouer gaan my hart uit na u elkeen vandag, more en vir die tyd wat voorle' op herstel. Mag vrede u harte vul, met die wete dat God mense se gebede verhoor. Dat daar daagliks wonderwerke gebeur en dat ons daardeur God sal verheerlik. Gen 21:17-20 (God het die kind hoor huil, en die Engel van God het uit die hemel na Hagar geroep en vir haar gese': "Wat is dit, Hagar? Moenie bang wees nie, want God het die kind daar waar hy le' gehoor. Staan op, tel die kind op en troos hom, want Ek sal hom 'n groot nasie laat word." Toe het God haar oe' oopgemaak en sy het 'n put met water gesien. Sy het die velsak vol water gaan maak en vir die kind water gegee. God was by die kind en hy het groot geword.) Al ons Liefde Faasen gesin


NameBornheim Familie
Date2006-06-12
Message'n Reuse "HUG" aan die hele Van Wyk Familie - ons dink elke oomblik van elke dag aan julle (Craig of Darren vra gereeld sommer uit die bloute of ons weet hoe dit nou met Simon gaan - en natuurlik veral by die skaak) - ons mis julle !! en ons bid kliphard vir julle almal (natuurlik 'n bietjie ekstra vir Simon). Baie sterkte vir die volgende paar belangrike dae - ons glo dat dit goed sal gaan. Die kinders kan nie wag om 'n lekker skaakgame teen Simon te speel nie en se hy beter sy tyd goed gebruik om te prep.

Baie liefde
Karien, Mike, Darren en Craig


NameNHK Witpoortjie
Date2006-06-12
Locationclick picture for more information
Stad/DorpWitpoortjie
MessageBaie sterkte met die operasie. van Gemeente Witpoortjie.


NamePhillip en Ivy van Sittert
Date2006-06-12
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRuimsig
MessageHi Simon, ek is bly om te sien jy volg die soccer maar eks bevrees Brazil is die span om te wen! Dr Beukes se span sal dit nog agter kom!("Never"lands) Ons weet jy gaan deur 'n baie moeilike tyd maar wil graag vir jou dankie sê vir die geweldige inspirasie wat jy opnuut in BAIE mense se lewens hervestig het!

Phillip en Ivy


Page 74 of 80 << First < 71 72 73 74 75 76 77 > Last >>