Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameStiaan Elsa Christiaan Anshia Oldewage
Date2006-06-14
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageGoeie Middag aan van Wyk gesin

Baie baie sterkte, ons dink veral vandag aan julle. Hoop alles loop goed af met die oorplanting.

Vasbyt Simon, ons bid vir jou!


NameVan die Haasbroeke
Date2006-06-14
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageSimon

Ons bid vir jou elke liewe aand en dink, hoop, en weet jy sal gou gesond word!!!!!!!!!!!!!!

Wees sterk en onthou:

God is saam met jou al die pad!!!

Van Marianne Haasbroek, Ronel Haasbroek, Riaan Haasbroek en al die ander Haasbroeke.
xxx


NameCharlotte van Biljon
Date2006-06-14
Stad/Dorpwhiteridge
MessageHi Simon

Baie sterkte met vandag. Ons dink aan jou in die moeilike tyd. Ons gaan vir jou en jou familie bid. Jy is 'n inspirasie vir almal om jou. Die trompoppies gaan spesiaal hulle beste vir jou saterdag doen en hulle dra saterdag op aan jou en jou familie. Jy moet nou gou gesond word sodat ons spesiaal vir jou kan optree.

PS! Ons groep maak vir jou 'n kaartjie en sal ook vir jou groep foto stuur.

baie liefde

Dellies trompoppie span


NameNicole van Biljon
Date2006-06-14
Stad/Dorpwhiteridge
MessageHi Simon

Ek het vir mamma gevra om vir jou die boodskap te stuur. Ek is in graad 2 by L/S generaal de la rey en juff sonskyn het my vertel van jou. Ek bid elke aand vir jou en glo dat jy sommer gou gesond word. Ek loop trompoppie provinsiale kampioenskappe saterdag en gaan vir jou my beste gee. Sterkte met die oortapping en ek dink aan jou vandag ook.

baie liefde

Nicole


NameChris Schutte
Date2006-06-14
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJohannesburg
MessageSimon

Ek bid vir jou deur hierdie dag. Ons is almal bly om te hoor dat die selle hier is en dat die "timing" so goed is. Verder is dit veblydend om te sien dat jou kanker plast so drasties verlaag het.

Ek het groot respek en dit is 'n groot les vir my om jou so hartlik en opgewonde te sien as ons kom kuier het. Ek wil jou ook net bedank dat jy so 'n goeie vriend vir Christiaan is. Jy lê baie naby aan sy hart.

Hy gaan baie kwaad vir my wees omdat hy nie gister kon kuier nie en vandag is dit nie moontlik nie. Maar weet dit hy is baie opgewonde oor die feit dat die oortapping vandag en nie more is nie.

Ons as familie bid vir jou en jou familie dat die oortapping suksesvol sal wees. Mag God julle seën en julle hande vashou deur die tyd. Weet net ons dra julle heeltyd in ons gedagtes en aan God op.

Met groot liefde


Oom Chris en sy familie


NameCarmen de Jager
Date2006-06-14
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageHey Simon!

Ek hoop dit gaan goed met jou familie en VERAL met jou!

So vandag is die groot daggie!

Ek was so opgewonde om jou website te besoek, jy's soos 'n celebrity! ;))) Ek is eerste in lyn vir jou handtekening, ne! Hey, ek het nie geweet jy't vir Lance ontmoet nie, dis awesome!

Ek is baie bly dat die oorplanting gedoen kan word, dit klink baie cool! En ek se jou mos, ek't geleer van daardie goed laasjaar, dis baie interessant! :) En volgens my navorsing, baie suksesvol!

Ek het volle vertroue in jou, Simon!

Ek hoop jy voel rerig vinnig beter na die oorplanting, en die feit dat jy al klaar beter voel is stunning!

Baie sterkte met die op, dit sal goed gaan, ek weet dit!

En onthou Simon, Liewe Jesus slapies nooit nie! Hy waak heeltyd oor jou, veral oor jou!! Hy like jou kwaai!

Luv,
Carmen en familie!

PS. moenie TE stout wees in die hospitaal nie, maar ek gee jou toestemming om so 99,999999% stout te wees! (en ek gee jou ook toestemming om die boonste getal af te rond tot die naaste heelgetal ook...) haha!


NameFANIE&VAL LEWIES
Date2006-06-14
Stad/Dorpconstantia kloof
MessageOns glo jy gaan binnekort weer soos n champ krieket speel


NameSaartjie Kruger
Date2006-06-14
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFlorida
MessageHi daar, Simon,
Net om weer te sê ek dink aan jou in my gebede en jou glimlaggie bly voor my geestesoog! Jy is vir ons almal 'n voorbeeld van hoe 'n gelowige moet wees. Vasbyt, en baie sterkte vir wat gebeur!
Liefde en seënwense
Saartjie


NameBronwyn Corinaldi
Date2006-06-14
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageHello Simon!

Ek bid vir jou elke dag en ek weet dat Liewe Jesus baie mooi na jou kyk! Hoop vandag is 'n sukses - ek weet God het 'n baie groot plan vir jou lewe!

Baie liefde
Bronwyn


NameKobie, Schantell, Jaco & Theo
Date2006-06-14
Locationclick picture for more information
Stad/DorpKrugersdorp
MessageSimon,

Ons hoop alles het goed gegaan gister/vandag met die Stamsel oorplanting. Serkte vir jou, Pa en Ma, boeties (Wouter en Abrie) en sussie (Leatitia).

God seën jou en ons bid vir jou.


Page 71 of 80 << First < 68 69 70 71 72 73 74 > Last >>