Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameLouis en Elsie Bezuidenhout
Date2006-06-14
Locationclick picture for more information
Stad/DorpTinwald, Dumfries
MessageLiewe Simon en die hele familie, Al is ons baaie ver dink ons vreeslik baie aan elkeen van julle. Jou ouers sal aan jou verduidelik wie ons is. Ons bid vir jou Simon en ook vir julle, Wouter en Susan en gesin. Ons dra julle in liefde op aan ons hemelse Vader. Sterkte.


NameLars Persson
Date2006-06-14
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJohannesburg
MessageThinking of you. God be with you and give you the strength and healing you need. We are praying for you.
Lars and Family.


NameMargaret Hewson
Date2006-06-14
Stad/DorpFlorida
MessageHi Simon
We have all been following your website daily, thinking about you and praying for you throughout each day. You are an incredible young man - South Africa's Lance Armstrong and we are all behind you all the way!
Love all the Hewsons


NameLidia de Klerk
Date2006-06-14
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageHallo Simon!

Ek hoop dat dit goed gegaan het met die operasie!
Ons bid elke dag vir jou en WEET dat jy gesond sal word!

Ek dink aan jou terwyl ek my FRANS leer!

Au Revior!
****Lidia*****


NameJannie van die plaas
Date2006-06-14
Locationclick picture for more information
Stad/DorpBagdad
MessageHey Simon

Hoe vang di Polisie 'n krokodil?
Hulle vang 'n haas en slaan hom totdat hy erken hy is 'n krokkodil!!

Wat is die toppunt van verwarring?
Vadersdag in Soweto!

'Jy hou nie op baklei omdat jy moeg word nie, jy word moeg omdat jy ophou baklei'

Onthou dit ALTYD

<. / .>
...


NamePaul Maritz
Date2006-06-14
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFlorida
MessageHi Simon

Ek sit nog so en leer toe onthou ek van jou operasie, sterkte ek hoop jy voel sommer gou beter. Ek dink aan jou, en ek bid vir jou.
Moennie worrie oor wat jy mis by die skool nie dis boring soos altyd. Ek sien jy stem vir die Franse maar ek hoop Brasilie wen, hulle verdien dit. Praat later weer met jo!!!

Van Paul

(:-> !!!!!!!!!!!!!!!!


Namepetronella
Date2006-06-14
Locationclick picture for more information
Stad/Dorpbft
MessageHi Simon!!

Sterkte met alles. Ek dink vreeslik baie aan jou. Jy het gemaak dat ek met nuwe oe na kankerlyertjies (veral die kiddies) kyk en dat ek my hart en siel uitstort as ek met hulle werk.

Petronella


Name////
Date2006-06-14
Locationclick picture for more information
Stad/DorpIsando
MessageBaie sterkte ou seun ek was vandag baie bekommerd oor my arme dogter wat so swak doen in wiskunde maar jy het my oe oop gemaak om te sien daar is baie groter dinge waaroor jy geworry kan wees.

Ek hoop alles gaan sommer voor die wind ons dink aan jou en jou gesin


NameDora Westraad
Date2006-06-14
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageBeste Simon,
Ek is Nico & Annemarie se tannie en hulle praat baie van jou as ons saam is, Nico vertel altyd vir ons hoe vrolik en blymoedig jy is en dat jy nie hierdie siekte jou laat onderkry nie. Wat 'n pragtige gesindheid en groot GELOOF!
Liefste kind van Vader God, dit is vir God (so glo ek) ook 'n seën om jou te sien lewe vir Hom en tot Hom en soveel vertroue in Hom te hê, want daardeur sê jy ook soos Paulus in Fillipense 1-"Om te lewe is vir my Christus". Ons Gebed is dat jy werklik aan die einde van hierdie proses sal getuig dat jy "OORWINNAAR IN CHRISTUS IS" omdat ons almal saam kan uitroep "Die Here is my Herder, ek kom niks kort nie" Onthou altyd:
God is langs jou om jou hand vas te hou
God is agter jou om jou te beskerm teen die vyand
God is onder jou om te op te tel as jy val
God is voor jou om jou die pad te wys
God is bo jou om jou te seën
God is rondom jou om jou veilig in Sy arms toe te vou.
Mag jy dit ryklik ervaar.
Ons Bid saam met jou vir algehele gesondheid.
Groete in Christus.


NameKoeks Swart
Date2006-06-14
Locationclick picture for more information
Stad/DorpParktown
MessageHi Simon,
Wat 'n baie dapper seun is jy nie. Ek bid vir jou en jou familie en is seker dat al die gebede definitief sal help om jou weer gesond te laat word. Wonderwerke is nog nie verby nie.

Sterkte en baie groete


Page 70 of 80 << First < 67 68 69 70 71 72 73 > Last >>