Ons is baie dankbaar om te sien dat dit gister goed gegaan het met die oorplanting. Ons dink baie aan julle almal, maar natuurlik veral aan Simon.
Baie sterkte en gebede van ons almal
Liefde Karien, MIke, Darren en Craig
Name
Henk Joubert
Date
2006-06-15
Location
Stad/Dorp
tzaneen
Message
Beste Simon Ek en my vrou, Trudie, het saam met jou pa en ma as studente wonderlike studente toere bygewoon! Ons glo dat hul positiewe geloof en spontane geaardhede ook in jou is. Daarom twyfel ons nie dat die Here jou baie styf vashou in sy liefde nie. Ons bid vir. Henk Joubert
Name
Thys en Hermien redelinghuys
Date
2006-06-15
Location
Stad/Dorp
Roodepoort
Message
Wouter en Susan en gesin, Ons dink spesiaal in hierdie dae aan julle en glo saam dat die Here self hierdie pad met julle sal loop. Ons is beskikbaar vir enige-iets waarmee ons jule kan bystaan
Name
Graeme Alexander
Date
2006-06-15
Location
Stad/Dorp
Markethill
Message
Hi ya Simon
This is Graeme Alexander writing you a short note to tell you to get well soon. I would really like to see you visit us some time soon. I don't think that you really know how annoying my youngest sister Eleanor is, so you'll have to come and find out.
I have exams at the minute in school but don't work very hard for. Soon it will be our summer holidays and life will be easier.
God bless Graeme Alexander
Name
petronella
Date
2006-06-15
Location
Stad/Dorp
bft
Message
Hallo Simon!
Hoop dit gaan voor die wind met jou... Ek was sommer vies toe ek hoor dat die susters naalde links en regs by jou wil indruk!! Dit terwyl jy 'n spesiale kontrepsie het wat dit eintlik vir hulle MAKLIKER maak. Dink net hulle hoef nie 'n vene te soek en te mik en hoop hulle steek raak nie. Aai- toemaar. Dis soos jou Pappa sê: hulle sal nog leer!
Wil net vir jou sê dat almal in my klas weet van jou en aan jou dink en elke kort-kort vra hoe dit met jou gaan. Nou kan ek vir hulle sê hulle kan self op jou eie webblad kyk! Dit het ook my vriende geinspireer om alles moontlik van ALL ( en die ander 3 leukemië) te lees. Anders is dit mos maar net nog 'n siekte...
Sterkte met alles. Ek hou styf duim vas
Petronella
Name
Judith Overman
Date
2006-06-15
Location
Message
Simon en Familie Ek het by my skoonsussie, Marthie du Toit, gehoor van jou operasie. Ons van hier ver bid vir jou en jou familie. Onthou, by God is alles moontlik, Hy is by jou, vir altyd.
Baie sterkte vir julle almal. Familie Overman
Name
Lynne van Rensburg
Date
2006-06-15
Location
Stad/Dorp
Sunninghill
Message
Hi Simon, As time goes by we are waiting anxiously to see how you are doing. This is like a chess game - sometimes you are ahead and sometimes behind, but then another plan evolves and you are back in the lead again. Fight on!! From the messages you have received, there are many people who care very much about you and are crowding around your board to see your victory.
Hang in there pal - you can do it.You have been a star so far, and have been such a good example to others on copying with pressure. Half the battle is already won with an attitude like yours that is so inspiring!
May God bless you and help you to get well soon.
Luv Lynne, Pierre, Ryan and Michelle
Name
Dwayne Swart
Date
2006-06-15
Location
Stad/Dorp
Roodepoort
Message
Liewe Simon
Ek is vandag by my ma se werk en het op die Dellies webwerf ingegaan en gesien dat jy vir 'n stamsel oorplanting gaan. Ek wil net vir jou se dat ek aan jou dink en vir jou bid. Ek het nog altyd geglo dat jy deur jou siekte sal kom en ek glo nou nog eers dat jy gesond sal word na jou oorplanting en dat alles vir jou en jou gesin net beter sal word. Sterkte vir jou Simon en ek dink aan jou. ONTHOU NIKS IS ONMOONTLIK BY DIE LIEWE HERE NIE.
Name
Johan Raubenheimer
Date
2006-06-15
Location
Stad/Dorp
Egoli
Message
Haai ou maatjie
Ek sit nou nog so hier by die kantoor toe jou pa hier instap - 'n lekker verrassing. Ek vertrou dat dit goed gaan met jou en dat jy reg is vir die groot geveg wat nou voorlê na die oorplanting.
Ek stuur saam met jou pa 'n paar sê-goed wat rugbyspelers al kwytgeraak het, jy sal merk dat dit veral uit een deel van die wêreld kom. Ek glo jy sal dit geniet en dan ook 'n bietjie meer deernis met die klomp rugbyspelers hê ;-)
Jy moet nou nie te alleen voel daar nie. Een van die dae kan ons jou weer almal stukkend kuier.
Groete
Oom Johan
Name
Ivy & Phillip van Sittert
Date
2006-06-15
Location
Stad/Dorp
Ruimsig
Message
Beste Simon.
Baie sterkte! Ons dink daagliks aan jou & jou gesin.
As die "wintertye" dus nog donkerder dreig, kan ons onthou dit is nie die einde van die wereld nie...Dit beteken maar net dit is weer tyd om nie net te lewe nie, maar om te LEER van die lewe, om nie net te glo nie, maar om te LEER glo.
Ons glo en vertrou dat die stamseloorplanting 'n reuse sukses sou wees. Jy's voorwaar 'n inspirasie vir ons. Ons besef daagliks daar's soveel om voor dankbaar te wees.