| Date | 2006-06-19 |
| Stad/Dorp | Nelspruit |
| Message | Hallo Simon, Wouter, Susan en familie! Ek is tans vir 10 dae in Uganda waar ek Suid Afrikaners besoek en op 2 sondae eredienste hou. Ek is bly om te lees dat dit onder omstandighede goed gaan met jou Simon!Met jou veggees en postiewe gesindheid is jy vir ons almal 'n inspirasie! Sterkte vir die volgende weke, mag jy elke dag die krag en genade van die Here ontvang wat jou sal dra en versterk. En mag die Here jou elke dag in ons lewens gebruik as 'n getuie van sy liefde en genade! Ek kyk vanoggend oor die Victoriameer en besef opnuut: Die almagtige God wat alles geskep het, is ook die God wat ons lewens in sy hande hou. Mag julle die almag en teenwoordigheid van God in hierdie tyd kragtig beleef en ervaar. Groete, Eksteen Botes |
| Date | 2006-06-18 |
| Message | Hallo Simon my maat!! EK dink baie aan jou en mis jou geselskap en lekker saam speletjies speel. Ek is bly dit gaan soveel beter! Is bly om te hoor dat jy nou weer kan rekenaar speel. Sterkte! My hele gesin dink en bid vir jou. Ons bewonder jou moed en dapperheid. Mag die Here jou elke dag versterk! Ek sien uit om jou gou weer te sien! Van Christiaan |