Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameDaan en Reinette van den Berg
Date2006-06-21
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJohannesburg
MessageLiewe Simon,
Alle eer aan die Here vir jou goeie vordering! Ons wil darem vir jou sê jy is 'n ster! Ons bewonder jou geloof en onwrikbare vertroue in die Here. Jy is vir ons almal 'n inspirasie en voorbeeld.
Sterkte vir elke tree op die pad vorentoe. Heerlik om te weet Hy lei ons op die regte pad ter ere van Sy Naam!
Liefde vir julle almal!
Die van den Bergs


NameAllyson & Kelly-Anne Main
Date2006-06-21
Stad/DorpRoodepoort
MessageWouter,Susan and all the van Wyks and especially
Simon. Our thoughts and prayers are with you continuously. We look forward to having you all back at "chess"

Allyson and Kelly-Anne Main


NameK Swart
Date2006-06-21
Locationclick picture for more information
Stad/DorpParktown
MessageMôresê Simon

Ek wonder hoe voel jy vandag. Ek vertrou dat dit baie beter is as gister. Mens moet seker geduldig wees en baie positief wees. Met die lees van die nuutste nuus oor jou, is die prognose baie goed.

Ek werk saam met Saartjie Kruger en sy het my van die begin oor jou vertel. Ek sê weereens jy is die wonderlikste outjie in die land - jy het wonderlike vriende, maats en die mees liefste familie. Mag ons Vader julle almal hartlik seën, jou in besonder. Ons almal wat jou nou ken deur hierdie pragtige webblad dink en bid altyd vir jou en jy moet eenvoudig net heeltemal herstel. Ons moet almal net bly glo.

'n Baie goeie dag vir jou en al die kinders in jou posisie en miskien nie so geseënd is soos jy nie. Ek weet dit is heelwaarskynlik nie elke dag maklik nie né.

Baie groete en moed hou Simon.


NameKarien Meyer
Date2006-06-21
Locationclick picture for more information
Stad/DorpDiscovery
MessageSimon, Wouter en Susan,

Eintlik wil ek hierdie boodskap aan die hele Van Wyk gesin stuur. Julle is vir ons 'n inspirasie met julle positiewe gees en julle alles-gee vir Simon se herstel. Sonder om die feite te verbloem of die realiteit te versag bly julle positief en word elke klein deurbrakie 'n groot wonderwerk vir ons as buitestanders. Ek wens so daar is meer wat ons vir julle kan doen, maar op hierdie stadium is gebed al wat ons het om te gee en sal ons volhard totdat Simon heeltemal gesond is!

En Simon, vir jou wil ek net sê: Graft, Seun, graft. Die krieketseisoen lê om die draai!

Groete,

Karien


NameMinnette
Date2006-06-20
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJoburg
MessageHey Simon!

Hoop dit gaan al beter. Ek bid vreeslik vir jou!! Ek jammer as ek Abrie Vrydag "gesteel" het toe ons by die hospitaal was, maar nou ja dis Abrie... ;0)

Hy brag mos altyd oor sy mooi blou oë, maar ek weet nou van at least TWEE mense met mooier blou ogie. Ek en jy!

Eks ongelooflik lief vir jou en jou hele gesin. Regtig. Dis weird actaully.

Weet net ek bid vir jou en gee regtig baie om.

Minnette


NameBridgette
Date2006-06-20
Locationclick picture for more information
Stad/DorpCape town
MessageHi Simon

I heard from your dad today that you are making steady progress and I'm really happy to hear that. I think of you often and hope that you continue to get better and better. I'm just sorry that you won't be coming with us to the World Champs this year, but then, there's always next year.
Lotsaluv & hugs


NameDie Willemses
Date2006-06-20
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageHi Simon en die hele van Wyk gesin

So bly om te hoor jy veg moedig voort Simon. Ons gebede is met julle almal en ons bid dat die Here julle sal toevou en beskerm in hierdie tyd.

Groete
Jopie en Mariaan


NameKarin Fourie
Date2006-06-20
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageHi Chokker!
Ons is baie bly om te hoor dat jou "fighting spirit" nog net so sterk is! - Dis mos hoe ons jou ken!

Al die tannies hier in die Reach For A Dream kantoor dink aan jou en ons bid vir jou vinnige herstel.

Baie Liefde!
Tannie Karin.


NameMarietjie Nel
Date2006-06-20
Locationclick picture for more information
Stad/DorpNewlands
MessageOns is baie bly die operasie het goed af geloop. Jy en jou gesin is in ons gebede, Ons is bly om te sien hoeveel mense nog vir hul mede mens om gee,

Nou moet jy net vorentoe kyk, en weet dat GOD sy kinders op pas.

Word gou gesond


Liefde

Marietjie


NameIlanika Boshoff
Date2006-06-20
Locationclick picture for more information
Stad/DorpLinden
MessageHi, Simon.
Ek hoop dit gaan goed met jou vandag.Ek het Saterdag soos altyd gaan perdry en toe besluit ek, as jy gesond is gaan ek en jy perdry en ons vat sommer al die van Wyks saam. So ek en my perd wag vir julle. Ek hoop jy word sommer vinnig beter.
Baie liefde,
Ilanika


Page 63 of 80 << First < 60 61 62 63 64 65 66 > Last >>