Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameAstrid Grimbeek
Date2006-06-22
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageHallo Simon
Dink baie aan jou en bid vir beterskap.
Baie liefde en groete
Astrid, Terry, Terry en Jessica Grimbeek


NameMonique van Wyk
Date2006-06-22
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageHey Simon

Ek lees dat jy so bietjie moeilik is en sleg voel. Jy moet nie tou op gooi nie, jy het al so lank uit gehou, hou nog net so klein rukkie uit. Jy kan baie bly wees dat jy so mamma en pappa, en boeties en sussie het wat so mooi na jou kyk. Daar is baie mense daar buite wat aan jou dink en vir jou bid, so byt nog net so rukkie vas. Hoop jy voel beter en word gou gesong. Lekker wees!!!


NameBesters
Date2006-06-22
Locationclick picture for more information
Stad/DorpSydney
MessageHello liefste Simon en van Wyks

Ons mis julle en dink baaaaaie aan julle.Ai Simon,ons dink jy is net great.

Dit gaan goed met ons.Melisa word die young ambassador van 'n organisasie"Samaritans Purse"Hulle is deur Franklin Graham begin en het 'n kantoor in Sydney.Franklin is Billy se seun.Jou pa sal weet van wie ek praat.Johan werk nou ook vir hulle en hy en Melisa besoek skole en tree op by groot geleenthede.Hulle het nou die dag Melbourne toe en terug gevlieg....baie grend gevoel.Wiehan is in year 5(st 3)Hy het 'n skooljaar geskip en is baie lief vir sport.Ek het nou die aand saam met hom gekyk hoe Australie vir Engeland met die rugby wen.Ek moet bieg...ek het die eerste helfte gekyk en toe aan die slaap geraak,maar ons sien ook uit na Wimbledon wat voorle.Imke sing en dans soos Melisa en Andreas is 'n totale karakter.Hy wil mense die heeltyd druk en soen.Ek dink die dogtertjies hardloop seker vir hom weg by die Preschool.Hy kan stemme soos Pumba en Timone presies namaak.

Wiehan en Melisa bid ook gereeld vir jou.Sal so great wees as julle kan kom kuier.Hier is baaaaaie om te doen.Ek is so mal oor Sydney.Elke keer wat ons oor die brug ry en die operahuis sien dink ek Wow...wat 'n vooreg.Ek dink ek sal stokoud wees en dit sal altyd vir my so spesiaal bly.Ons trek hoeka nou in 'n huis met 5 slaapkamers en 'n swembad....baie plek vir gaste.

Ek moet die kids in die bed kry.Wil vanaand 24 kyk.Ken jy dit?

Lieffe jou,soos baie ander mense.Hou moed
Besters


NameDie Van der Merwe en die Bouwer gesin
Date2006-06-22
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJohannesburg
MessageLiewe Simon

Ons wil net vir jou se ons gebede is met jou en onthou altyd, vir God is alles moontlik. Jy is vir ons almal 'n inspirasie met jou geloof en jou veggees!! Met so 'n lewenlustigheid kan dit nie anders as dat jy gesond gaan word nie!! Ons glo en weet die dae van wonderwerke is nog lank nie verby nie!!

Hier is vir jou 'n grappie:
"Jan & Piet is moeg vir selfone en gebruik posduiwe. Jan stuur vir Piet 'n duif sonder 'n nota. Piet stuur terug "Wa's di Nota?"
Jan se "Jo stupid....dis 'n misscall!!"

Baie baie liefde


NameAnna Viljoen
Date2006-06-22
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFairland
MessageSimon en familie
Al skryf ons nie elke dag nie, dink ons steeds aan julle en bid, dat daardie stamselle nou moet begin werk! Jy moet nie nou moedeloos word nie. Jy was nog altyd positief so hou dit so. Ons weet dit is nie aldag seker lekker nie,maar dit sal weer beter gaan. Die Van Wyks stuur ook groete
Tannie Anna


NameJeanne Oosthuizen
Date2006-06-21
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
Message‘n Herder vir swak skapies
vir Simon

Die Here is jou Herder
al voel jy soms
swak
en jou voetjies bietjie
seer

Jy kom niks kort nie
al is jy dikwels
honger
en die gras nog te
droog

Hy laat jou rus
in groen weivelde
al voel jy altyd
moeg

Hy bring jou by waters
waar daar vrede is
al is jy baie
dors

Hy gee jou nuwe
krag
In Sy hande is jy
veilig

Vir altyd


NameJane Bingham
Date2006-06-21
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJHB
MessageDear Simon and family,

Although we have never met you, we have been through your illness via your mom, Susan, our superb music teacher at our school. We have shared the good times and the bad times with her, and we just want to let you know that our thoughts and prayers are with you all the time. We wish you a speedy recovery and know that you are in God's hands all the way.

All our love, Jane and all at Cliffview Pines. XXXXX


NameMichelle Koen
Date2006-06-21
Stad/Dorpflorida glen
MessageHi Simon

Jacques (in Gr2 Juf Sonja se klas) stuur vir jou groete en bid elke aand vir jou. Jy moet nie hoop veloor nie, Liewe Jesus is met jou en jy is elke aand in Jacques se gebede.

Sterkte van die Koen Familie.


NameGraham Jurgensen
Date2006-06-21
Locationclick picture for more information
Stad/DorpNorthcliff
MessageHowzit Simon

Keep fighting mate! One of the best lessons you'll ever learn as a chess player is that the victories you ultimately value highest are those that you invariably have had to work the hardest for!

We've just got back from the Olympiad in Turin during which I had an all too brief (6 hours) chance to visit France, the land of your favourite stem cell donar! It truly is an awesome country - as I am sure you agree.

Mart's still feeding our keg (GOB) chess team with weekly updates and the guys are all backing you 100%. In true Gauteng style, we know your fighting spirit will bring you through in the end.


NameSelma en Monica Lloyd
Date2006-06-21
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFlorida-Noord
MessageLiewe Simon, Susan, Wouter en gesin,
Alhoewel ons nie bel nie, bid ons elke dag vir jul. Ons het nie 'n idee waardeur julle gaan nie, maar kan net bid, bid, bid. Soos julle se, by God is niks onmoontlik nie.

Ek wil graag 'n aanhaling van Storie Omartian vir julle gee vir vandag:
"No matter what dark clouds settle on my life, You Lord, will lift me above the storm and into the comfort of Your presence."

Hoop dit vertroos en bemoedig vir julle almal in hierdie moeilike dae.

Hou moed Simon, jou maats mis jou en vra elke dag hoe dit gaan.

Baie liefde
Selma en Monica LLoyd


Page 61 of 80 << First < 58 59 60 61 62 63 64 > Last >>