Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameDie van der Westhuizen's
Date2006-06-26
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJohannesburg
MessageHallo Simon, Wouter, Susan, Wouter(Jnr), Abrie & Laetitia.
Simon ons bid elke oggend en aand en tussen in, vir veral jou en jou gesin. Jy voel amper soos ons eie seun. Ek tannie Marinda, wens ek kon elke oggend vir jou 'n drukkie gee omdat jy so braaf is. Julle is 'n wonderlike gesin en ons glo die Here is besig om vir julle 'n wonderwerk te doen, die een op die ander. Simon hou net aan veg soos jy reeds doen. Wouter & Susan, julle is wonderlike ouers en julle word nou 'n goeie voorbeeld vir die hele wêreld om te sien.

Ons laat die volgende Bybel stukkie by julle: Heb 10:36 "Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het." Julle beoefen reeds volharding - hou so aan!

Simon, onthou Fanta-veel koeldrank raak mens se tande sleg.


NameSommer net iemand wat jou ken
Date2006-06-25
Locationclick picture for more information
MessageHallo Simon, Dis al weer laataand, en soos dikwels die algelope week of twee kom loer ek gou hier op jou webtuiste hoe dit met jou gaan. Wat 'n spesiale kind is jy nie - al voel jy dalk nie op hierdie oomblik so nie. Jy leer soveel mense soveel lesse. Vasbyt. Ons "root" vir jou. Wat okal gebeur, moenie bang wees nie. Alles is okay, alles is onder beheer. Lekker slaap vannag


NameScholtz Gesin
Date2006-06-25
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageHallo Simon en elke Van Wyk! Ons is so bly saam met julle dat Simon beter voel; selfs Fanta is 'n lekker gedagte! Ons bid elke dag vir julle en veral vir jou, Simon!
Het nie elke dag toegang tot jou webwerf; oom Francois en sy laptop (m.a.w. Internettoegang) is in die week in Durban/Kaapstad.
Ons dink elke dag gedurig aan jou, Simon, en weet en glo saam met jou dat niks by God onmoontlik is nie! Jy is steeds die mees dapperste kind wat ons ken en ons hoop jy voel gou weer baie beter en sterker.
Ons kom binnekort vir jou kuier.
Baie liefde van ons almal
Oom Francois, tannie Karin, Friederike en Anton


NameFrancois Grobbelaar
Date2006-06-25
Stad/DorpNorthcliff
MessageOns almal dink en bid vir julle elke dag. Liefde,
Francois Rina Ivan Röan Ar


NameAnnelie vd Heever
Date2006-06-25
Locationclick picture for more information
Stad/DorpValeriedene
MessageSimon, wat's fout met jou stem? Is dit omdat julle van Wyks vir die Franse skreeu? Lyk my dit werk.....Sjoe, ons sluk maar swaar aan 2 Springbokspanne wat op een naweek deur die Franse oorwin is.....

Bly om te lees dat Fanta nou weer vir jou lekker klink. Meer as een week is nou al verby....

Groete vir die ander broers & suster

Tannie Annelie


NameMarlize
Date2006-06-25
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFlorida
MessageHey Simon.
Ek wil maar net vir jou se dat ek en my hele gesin vir jou bid. Ek ken vir Abrie goed, maar jy weet mos hoe is daai ouboet van jou. Elke keer as ek hom vra hoe dit gaan, se hy, hy weet nie. Jy moet net vasbyt en nie moed verloor nie. Jy is n baie spesiale seun en ek weet die Here sal mooi na jou kyk. Onthou altyd Psalm 23. Dit gee my altyd moed.

Groete
Marlize


NameElna van Jaarsveld
Date2006-06-25
Stad/DorpRandburg
MessageLiewe Wouter, Susan, Simon en Gesin,
Simon ek het by Tannie Elsabe Schutte gehoor
van jou siekte en wil net graag jou en jou gesin bemoedig met die wete dat ek elke dag vir julle
bid ! Hou die oe gevestig op Jesus!

Simon , jy sal dalk ook binnekort van my ma hoor, sy is 72 en woon in Vereeniging , sy behoort aan 'n gebedsketting in die Vaaldriehoek wat ook vir julle intree.

Hoop jy kan sommer gou weer na 'n gewone saal
toe gaan en lekker tienerkos eet.

Baie liefde in Christus
Elna van Jaarsveld


NameHanre & Nicolette Froneman
Date2006-06-25
Locationclick picture for more information
Stad/DorpDubai
MessageLiewe Simon & gesin

Simon, as ons die dagboek lees en na jou fotos kyk, dan laat jy ons so dink aan daardie fliek "Spirit"...het jy dit ooit gesien?? Jy is SO sterk en jou "spirit" n ware inspirasie vir ons!

Ons dink elke dag aan jou en bid vir jou!!

Baie liefde

Die Fronemans


NameDe Klerkgesin
Date2006-06-25
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFlorida Park
MessageHallo Simon en al julle Van Wyks!

Ons het vanoggend in die kerk die lied 'Nader my God by U' gesing en ons het die wonderlike boodskap weer gehoor dat ons by Jesus veilig is. Ons weet dat dit vir julle ook waar is en dat die storie van Jesus wat mag het oor alle dinge in die hemel én op aarde die een is wat van jou, Simon, en van julle as gesin uitgaan na die wêreld. Mag die Here julle steeds seën met moed en nuwe hoop. Ons is saam met julle bly oor elke stappie vorentoe.

Intussen kyk ons ook lekker sokker, al is ons 'n gesin van 80% dames! Tog jammer dat die Franse nou ook moes staan en wen by die rugby...

Liefdegroete - Pieter, Ankie, Mariëtte, Lidia, Esther


NameMarina Garbutt nee Aukema
Date2006-06-24
Locationclick picture for more information
Stad/DorpDurham, North Carolina
MessageHello Susan, Wouter, Simon en familie,

Ons gedagtes is met julle in die moeilike tyd.

Marina, Mike, Michelle(11), Jim(8) en David(6)


Page 58 of 80 << First < 55 56 57 58 59 60 61 > Last >>