Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NamePatrick Flannigan
Date2006-06-30
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRandpark Ridge
MessageHi Simon
Baie bly om te hoor dit gaan goed. Ek het die volgende op e-mail gekry en gedink ek moet dit aan stuur.

Groete
Die Flannigans(Patrick, Shelly, Emma)

Christians - By Maya Angelou


When I say... "I am a Christian"
I'm not shouting "I'm clean livin'."
I'm whispering "I was lost,
Now I'm found and forgiven."

When I say... "I am a Christian"
I don't speak of this with pride.
I'm confessing that I stumble
and need Christ to be my guide.

When I say... "I am a Christian"
I'm not trying to be strong.
I'm professing that I'm weak
And need His strength to carry on.

When I say... "I am a Christian"
I'm not bragging of success.
I'm admitting I have failed
And need God to clean my mess.

When I say... "I am a Christian"
I'm not claiming to be perfect,
My flaws are far too visible
But, God believes I am worth it.

When I say... "I am a Christian"
I still feel the sting of pain.
I have my share of heartaches
So I call upon His name.

When I say... "I am a Christian"
I'm not holier than thou,
I'm just a simple sinner
Who received God's good grace, somehow!


NameOom Johan
Date2006-06-30
Locationclick picture for more information
Stad/DorpEgoli
MessageHi Ou Maatjie

Soos jy weet was ons 'n paar dae in die Laeveld in 'n poging om 'n forelletjie aan die lyn te kry. Ek is nou weer terug op die lug, so verduur dit maar. (Ons het toe wel gemengde welslae gehad. Die weer was great en beslis warmer as hier in die Goudstad.) Daar was ook so 'n outjie van Kanada af (Hy is seker so 10 jaar oud). Ek moet sê dat ek nognie 'n outjie van sy ouderdom in SA gesien het wat so kan "cast" met 'n vlieghengelstok nie. Dis vir my duidelik dat die ouens in Kanada baie meer "flyfishing" doen as ons.
Man, maar ek was baie bly om die nuus van jou goeie vordering te kry toe ek vanoggend by die kantoor kom! Nou weet ons hoekom die Franse Vreemde Legioen as die beste soldate in die wêreld gereken word ;-).
Hou aan, byt vas, wees sterk........ Ons glo almal saam met jou dat God hier werk. Weet dat ons nog steeds onophoudelik bid.

Baie liefde

Oom Johan


NameKarin Fourie
Date2006-06-30
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageHi Chokker,

Goeiste, ek's so bly om te hoor dat jy elke dag beter en beter word! Jy moet maar netnie oorhaastig wees nie hoor! Onthou jou liggaam is nie 'n masjien met aanskakel knoppies nie!!!

Ons het 'n baie opwindende week agter die rug hier by Reach For A Dream Pretoria. Saterdag het ons 'n Queen For a Day gehad vir die dogtertjies en hulle is aangetrek soos regte Mevrouens - Ek weet dit klink baie boring vir julle seuns, maar die "dametjies" het hulle gate uit geniet, met die lipstick en cutex!!
Gister was die ouditeur by ons- dis die kwaai oom wat kom kyk of al ons boeke en papierwerk reg is, en behalwe vir die feit dat ons boeke die perfekste in die hele maatskapy is,(brag-brag)het die oom nog deelgeneem aan 'n uitstappie met die kinders na die Snow Wonderland toe! Hy wou nog agter sy boeke wegkruip toe klein Vanessa (4) hom aan die hand beetkry en saamsleep. Hy sê hy het nog nooit so baie pret gehad in sy werk soos gister nie!

Jy moet vir Ma & Pa 'n vet druk van ons af stuur, en genoeg geduld met jou lyfie hê- ek's seker hy maak so gou hy kan met die gesondword ding!!
Droom-groete
Tannie Karin en al die ander tannies in die kantoor.


NameDie Grobbelaars
Date2006-06-30
Locationclick picture for more information
Stad/DorpNorthcliff
MessageSimon
Fantastiese nuus! Ons weet jy veg hard en ons bewonder jou. Prys die Here vir die goeie nuus!

Francois, Rina, Ivan, Röan en Arné


NameWestraad-gesin
Date2006-06-30
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageBeste Simon,
Ons dank Vader God saam met julle as gesin vir Sy Wonderkrag, Liefde en Beskerming!!
Aan God kom toe al die Lof, Eer en Aanbidding vir beterskap en gesondheid.
Ons hoop as jy Maandag huistoe kom, sal jy sommer reg wees vir die skaak-kompetisie en jouself laat geld teenoor die anders deelnemers. Nico en Annemarie laat weet groete en Nico sê hy sien uit daarna om jou weer terug te hê in die Sondagskool-klas.

Groete,


NameMiki Viljoen
Date2006-06-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpNorthcliff
Moenie boodskap as "Private" merkSimon
MessageSimon

Ek hou jou vordering nou dop op die internet. Ek bid vir jou en ek is SO bly dat dit met jou beter gaan. Ek bid ook vir jou familie. Ek hoor gereeld by die skool van jou vordering (ek gee nou Toerisme by Florida) en jy kan verseker weet dat daar baie mense is wat vir jou bid.

Sterk wees!

Susan

Jy kan Simon se spiere liggies masseer om te help om die atrofie om te draai. Gebruik sommer Dischem se soluble bath oil as basis olie. Dit werk baie lekker en bevog ook sommer die vel. Dit help ook die bloedsomloop na die spiere verbeter.

Miki


NameElbert,Loise en kroos
Date2006-06-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJhb
MessageHi Simon en al die van Wyks

Dis wonderlike nuus en ons is regtig baie bly en dankbaar saam met julle - ons hou duim vas vir verdere hoe tellings - geniet die Tour de France en Wimbledon!!


NameRichard Alexander
Date2006-06-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpMarkethill, Northern Ireland
MessageHi ya Simon

It was great to hear from your Pa that you had now enough energy to attempt an escape from hospital. However, just before you attempt anything, here's a word of warning. Don't go by tunnel as it takes too long and there is a great chance of discovery. However, don't be impetious as the dogs will probably catch you on the wire. The best idea, I think, is to disguise yourself as a predikant, look reasonably but not too intelligent, mutter Latin quotations to yourself in a slightly deranged manner and shuffle your way out past the guards. It worked for me, although my Latin was almost too good and raised suspicion and my eyes were too keen, alert and intelligent looking to be your average predikant.

We are going away on holiday this Saturday morning to Fuerteventura (Canary Islands)for two weeks so it will be a wee while before I speak to you again. So, God bless you over the next weeks.

You know we will be thinking of you and praying for you every day, so remember us too.

Say hello to your Pa en Ma, Laetita and your two ejit (get your Dad to work out that one) brothers.

Bye for a while wee brother
Yours in Christ
Richard Alexander


NameElsie Pretorius en gesin
Date2006-06-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpLinden JHB
MessageOns is saam met julle dankbaar en bly!

Ons hou nie op om te bid vir Simon en die hele gesin nie.


NameJenny Hefer
Date2006-06-29
Stad/DorpRoodepoort
MessageLiewe Simon.
ons is bly om te sien dat dit beter gaan, ons kyk elke dag vir nuus op die webwerf. Almal by Dellies vra altyd uit na jou.Jy is elke dag deel van ons gebede.Lekker skaak oefen.
Liefdegroete
Almal van Laerskool Genl. De La Rey


Page 55 of 80 << First < 52 53 54 55 56 57 58 > Last >>