Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameEG
Date2006-07-02
Locationclick picture for more information
Stad/DorpROODEPOORT
MessageHello Simon hoe gaan dit met jou.Ek hoor dit gan goed.Ek dink aan jou en bid vir jou.Sterkte EG504


NameMev C van Staden
Date2006-07-02
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRuimsig
MessageHoop jy word gou gesond. Ons almal bid vir jou.

Juf van Staden


NameUngerers
Date2006-07-01
Locationclick picture for more information
Stad/DorpKlerksdorp
MessageOns is baie bly dat dit beter gaan. Kyk jy nie ook Wimbledon nie? Die sokker met die penalty shoot-out is lekker spannend!

Sterkte vir julle almal!

Lefde
André, Esbè, Christiaan, Nadè en Merike


NameDirk en Stefan Oosthuizen
Date2006-07-01
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
Moenie boodskap as "Private" merkHallo
MessageHallo Simon

...of is dit nou Simson (nie omdat jou hare so lank is nie, maar omdat jy so sterk is)

Bly om te sien jy sit weer regop en smile.

Ook dankbaar dat jou skenker nie 'n Australiër is nie.

--> Frankryk vs Brazil, 21:00

Bid elke dag vir jou

Groete

Dirk en Stefan


NameNicolette Froneman
Date2006-07-01
Locationclick picture for more information
Stad/DorpDubai
MessageLiewe Simon,

Ek is so bly om te verneem dat dit goed met jou gaan!!! Ons is saam met jou en jou familie dankbaar en regtig bly!!

Nou lees ek verder dat jy so grag na "Come what may" luister....Iets wat ek en jy ingemeen het, dis OOK my gunsteling liedjie.. (Jyt goeie smaak en is n romantiese ou, die meisies sal moet uitkyk vir jou...)

Vasbyt en onthou dat ons in ons gebede en denke daar by jou is!!

Groete uit n BAIE BAIE WARM Dubai (dis 46 grade vandag...)

Nicolette


NameAnoniem
Date2006-06-30
Locationclick picture for more information
Stad/DorpBrits
MessageBaie sterkte!!


NameAnoniem
Date2006-06-30
Locationclick picture for more information
Stad/DorpBrits
MessageAl wat ek kan se is vertrou op Hom en alle seen en sterkte word jou toegewens en die hoop op herstel.


NameAstrid Grimbeek
Date2006-06-30
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFlorida
MessageBeste Simon

Ek is so baie bly om te verneem dat dit goed
gaan met jou. Dis stunning. As n ouer wat ook kinders het, en my beste vriendin wat ook leukemie gehad het, verstaan ek so
n bietjie en het begrip vir waardeur jy
en ook jou familie is. Ek bid dat dit elke dag met jou sal beter gaan en ek hoop om jou een van die dae te ontmoet.

Sterkte en baie Liefde
Astrid Grimbeek


NameHannes Grobler
Date2006-06-30
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageSimon, Wouter en res van gesin
Ons is saam met jul dankbaar oor die vordering sover en dink steeds aan julle in gedagte en gebede.
Groete
Hannes Grobler en gesin


NameAdri Dykstra
Date2006-06-30
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFlorida
MessageLiewe Simon,
Ons is BAIE BLY dat dit elke dag beter gaan met jou. Ons bid nog steeds vir jou en jou familie en alles van die beste vir die tyd wat voorlê.
ONS DIEN VOORWAAR `N LEWENDE GOD.
Lefdewense
Oom Bauke en tannie Adri Dykstra


Page 54 of 80 << First < 51 52 53 54 55 56 57 > Last >>