Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameEksteen Botes
Date2006-07-06
Locationclick picture for more information
Stad/DorpNelspruit
MessageHallo Simon en familie!

Ek was vandat ek terug is van Uganda af, 'n paar dae uit sirkulasie agv 'n rekenaarprobleem en VERLOF!

Wat 'n wonderlike verrassing om vanaand te lees dit gaan soveel beter dat jy by die huis is en op die foto te sien jy lyk so goed!

Ons is saam met julle as gesin dankbaar dat die Here sy almag ook in juklle lewens bevestig het en dat Hy nogeens getrou was aan sy belofte dat Hy by ons is, al die dae, tot aan die voleinding! Mag die pad vorentoe aan sy hand 'n pad van daaglikse oorwinning wees!

Geniet die Tour en die laaste van die sokker! As dit verby is, is dit alweer amper tyd vir krieket in Sri Lanka! Dit beteken dat, as jy nie dadelik kan terug skool toe nie, daar darem genoeg sal wees om die dae mee om te kry! Maar ek glo jy sal graag wil skool toe en ons hoop dit kan sommmer gou gebeur!

Groete vir almal en sterkte!

Eksteen Botes.


NameRichard Alexander
Date2006-07-06
Locationclick picture for more information
Stad/DorpMarkethill, Northern Ireland
MessageDear Simon

It is great to hear in Afrikaans that jy is by die huis. It is now 11.37am in sunny Fuerteventura, Canary Islands and I have been able to get to the hotel internet site to write you a short note.

Remember that we are praying for you and the family and think of you every day.

We are having a great time here in the sun like boiled lobsters. Graeme is sitting beside me and says hello

Got to go now money is running out

Bye
Richard


NameAnna-marie Janse van Vuuren
Date2006-07-06
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJohannesburg
MessageSterkte Simon. Ek dink met baie liefde aan jou en jou gesin en bid vir julle.


NameChristiaan Ghyoot
Date2006-07-05
Locationclick picture for more information
Stad/DorpKrugersdorp
MessageNet 'n vinnige hi en goodbye van al die Ghyoot's om sterkte te se vir die komende tyd. Mag God seen.


NameTinus
Date2006-07-05
Stad/DorpJHB
MessageHey!

Hoop jy geniet nog die games wat ek vir jo gestuur het.
Ek is nou besis om my eie 3D Aksie games op rekenaar te "code",te skryf en te ontwerp!
Dis moeilikker as wat ek gedink het.
As ek kla is sal ek dit vir jou stuur dan kan jy dit toets en vir my se wat jy dink!

Groete en sterkte
Tinus


NameBornheim Familie
Date2006-07-05
Locationclick picture for more information
MessageHi Simon

Ek kom nou terug van Zimbabwe af (letterlik nou net geland !) en het dadelik ingeteken om te kyk hoe dit met jou gaan. Groot was my verbasing en dankbaarheid om te sien dat jy al by die huis is !! Wys jou net wat alles in 7 dae kan gebeur. (Die mense van Zimbabwe hoop en bid ook dat hulle kanker soos joune uitgeroei kan word - ja, net so oor die 200 HR direkteure weet ook van jou en dink ook almal aan jou en gebruik jou as hulle inspirasie as hulle omstandighede te moeilik word ... en dit was voor ek geweet het dat jy alweer by die huis rondloop!)
Ek sal beslis vir Darren en Craig vertel dat hulle uiteindelik met jou kan praat - hopenlik kom ons deur want ek is seker die hele wereld probeer! Tot later.

Baie liefde aan die hele Van Wykgesin van ons almal.


NameRalie en Ezet Roos
Date2006-07-05
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageOns groet uit Pretoria,
Ons is baie bly dat jy by die huis is en dat dit met jou goed gaan. Ons hou jou vordering dop. Dis net skaak wat 'n mens kan leer om so vas te byt. Ons was nie baie bly toe die Franse die rugby en veral die o/21 rugby gewen het nie, ons gaan nou met nuwe oë die sokker dophou.Sterkte in die moeilike tyd.


NameAnnel
Date2006-07-05
Locationclick picture for more information
Stad/DorpLondon
MessageHi Simon
Ek is so bly om te hoor dat daar nog mense soos jy is daar buite! Jy is voorwaar bevoorreg om die ouers en ondersteuning te he wat jy het! die kinders in hierdie land is iets anders! en dit laat my sommer trane in my oe kry as ek sien dat daar kinders van Jesus daar buite is!

Hou moed in die krag van die Here!

Jy is in ons gedagtes en gebede!


NameIrene Blignaut
Date2006-07-05
Locationclick picture for more information
Stad/DorpVanderbijlpark
MessageHi Simon

Weet verseker, Jesus sien jou stryd
Hy bring genesing op Sy tyd
Hy weet wat Hy wil en sal dit doen
Hy hou jou saggies vas en gee jou 'n soen
sodat jy kan weet Hy alleen is Heer
en ons kan net wag en sien wat Hy vir ons gee!

Liefdegroete


NameAnnelie vd Heever
Date2006-07-04
Locationclick picture for more information
Stad/DorpValeriedene
MessageEk is ongelooflik bly en dankbaar. Geniet die voorreg. Bly positief & ek glo dat julle ook verderere Leiding sal ontvang vir die pad na herstel.

Die ander 3 stuur groete, hoor.


Page 51 of 80 << First < 48 49 50 51 52 53 54 > Last >>