Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameAntoinette, Theo le Roux
Date2006-06-24
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRegina
MessageHi Simon en al die Van Wyks

Klink my dit gaan wel 'n bietjie beter, ons dink voortdurend aan julle. Hier in Kanada is ons 'n warm droee somer beloof maar dit reen baie en is 'n koel 14 grade. Die week sluit die skole vir die twee maande lange vakansie. Almal sien baie daarna uit. Heelwat mense neem die twee maande af en oral sien 'n mens motors wat besig is om reg te kom vir die groot ryery. Hier ry die mens maklik baie ver afstande en almal kamp vreeslik.Antoinette en die twee kinders gaan vir 'n maand by ons huis in British Columbia uitspan, ek sal vir twee weke by hulle aansluit. Ons beplan om die einde van die jaar SA te besoek en sal graag julle almal wil sien.

Hopelik kan jy binne kort na die gewone saal skuif en weer kontak met jou mense maak. n' Fanta klink glad nie sleg vir myself nie so geniet een vir ons want hier kan jy dit nie kry nie. Byt vas Simon, ons glo dat dit binnekort sal beter gaan.

Groetnis
Theo le Roux


NameRichard Alexander
Date2006-06-24
Locationclick picture for more information
Stad/DorpMarkethill, Co. Armagh
MessageDear Simon

It is Saturday now and we are thinking of you once again. It is a nice day here, unlike scorched South Africa, but is a bit humid, overcast with cloud cover.

Believe it or not I am recording a CD in a tuneless, badly executed folk style. It is mostly about creation but contains other songs as well, so, if you want a good laugh we will have to get a copy sent out to you when it is finished.

I hope and pray that you are feeling not too bad today and that horrible sick feeling is staying away.

Praying for you always
Yours groote (big not old) oom
Richard Alexander


NameDe Kocks
Date2006-06-24
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJhb
MessageHi Simon en al die van Wyks

Baie sterkte met al die "gegraftery" - dit klink soos harde werk! BLy om te hoor dit gaan beter - hoop die Springbokke wen more!

Mooi bly

de Kocks


NameCarle de Lange
Date2006-06-23
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageSommer net om te sê hoe sinvol dit is om saans te lees hoe dit met Simon gaan, sodat my gebede spesifiek en op die behoefte af kan wees. Al ses van julle is GEDURIG in my gedagtes en gebede.

Ek is dankbaar dat dit lyk of daar 'n draaipunt gekom het, al lê daar nog 'n lang pad voor. Dit laat my dink aan 'n vers (waar staan hy?) wat my ma altyd vir ons as kinders aangehaal het: "Met my God spring ek oor 'n muur. . ."

Liefde en seënbede vir julle al ses en 'n drukkie vir Simon!

Carle de Lange


NameDie van den Heevers
Date2006-06-23
Locationclick picture for more information
Stad/DorpValeriedene
MessageJulle van Wyks moet sterk staan. Ons het julle nie vergeet nie. Simon, hoop jy herwin energie vir 'n paar elektroniese speletjies.

Ons is baie bly die skool het nou gesluit-Tinus het vanmiddag skoon sy stuitjie seer gesit voor daai playstation...

Ons verlang net die tyd van die jaar na die wildtuin-julle seker ook

Moed hou


NameDE KOCK GESIN
Date2006-06-23
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJOHANNESBURG
MessageLiewe Simon,

My seun Jahno de Kock is 'n Gr 3 leerling by dellies.

Wil net sê ons bid vir jou en hoop jy herstel baie gou. By God is niks onmoontlik nie.

liefde groete

die de kock gesin
XX


Namemonique
Date2006-06-23
Locationclick picture for more information
Stad/Dorproodepoort
MessageHallo,

Hoe gaan dit met Simon? Ek hoop dit gaan vandag al 'n bietjie beter, al weet ons dat dit 'n rukkie kan vat. Stuur groete.=)


NameLynne van Rensburg
Date2006-06-23
Locationclick picture for more information
Stad/DorpSunninghill
MessageBonjour Simon,

This does not sound like a good week for you - hopefully the worst is over now and the road of recovery has reached the turning point and will only get better from here on.

Once you have a bit more energy, would you like to challange Ryan on ICC (Internet Chess Club)? It is now the school holidays so there will be lots of time for you to just play very short games, without having to concentrate too long.

We saw your picture with Martin on the website - isn't it wonderful that everyone can still keep in touch?

Hopefully by the time you get read this your are feeling better. Did you watch the soccer? Ronaldinho is so enthusiastic and it's amazing what fancy footwork he can do. Soon you'll be back on your feet too!!


NameStiaan Elsa Christiaan Anshia Oldewage
Date2006-06-23
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageGoeie more aan die van Wyk gesin.

Eerstens dankie Wouter, dat jy ons almal so op datum hou met jou opdatering van die webblad.

Baie sterkte, ons wil net he julle moet weet dat ons in gedagtes en gebede daar saam met julle is.

Vasbyt Simon!


Namevermaak gesin
Date2006-06-23
Locationclick picture for more information
Stad/Dorpflorida glen
Messagehi simon

ek onthou jou en jou sussie van die moederskamer in jou pappa se kerk waar ek en jou mamma saam gesit het met ons babas en somtyds het tannie tina na julle gekyk sodat mamma weer die binne kant van die kerk kon sien. sou kruis ons paaie weer by de la rey laerskool waar julle saam met karmen skool gaan.

en nou is jy siek, liewe simon daar gaan nie n dag om wat ons nie aan jou dink en vir jou bid nie. somtyds verstaan ons nie hierdie dinge nie maar weet dat liewe Jesus jou nooit sal verlaat nie.

liefde


annelie


Page 59 of 80 << First < 56 57 58 59 60 61 62 > Last >>