Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameCaroline & Heidi Cornelissen
Date2006-06-23
Locationclick picture for more information
Stad/DorpWestdene, Jhburg
MessageOns Bid sonder ophou vir jou. Onthou die volgende:
P.U.S.H = Pray Until Something Happens
P.U.M.A = Pray Until Miracle Appears

Jesaja: 53 v. 5

Vriendelike Groete.
Caroline & Heidi
Oud Delis Kinders


NameDaleen Wiid
Date2006-06-22
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageBaie sterkte! Ons dink aan julle & bid vir julle. Pieter, Marlene, Lize & Daleen Wiid.


NameEUAN
Date2006-06-22
Locationclick picture for more information
Stad/DorpROODEPOORT
MessageHOE GAN DIT?
HOE VOEL JY?
ONS MIS JOU BAIE BY DIE SONDAGSKOOL KLAS.ONS BID ELKE MINUUT VIR JOU EN ONS WEET JY SAL GESOND WORD WANT DIE HERE IS ELKE SEKOND BY JOU.WORD GOU GESOND.

BAIE LIEFDE EN GROETE
EUAN


NameRichard Alexander
Date2006-06-22
Locationclick picture for more information
Stad/DorpMarkethill, Northern Ireland
MessageDear Simon

It's me again. Not much news from Northern Ireland today except that Graeme is outside doing a bit of archery with his cousin Gareth. We got new carpet down on our hall,stairs and landing and in the big lounge (Mid-Green now instead of the deep pink of previous times).

The weather is dismal and overcast and quite breezy unlike Sunny South Africa where you can 'Warm your buns' as our sports cushion says.

I always say to give our love to your Pa, Ma and horrible brothers and sister, but also this time pass on our greetings and love to the sensible people in the family, that is, your oupas and oumas (is the spelling right?). You know we do think of them too; say hello from the Alexanders.

I am sure you do not feel well most of the time and although the time seems long, remember this, it will pass. When I was sick I thought that I would never feel well again, but time just kept ticking along and, before I realised it, the sick feeling was over. It will be the same with you, so just hang in there.

Will speak to you soon again
Yours in Jesus' name
Richard, Valerie, Graeme, Deborah and Eleanor


NameDe La Rey Ouer (Lourens gesin)
Date2006-06-22
Locationclick picture for more information
Stad/DorpWhiteridge
MessageHi Simon,

Ons was by die oueraand van Laerskool Gen De La Rey; waar die Onnies ons ingelig het oor jou toestand, Ons bid vir jou en glo, God sal almal se gebede verhoor wat vir jou bid. God se krag is ver bokant die van mens.
ons bid vir jou en jou gesin vir geduld en krag om deur hierdie moeilike tyd te kom. Jy is 'n dapper seun wees net geduldig.

Baie liefde en groete

Gen De La Rey Ouer


NameOom Johan R
Date2006-06-22
Locationclick picture for more information
Stad/DorpEgoli
MessageHaai ou Maatjie

Man dis vir my sleg om te hoor dat die mense jou so karnuffel en dit terwyl hulle veronderstel is om te weet hoe om met jou te werk. As hulle jou te rof hanteer moet jy hulle vertel van die groot ou wat jy ken wat op hulle sal val as hulle nie oppas nie.

Jy moet vasbyt my ou, dis nou dat ons almal se geloof getoets word en dat ons almal moet sterk staan. Weet dat ons almal baie lief is vir jou en net wil he dat jy so gou as moontlike deur hierdie ding moet kom.

Ek was gisteraand by 'n funksie waar 'n ou met die naam van Shaun Wisedale gepraat het. Sy boeke was ongelukkig uitverkoop, anders het jy een gehad. Dit is beslis 'n man wat jy moet hoor praat. Hy is die eerste SA-kaner wat die "7-Summit" kon doen. M.a.w. hy het die hoogste piek op elkeen van die vastelande geklim. Gisteraand het hy ons vertel van sy aanslag op Everest en hoe hy gevoel het. Hy het ook 'n video gemaak wat hy die heeltyd in die agtergrond gespeel het. (Hy's eintlik 'n kameraman - dra 3 groot kameras saam.)Man dit was awesome - die beste praatjie wat ek in jare gehoor het. Jy moet sorg dat die TV daar by jou werk want hy het 'n reeks van 8 programme wat op 9 Jul? begin. Blykbaar om 16h00. Jy moet dit nie mis nie.

Nou ja, ons skinder weer later. Laat die Fransmanne intussen graft sodat die Franse vreemde legioen kan begin fight!!


NameAnnelie vd Heever
Date2006-06-22
Locationclick picture for more information
Stad/DorpValeriedene
MessageJammer om te hoor vd gejeuk en seer. Ek was net so geirriteerd in intensief, maar daar hou hulle 'n mens darem baie goed dop. Wees rustig. Mag genesing gou intree.

Groete
Tannie Annelie


NameElmarie Louw
Date2006-06-22
Stad/DorpRoodepoort
MessageAan die van Wyk gesin

Ons dink baie aan julle. Mag julle die Here se nabyheid elke sekonde ervaar.


NameEksteen Botes
Date2006-06-22
Locationclick picture for more information
Stad/DorpKampala
MessageDagsê Wouter, Susan en familie!

Toe ek netnou jou verslag vir vandag sit en lees Wouter, toe besef ek maar net weer hoe groot is God is genade ook in moeilike tye! Nie een van ons kan weet hoe julle voel en waardeur julle gaan nie. Ons kan maar net vir julle en saam met julle bly bid.Hy het julle tot hier toe gedra en krag gegee. In sy groot genade sal Hy julle ook in hierdie tye met sy liefde omvou. Mag Hy krag gee sodat julle vir Simon kan bly ondersteun en sodat julle ook op hierdie deel van die pad op Hom alleen sal bly vertrou.

Groete hier uit midde Afrika waar dit heerlik warm is!

Eksteen Botes.


NameEksteen Botes
Date2006-06-22
Locationclick picture for more information
Stad/DorpKampala
MessageHallo Simon,

Ek sien in vandag se verslag jy voel nie vandag lekker nie! Daarom maak ek ook nie grappies vandag nie maar bid dat die Here jou ook in hierdie moeilike tye sal bewaar en krag gee. God sê in Jes 43: "As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie.As jy deur vuur moet gaan, sal die vlamme jou nie brand nie, want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder."
Mag jy God vandag so beleef en ervaar in jou omstandighede!

Eksteen Botes


Page 60 of 80 << First < 57 58 59 60 61 62 63 > Last >>