Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameChristiaan Schutte
Date2006-06-21
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRandburg
MessageHaai ou maat

Ek mis jou en verlang na al ons die kuiers en oorslape waar ons lekker kon LAN en PS2 speel. Ek dink heeltyd aan jou en bid vir jou elke dag. Ek hoop, in die Here, dat Hy jou gesond sal maak.

Ek wil definitief teen jou skaak speel aan die einde van die jaar by di9e Nationals, so maak maar reg daarvoor.

Jy is en sal altyd vir my 'n inspirasie wees met jou opgewekte en vrolike geaardheid.

Ek hoop die goorheid en die lae bloedtelling gaan baie gou verby.

Jou vriend

Chris Schutte


NameSaartjie Kruger
Date2006-06-21
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFlorida
MessageHallo Simon,
Kan jy glo dis alweer 'n week gelede dat jy jou oorplanting gehad het? Vir ons vlieg die tyd, maar jy wat alles moes deurmaak vind seker dat dit nie gou genoeg gaan nie.

Ons hou ook nie op om vir jou en jou ouers, broers en sus te bid nie, natuurlik.

Jy is 'n baie gelukkige outjie om soveel mense te hê wat vir jou omgee.

Mooi bly en sterk wees.
Seënwense
Saartjie


NameEksteen Botes
Date2006-06-21
Locationclick picture for more information
Stad/DorpNelspruit
MessageHi Simon,

Sien, ek het dit darem vandag reggekry om vir jou die Uganda-vlag aan my boodskap te sit! Al is Nelspruit nie in Uganda nie! Maar ek is nog hier vir tot Sondag.
Bly om te sien jou "Franse kant" begin werk, ons hoop en bid dat die vordering vinnig sal wees en dat die newe-effekte en nagevolge gou die wyk sal neem!
HIer op die ewenaar is dit heerlike somer-weer en dit het vanoggend lekker gereën. Nou skyn die son en dit is warm!
Ons tel jou graag met ons gebede op ons skouers en ons bring jou elke oomblik voor die aangesig van die Here. Mag jy sy genesende krag ervaar!

Groete vir die hele familie!

Eksteen Botes


NameRichard Alexander
Date2006-06-21
Locationclick picture for more information
Stad/DorpMarkethill, Northern Ireland
MessageDear Simon

Your website master (sounds like something out of Star Wars) has been doing a great job in translating the reports into English. I wonder if Darth Vader and your father could be one and the same: that would make you Luke Skywalker.

I am sorry I did not write to you yesterday or the day before but at the minute we have an English (I know, I know) visitor staying with us at the minute.

Your illness at the minute sounds a little like an obstacle race; to get to the finish you have get over all the hurdles and you are not allowed to miss any. Every obstacle you meet and get over is one less to get to that line of full recovery. Nevertheless, they still need to be climbed over and that is not always easy.

We are still thinking of you and the family and praying for you all every day.

To my wee brother Simon
From Oom Richard (and the rest of course)


NameElmarie
Date2006-06-21
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFlorida, Roodepoort
MessageHi Simon

My meisiekind Denè Vorster is ook in Generaal De La Rey Laerskool en het saam met jou koor gesing. (Dit is maar hoe ek as ouer van die skool van jou te wete gekom het.)
Ek's so bly ek het jou webwerf gevind om vir jou hierdie kort boodskap te kan stuur.

Baie sterkte vir die volgende weke wat voorlê na die oorplanting, jy's in ons gebede en ek weet dat die Here jou bystaan in die moeilike tyd.

Dit was vir my goed om jou dagboek te lees en op hoogte van sake te kom. Denè sê die skool het vir jou 'n kaartjie gestuur met almal se handtekeninge in. Dit was seker lekker om uit te "figure" wie is wie en bekende name te eien.


Laat dit goed gaan met jou en jou ouers, jou broers en suster en ander familie wat so gereeld kom kuier.
ONTHOU: DIE TOEKOMS BEHOORT AAN MENSE WAT GLO DAT HUL MOOISTE DROME WAAR SAL WORD.

Elmarie Vorster


NameTersia Toerien
Date2006-06-21
Locationclick picture for more information
Stad/DorpCenturion
MessageHi Simon

Jy sal my nie ken nie, maar ek weet van jou deur my suster, tannie Wilma van Niekerk, wat in julle kerk is.

Ek wil net vir jou sê dat ons as gesin ook aan jou en jou gesin dink en julle in ons gebede aan die Here opdra. Niks wat ons kan sê of doen kan dit vir julle makliker maak nie, maar weet dat julle altyd in ons gedagtes is en dat julle moed en positiewe gesindheid vir ons 'n bron van inspirasie is.

Moed hou, spoedige beterskap en tonne krag vir jou familie wat jou so getrou ondersteun.

Liefde
Die Toeriens


NamePetronella
Date2006-06-21
Locationclick picture for more information
Stad/Dorpbloemfontein
MessageHallo Simon!

Hoor dat jy het bietjie koors en sulke dinge ontwikkel het. Vasbyt man, dit sê jou soldaatjies het nog nie tou op gegooi nie. Ons ook nie! Want jy het nie.

Ek dink elke dag aan jou en hou duim vas dat jy gouer as gou gesond gaan raak.

Groete tuis
P


NameL/S Genl De la Rey
Date2006-06-21
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageHallo Simon en gesin
Ons hier by die Laerskool verlang baie na die Van Wyks. Dit is die eerste jaar in 7 jaar dat daar nie een van die Van Wyks 'n Dellie is nie.
Ons dink nog elke dag aan julle en spesiaal aan jou, Simon. Jy sal altyd baie spesiaal vir ons almal wees, en jy is elke dag in ons gebede.
Jy is 'n amazing seun!
Liefde
Personeel - L/S Genl de la Rey


NameMonique van Wyk
Date2006-06-21
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageHallo Simon

Ons graad 11 groep van Hoërskool Florida bid almal vir jou en jou gesin, en ons hoop dat jy sommer gou weer kan skool toe kom, want al jou maatjies mis jou baie. Vir die res van die Van Wyk Gesin wil ons almal net sê sterkte en voorspoed. Ons dink aan julle en ons hou duim vas dat alles net sal goed gaan. Abrie ons het jou gemis met die examen, en ons hoop ons sien die 3 van Wyk's volgende kwartaal weer.

Sterkte met alles, en ons dink aan julle.

Liefde en groete
Gr 11's van Hoërskool Florida.=)


NameMonique van Wyk
Date2006-06-21
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageHallo Simon

Ons graad 11 groep van Hoërskool Florida bid almal vir jou en jou gesin, en ons hoop dat jy sommer gou weer kan skool toe kom, want al jou maatjies mis jou baie. Vir die res van die Van Wyk Gesin wil ons almal net sê sterkte en voorspoed. Ons dink aan julle en ons hou duim vas dat alles net sal goed gaan. Abrie ons het jou gemis met die examen, en ons hoop ons sien die 3 van Wyk's volgende kwartaal weer.

Sterkte met alles, en ons dink aan julle.

Liefde en groete
Gr 11's van Hoërskool Florida.


Page 62 of 80 << First < 59 60 61 62 63 64 65 > Last >>