Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameDie Oliviers
Date2006-06-20
Stad/DorpJohannesburg
MessageNet 'n kort boodskp om te laat weet ons dink voortdurend aan julle as gesin en sal bid vir God se krag en genade en dat hierdie tyd gou sal verbygaan. Moet nie dink dit gebeur verniet nie, ons almal leer lewenslesse hieruit. Dit is wonderlik hoe baie mense aan julle dink - ek raak verlore in tyd as ek al die boodskappe lees.
Sterkte en groete van ons almal.


NameLinda Oosthuizen
Date2006-06-19
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageHi, Simon!
Ek glo nie jy sal my kan onthou nie, ons het mekaar nie eintlik geken nie. Ek is Dirk, Jeanne en Stefan se sussie en ek was laasjaar saam met jou sussie in Frankryk. Ek glo nog altyd jy verdien ook om, soos Laetitia, oorsee te gaan, want ek dink jy speel briljant skaak. My wens en droom vir jou is dat jy eendag weer sprankelend gesond sal wees (ek glo in elk geval jy is nou sprankelend van binne). Ek weet dat ek baie bang sou wees vir die operasies en waarskynlik ook vir doodgaan, as ek in jou posisie was, maar ek dink jy’s baie dapper. Jesus hou jou hand vas en jy moet dit net glo. Ons almal (die Oosthuizens) bid vir jou en jou gesin. Jou beskermengel het jou tot dusver mooi opgepas en ek kan aan geen rede dink waarom dit nie verder ook so kan wees nie. Jy kán hierdeur kom as jy aanhou glo in God en as dit Sy wil is. Ek hoop dit is.
Liefde en *kte en groete,
Linda


Namede Klerks
Date2006-06-19
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageHi Simon

Ons het gehoor van jou infeksie en ons hoop dat dit nou beter gaan. Ons bid elke dag vir jou en hoop dat jy vinnig sterk sal wees.

Toe ons nou die dag sokker gekyk het, het Nederland gespeel. Dit was cool om te sien dat amper al die toeskouers oranje klere aangehad het. Ons hoop jy kyk ook sokker en geniet dit.

Word gou gesond!
Die de Klerks


NameCorno en Richter
Date2006-06-19
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJHB
MessageHey Simon Says :-)

Hoop jy word gou beter.
Goodluck met Frankryk vir die world cup,
maar Holland gaan wen :-)

Ons bid vir jou

groete Corno en Richter


NameVivierse
Date2006-06-19
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageHi Simon en gesin

Hoop jy word gou gesond. Ons mis die Van Wyk's by die skaak.Julle geloof en positiewe gesindheid is 'n inspirasie vir ons almal en dis 'n voorreg om te weet hoe dit met julle gaan.


Paul, LInde en Neil Viviers


NameNelius, Belinda, Werner, Anelle & Ruben
Date2006-06-19
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodekrans
MessageSimon, ons is baie dankbaar dat jy die oorplanting kon doen en dat dit onder omstandighede met jou goed gaan! Ons dink elke dag aan jou en ons bid vir jou en jou hele huisgesin.

Ons weet jy is 'n sterk en dapper seun en daarom glo ons jy sal spoedig herstel.

Baie sterkte, liefde en groete


NameDeidre Marais
Date2006-06-19
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageSimon, Ons dink elke dag aan jou en hoop dat die Heer goed sal wees en dat hy na jou sal omsien en jou gesond sal maak vir jou ouers.

Groete Deidre'


NameTheo en Antoinette
Date2006-06-19
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRegina
MessageEk skryf gou vanoggend voordat ons begin regmaak vir skool en werk om te se dat ons steeds aan julle dink en elke aand bid ons en die kinders vir julle.


NameKobie, Schantell, Jaco & Theo
Date2006-06-19
Locationclick picture for more information
Stad/DorpKrugersdorp
MessageSimon,

Ons is bly om te sien dat dit goed gaan en dat alles goed afgeloop het. Sterke vir die volgende paar dae en onthou: "Kyk altyd OP!"

By ons Kerkdiens afgelope Sondag het die ds. gepraat oor die Skildery in die Louvre in Parys: "Check Mate" en die geskiedenis daaragter geskets,(Die duiwel wat die speler se siel wen met die skaakspel), en 'n Franse GM wat gesê het dat die skildery foutief is en nie Skaakmat is nie! "Dis nie Skaakmat voor God die die laaste skuif gemaak het nie".

Vra jou pa om my te laat weet wat's jou gunsteling kleur.

Groete en ons bly bid vir jou!


NameJuf Meagan (Torr) Kachelhoffer
Date2006-06-19
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJohannesburg
MessageHey daar Simon.

Ek het gehoor van jou webwerf en dink dit is stunning.Nou is daar 'n goeie manier om met jou in kontak te bly.

Ek hoop jy het die kaartjies geniet en dat dit jou sommer baie beter laat voel het.Sterkte met alles wat voorlê en fokus net op gesond word.Een van die dae is jy weer op die been.

Ek dink elke dag aan jou. Ek weet ook jy en jou gesin hoor dit seker baie, maar hou het aan Jesus se hand vas en Hy sal jou deur enige iets lei.

Stuur groete vir jou ouers, vir sus en jou boeties.

Juf.


Page 64 of 80 << First < 61 62 63 64 65 66 67 > Last >>