Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameLorraine van Niekerk en gesin
Date2006-06-09
Locationclick picture for more information
MessageHallo Simon

Ons wil net sê ons dink elke dag almal aan jou en bid en vertrou dat jy binnekort weer gesond sal wees.

Groete van al die Van Niekerk's


NameBarend Vermaak
Date2006-06-09
Locationclick picture for more information
MessageAan die van Wyk gesin, alle sterkte met die beproewing wat oor julle kom. God plaas reeds beproewings op gelowige mense om die egtheid van hulle geloof te toets. Sou Hy dit as suksesvol beskou neem hy beproewings in 'n oogwink weg. Beproewing is van nature 'n stryd soos om deur dorings en distels te stap. Hou moed, alles kan in 'n oogwink verander soos wat met Job gebeur het aan die einde.


NameWim en Naomi Bouwer
Date2006-06-09
Locationclick picture for more information
MessageHello Simon,
Ons dink jy is 'n wonderlike dapper kind wat deur al hierdie moeilike behandeling steeds so positief en vol moed bly. Jy is 'n wonderlike voorbeeld vir soveel ander.
Baie sterkte vir jou en jou gesin in hierdie tyd, en ons gebede is met julle.
Groete.
Wim en Naomi Bouwer


NameTannie Anna Viljoen
Date2006-06-09
Locationclick picture for more information
MessageSimon
Om 'n wenner te wees moet jy die wedloop voltooi!
Ons bid vir jou vir volgende week en glo en vertrou dat net die Here die beste weet!
Gebruik jou rekenaar en tik Bigfish games by Google in. Die speletjies sal jou besig hou. Kyk veral na Goldminer,die kinders is lief om dit te speel
Groete en sterkte vir julle almal
Tannie Anna


NameJohann Beukes
Date2006-06-09
Locationclick picture for more information
MessageHello Simon - Hoop dit gaan steeds goed! Net 'n kort boodskap >> Ek het gisteraand vergadering met al die dominees in ons ring gehad en hulle vra almal dat ek vir jou baie groete moet sê: Ds David, Ds Andries, Ds Kobus, Dr Johan, Ds Annerie en ds Marius sê almal: Thumbs up!

O ja, skree asseblief saam met my vir Nederland met die sokker! As jou van Van Wyk is, moet jy eenvoudig vir Nederland ondersteun en nie vir dear old England nie! Groete, Dr Johann Beukes - NHK Weltevreden


NameWim Dreyer
Date2006-06-09
Locationclick picture for more information
MessageBeste Simon

Ons glo dat dit met jou beter gaan. Ons bid elke dag dat jy gesond sal word. Gee groete aan jou ma en pa.

Wim Dreyer


NameSaartjie Kruger
Date2006-06-09
Locationclick picture for more information
MessageHallo daar, Simon,
Ek is maar net nog 'n tannie van die NHK Gemeente
Weltevreden, wat elke dag vir jou en jou gesin bid, want ek glo die liewe Heer sal verstaan dat ons almal jou baie graag gesond wil sien word.

Sterkte ook aan jou ouers en sus en broers!
Seënwense!

Saartjie


NameStefan & Debbie Pienaar
Date2006-06-09
Locationclick picture for more information
MessageOns hele familie wens julle voorspoed en sterkte toe. Julle is daagliks in ons gebede.

Groete en beste wense,
Pienaar gesin.


NameVermeulen Gesin
Date2006-06-08
Locationclick picture for more information
MessageSimon,

Hoop dit gaan goed, met jou onder jou huidige omstandighede. Ons bid vir jou spoedige herstel en beterskap, en glo dat jy sommer binnekort goeie nuus sal kry. Jy is elke dag in ons gedagtes, laat weet hoe dit met jou gaan.
EG wil weet wat se Lance Armstrong alles?

Sterkte en Beterskap!!

Baie Liefde en Groete

Eugene, Maryna, Euan en EG


Name????????
Date2006-06-08
Locationclick picture for more information
MessageJy is n inspirasie
nie net vir my nie
maar vir die hele wereld!!!!!!!!!!!
Daar is net eending wat ek kan se
ROCK ON

Liefde

Geheime bewonderaar


Page 77 of 80 << First < 74 75 76 77 78 79 80 >