Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameFienie Grobler
Date2006-06-08
Locationclick picture for more information
MessageLiewe Simon,

Jy ken my nie baie goed nie, maar ek het al BAIE van jou gehoor! Ek en die res van ons gesin, Riaan en my een-jarige seun Dewan, dink baie aan jou en hoop dat jy een van die dae sal begin beter voel. Baie sterkte met die rowwe tyd wat voorlê. Ons bid vir jou.

Groete,
Fienie en Riaan en Dewan, mede-gemeentelede


NameYolande Roosenschoon
Date2006-06-08
Locationclick picture for more information
MessageHallo Wouter en Susan,

Sal baie aan julle dink in hierdie moeilike tyd!!!!

Baie liefde
Yolande
(Ou skoolvriendin en koorlid)


NameIzane Cloete-Hamilton
Date2006-06-08
Locationclick picture for more information
MessageEk het 'n lysie van kanker-lyer vriende vir wie ek elke dag bid. Simon, jy is een van hulle en ek weet dat wonderwerke elke dag plaasvind.

Ons dink aan julle almal. Hou asb moed, julle is 'n inspirasie vir ons almal.

Izane


NameGert de Jager
Date2006-06-08
Locationclick picture for more information
MessageHallo Simon

Sterkte en word gou gesond!!!!!

Gert


NameDr Johann Beukes
Date2006-06-07
Locationclick picture for more information
MessageOns is elke dag saam met julle op weg. Julle name klink in elke gebed van ons op!

Johann, Mari-lizé, Michael & Andrea Beukes

"The most powerful weapon on earth is the human soul on fire." - Ferdinand Foch


NameHansie en Lanette
Date2006-06-07
Locationclick picture for more information
MessageSoo baie dinge wat ons nie verstaan nie - maar een ding weet ons verseker en dit is dat elkeen van die Bybel se beloftes verseker waar is! Ons bid dat julle almal die Here se liefde op nuwe maniere sal leer ken. (Ons hou aan bid)


NameNelus
Date2006-06-07
Locationclick picture for more information
MessageBaie sterkte, ons en die gemeente bid vir Simon en julle hele gesin.
Ons vertrou op die Here wat magtig is om meer te doen as wat ons ooit kan dink of glo.


NameDanie en Christelle Swart
Date2006-06-07
Locationclick picture for more information
MessageBeste Simon, ek wil graag vir jou sê hoe baie jou positiewe gesindheid en deursettingsvermoë vir ons beteken. Charnè, ons dogter wat net so oud is soos jy, het verlede jaar 'n 3de hartoperasie ondergaan en ek moet getuig dat God getrou is! Julle kinders is so spesiaal en dapper en weet net dat jy ook tot eer van Hom gebruik word.

Liefde

Danie, Christelle, Danique en Charnè


NameTheo & Marjon Meyer
Date2006-06-07
Locationclick picture for more information
MessageOns bid vir jou Simon en gesin! Ons het jou geken as pasgebore baba en die vreugde wat jy nie net jou ouers nie, maar ook die mense rondom jou verskaf het. Ons vertrou die behandeling is 'n groot sukses!


NameStella Malan
Date2006-06-07
Locationclick picture for more information
MessageSimon,

My dogtertjie is Stephné Malan. Sy is nou 14 jaar oud en sy is reeds 2 x met ALL gediagnoseer binne 3 jaar.

Ons bid vir jou, en ons WEET dat dit spoedig met jou ook beter sal gaan!!!

Alles wat ons nodig het is in Jesus se stoor..... party goetertjeis is net op die onderste rakkie, endie enigste manier hoe ons dit sal bykom, is as ons op ons kniegies staan!!!

Tannie Stella


Page 79 of 80 << First < 76 77 78 79 80 >