Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameLeanie Taljaard (Weltevrede Kommando)
Date2006-09-06
Stad/DorpFairland
MessageLiewe Van Wyk-gesin

Ek wil net namens ons Voortrekkerkommando ons innige simpatie met jul groot verlies betuig. Ons is saam met julle hartseer en besef die groot leemte wat hier op aarde gelaat word deur klein Simon se afwesigheid.

Ek dink terug aan my eerste voortrekkerkamp as offisier en ek dink ook Simon se eerste kamp.(1999 - hul gr. 1 jaar) Ek kan net die groot spinnekoppe in ons kamer onthou: groot vermaak aan die seuns verskaf om meisies daarmee bang te maak wat net langs ons geslaap het! Ek onthou Simon as die lewenslustige, vriendelike knapie wat so lekker aan al ons aktiwiteite meegedoen het - stap in die veld, baljaar in die swembad en bokdrol- verspoeg-kompetisies! Ons sal hom voorwaar mis!

Namens Weltevrede Voortrekkerkommando


NameAdlaide Edwards
Date2006-09-05
Locationclick picture for more information
Stad/DorpWeltevredenpark
MessageLiewe Wouter, Susan en kinders.

Mag julle genade en vrede ontvang van ons hemelse vader en mag Hy julle almal dra in hierdie moeilike tyd.

Dankie dat julle vir ons kan wys hoe om n krisis in geloof te hanteer


Namesandra kachelhoffer
Date2006-09-05
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageOns spreek graag ons meegevoel met die hele familie uit. Ons het op hoogte van Simon se vordering die afgelope twee jaar gebly deur ons kontak met Simon se geliefde oupa Ampie en ouma Laetitia.
Mag julle troos en vrede vind en mag julle altyd bewus wees van die Groot Trooster se nabyheid en liefde.

Klein Simon se moedigheid en groot geloof het 'n groot groep mense, ook vir ons gesin, geweldig geraak en ons genoop om opnuut die Vader se nabyheid te soek en ons lewens weereens aan Hom toe te wy.

Mag die mooi en lekker herhinneringe aan Simon sonskyn in jul lewens bring, veral wanneer die dae maar donker voel.

Ons gebede is met julle almal.

Van die Kachelhoffers van Troyestraat 228 en 232, Muckleneuk


NameClarinda
Date2006-09-05
Locationclick picture for more information
Stad/Dorproodekrans
Messagei wish that there was something i could say to ease the pain. but unfortunately i'm speechless. the news of Simon's death touched me deeply even though i knew that there was no chance of recovery. but one always hopes that a miracle will occur. even though i didn't know him very well, he was in my french and english class and i saw him a few times at school. the thing i'll always remember the smiling face of a very brave boy, called Simon. never, not once did he show his anger, did he have selfpitty. EVERY SINGLE one of us could learn something from him! he never gave up hope! he was a fighter till the end. He is my HERO! i know leatitia very well, and my deepest sympathy goes to her and the rest of the family!

best regards
Love every single one of the pupils of Hoerskool Florida.
Clarinda


NameDu Toit Buckle
Date2006-09-05
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJohannesburg
MessageElke dag se krieket was S U P E R gewees en dit sal altyd uitstaan. Al was dit Xamen tye was daar altyd tyd vi so i middag se krieket. Al moes dit i day-nite sessie raak.

Niemand kan se dat sport nie kosbare vriendskap bou ni!!!!!!!!

Liefde en simpatie heel juniorste Buckle!


NameHelin & Tommy Smith
Date2006-09-05
Locationclick picture for more information
Stad/DorpWEST YORKSHIRE ENGLAND
MessageDear Susan, Wouter and family -
Our very deepest sympathy to you all at this time. There are no words that we can say that have not already been said : May God keep His watch over you and give you strength to go forward .. from this day on .. We add our prayers to all those who hold you in love at this time.
Helin and Tommy Smith (ex-Cliffview Pines)


NameVincent en Jolene Atterbury
Date2006-09-04
Stad/Dorpweltevredenpark
MessageWouter,Susan en kinders

Mag julle net Sy groot liefde en ontferming ervaar in hierdie tyd. Mag Jesus julle toevou in die toekoms en mag hierdie vir julle as familie 'n tyd wees waarin julle nog nader aan mekaar sal kom. Ons bede is met julle. Kom vir jou kuier sodra dit bietjie stiller is.


NameCarina
Date2006-09-04
Locationclick picture for more information
Stad/DorpMuscat
MessageDit is nou 8 PM hier in die warm woestyn-wéreld, maar ek het die hele middag aan julle gesit en dink. My oé het kort-kort die horlosie dop gehou en 'n gebed spesiaal vir julle gesé. Ek het met ons ''pastor'' se vrou gesels vanmiddag en sy't my gevra wat ek van Simon onthou, so ek deel met julle presies dieselfde storie.

Ek was op 'n koorkamp waar Susan nog die koor afgerig het en die Van Wyk kroos nog BAIE jonk was...ek dink Laetitia en Simon was net-net 4 jaar oud. Abrie het die dag besluit hy gaan my storm loop en het my behoorlik bespring, ek't hom betyds gevang maar op 'n manier het hy my 'n 'pot shot' op die neus gegee....so hard dat my oé begin traan het!!! Abrie het gedink dit was snaaks, maar toe ek omdraai lé klein Simon op sy rug soos hy lag, en met daardie bekende hees stemmetjie van hom skree hy: Weer!!! Weer!!! Dit bring 'n traan en 'n lag, maar dit is hoe ek hom altyd sal onthou. Hy het van kleins af 'n manier gehad om die snaaks in die lewe raak te sien, en ten volle te leef.

Rus in vrede Simon, jy is en was baie spesiaal!

Baie liefde
Carina


NameJulle almal
Date2006-09-04
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageAan julle almal
Ek ry vanmiddag verby julle huis om dit in die Naam van die Almagtige Here te "bless", en dit lyk vreemd normaal.Mag die huis waar julle vir Simon moes groet, ook weer later 'n warm tuiste wees, een van lieflike herinneringe en selfs lag en vreugde.

Dink so aan julle, bid vir julle.
Elzabeth van Schalkwyk


NameAshraf Dockrat
Date2006-09-04
Stad/DorpPretoria
Message3 September 2006

Muhtaram Dr Ds.Wouter van Wyk and Family

Assalamu ‘Alaikum Wa Rahmatullah Wa Barakatuhu

“Inna lillahi ma akhadha wa lillahi ma a‘ta wa kullun ‘indahu

bi-ajalin musamman fal tasbir wal tahtasib” (Hisn al-Hasin)

“To Allah belongs what He takes and to Him belongs what He gives. There is a set time by Him for everything. So do exercise patience and expect a reward (from Allah).”


Our heartfelt condolences are with you and your family on this sad occasion, yet there is comfort in knowing that the deceased has reached closer to his final destination: “Death is but a bridge uniting the lover to his beloved.” Death does not signal the end, it is only the start of a fresh and more eternal phase of life.

Surely, to Allah belongs everything. Our life, wealth and families are wonderful gifts from Him loaned to us so that we may derive benefit therefrom for a fixed period of time. Thus, gratitude becomes binding upon us when He gives and patience obligatory when he takes away. Let this occasion be a means for you and your family of attaining great rewards by exercising the desired patience and let not your bewailing and complaining destroy your reward. Whatever has been ordained, must come to pass, no matter what.

Your Brother
Ashraf Dockrat
Department of Semitic Languages
UJ


Page 7 of 80 << First < 4 5 6 7 8 9 10 > Last >>