Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameWillie, Jhanine, JP en Wiehan Boshoff
Date2006-09-03
Locationclick picture for more information
Stad/DorpUitenhage, Oos-Kaap
MessageJP swot teologie by Tuks en het ons vertel van die jul hartseer nuus. Ons bede is dat die Heilige Gees julle elke dag by sal wees en in elkeen van jul eie gees sal werk en ondersteun. Koester die mooi herinneringe.


NameRuan Louw
Date2006-09-03
Locationclick picture for more information
Stad/DorpDurbanville
MessageRuan onthou:
Simon arriveer vroegoggend na die lui van die voordeurklokkie met sy spider-man pak vir 'n dag se speel. Ruan dra weer sy Super-man pak.

Hy onthou ook :
Simon het altyd gesê : "Reëndag is pannekoekdag, My ma bak vandag pannekoek !"


NameWynand,Mardene,Rikus en Ruan Louw + Ouma
Date2006-09-03
Locationclick picture for more information
Stad/DorpDurbanville
MessageDit is met hartseer dat ons gelees het dat Simon nie meer met ons is nie. Die Here is getrou en sal jul hand vat deur hierdie moeilike tyd. Die God van Liefde sal met julle wees.
Baie Liefde

Wynand,Mardene,Rikus en Ruan Louw + Tannie Dulce


NameTheunis Koekemoer
Date2006-09-03
Locationclick picture for more information
Stad/DorpCenturion
MessageBaie sterkte vir julle vir more.

Dankie dat julle Simon met ons kon deel, deur die goeie en deur die slegte tye. Simon het veral my lewe, al is dit op 'n afstand, ongelooflik geraak, en ek sal dit nooit vergeet nie. Dit laat jou weer kyk na jou verhouding met jou vrou, ouers, my broers en vriende, en laat jou besef hoe kosbaar mense wat God in jou lewe plaas vir jou is.

Julle is voorwaar 'n voorbeeld vir ons.


NameDirk, Cleone, Dirk, Danielle en Michael
Date2006-09-03
Locationclick picture for more information
Stad/DorpHelderkruin
MessageDie dag wat so duidelik vir my uitstaan was jare gelede tydens 'n Randburg skaakkompetisie toe Simon en Wouter voor my en Dirk staan. Simon se vir Wouter: "Sjoe, pa, die volgende rondte moet ek teen die groot ou speel". Maar hy word nie van stryk gebring nie. Hy het altyd klein en groot laat werk vir elke spel en het nooit opgegee nie. Die gesiggie het altyd gelag en die ogies ondeund gesprankel - dis hou ons Simon sal onthou.

Ons troos is in die feit dat Simon uit sy aardse pappa en mamma se arms gehaal is en nou veilig en sonder pyn by sy Hemelse Pappa is - wat hom styf teen Sy bors vashou...


NameTOLMAYS
Date2006-09-02
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodekrans
MessageHello al die Van Wyks.

Ek onthou spesifiek hoe Simon altyd na die Erediens met al die kinders gespeel het.

Ook by die NHSV Vergaderings by jul huis... Hy kon nie wag dat ons klaar vergader, sodat hy 'n stukkie koek kon op eis nie. Inteendeel het hy partykeer sommer so 3 keer ingeloer, met die hoop dat ons al klaar is!

Die laaste dingetjie wat ek goed sal onthou was:
Simon se laaste keer by ons kerk, het ek en Ruben vir hom gewaai waar hy in die kar sit. Ruben het toe vir hon 'n soentjie geblaas en hy glimlag toe baie mooi terug vir Ruben. Die prentjie van Simon sal ek nie vergeet nie!

Sterkte vir Julle as gesin vir Maandag.

Belinda en familie


NameFANIE EN VAL LEWIES
Date2006-09-02
Locationclick picture for more information
Stad/DorpCONSTANTIA KLOOF
Moenie boodskap as "Private" merkVAL
MessageWouter, Susan en gesin,
Die eerste dag wat simon by die kerk gesien het het hy baie diep in my hart gekruip.
Ek het hom dadelik opgetel en gevra om by my te kom bly, sy antwoord NEE my ma kook baie lekker kos, ek het weer en weer gevra maar diesdelfde antwoord so sal ek hom altyd onthou.
Sterkte vir Maandag ons weet ook wat dit is om 'n
kind te verloor


NameAnnette Bredenkamp
Date2006-09-02
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPortland, Oregon
MessageGod saw that he was getting tired, and a cure was not to be. So He wrapped His arms around him, and wispered: "Come with me..."

Julle was die heel beste gesin wat hierdie outjie kon he. BAIE sterkte vir die volgende paar dae, veral, en vir die tye wat voorle.

Rus in vrede, Simon.


NameCuthbertson
Date2006-09-01
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJohannesburg
MessageEk onthou 2 weke gelede , op n Sondagaand kuier ons by die van wyks soos ons altyd doen . Ek het my nuwe hondjie saamgebring en Simon wou nie aan die ou dingetjie raak nie .Toe ons ry se ek toe raak net aan my hondjie en hy wou nogsteeds nie.Ek stel toe voor om dit ET style tedoen . Hy neem toe sy vinger en raak aan my hondjie se poot. Dit was seker die laaste keer dat ek hom so hard gehoor lag het.


NameAnnalize Rossouw
Date2006-09-01
Locationclick picture for more information
Stad/DorpWolmaransstad
MessageAan Wouter en al sy geliefde huismense:
My oupa is 90 jaar oud en ly tans erg aan kanker.
Ek het my oupa omtrent twee maande terug, een Sondag toe ons weer oppad terug Pretoria toe is, besoek.
Ek het met God baklei, gewonder of ek nog moet teologie swot. Totdat Hein'Ric met my eendag daar by die Amphi gaan sit en ek maak my hart oop en ek vertel hom alles.Hy het snaaks genoeg nie gese die Here weet beter of jy het nog 'n laaste kans saam met jou oupa nie, nee hy het saam met my gesit en huil en toe moet ek hoor sy oupa is ook aan kanker oorlede.Snaaks genoeg was die ergste deel vir ons albei die feit dat jou sterk selfstandige oupa nou die verswakte hulpbehoewende bejaarde is.
Onverklaarbaar het God my huil gehoor. My oupa se buurvrou het my pa'le gekontak en haar hulp aangebied want sy het vir 9 jaar met verswakte bejaardes gewerk!! Hier was die perfekte oplossing om my oupa se laaste so gemaklik as moontlik te maak.Toe my pa vir haar vra wat wil sy betaal word, was haar antwoord: Ek doen dit met liefde van God nie vir geld nie.

Ek dink die afgelope tyd baie aan God se wee en aan die aand toe Wouter diaken geword het.Simon het saam met die hele gesin daar opgedaag.Snaaks nou die aand toe ek hoor Wouter se boetie is dood, toe dink ek weer terug aan daardie aand wat hy in die kerk spierwit was maar daardie glimlag tussen die pyntrekke op sy gesig deur wat hy vir my gegee het. Ek salueer hierdie engel wat die Here aan die aarde geleen het! Hy het sy doel volbring!


Page 9 of 80 << First < 6 7 8 9 10 11 12 > Last >>