Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameJ A KOTZE
Date2006-08-31
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPRETORIA
MessageLiewe Wouter,Susan en kinders
Dit is waar dat woorde nie alles kan beskryf nie, maar wees vir seker dat ons deur al hierdie tyd aan julle in ons gebede gedink het.
Julle mag hartseer en bedroef wees aangesien dit 'n deel van die genesingsproses is. Weet net dat daaar IEMAND by julle staan en julle hand vashou.
Een troos wat julle met julle saamdra is dat julle weet waar hy nou is en verlos is van die aardse pyn. Hy wag vir al sy geliefdes in die hemel en het julle maar net vooruitgegaan.

Ongelukkig kan ons nie die begrafnis bywoon nie, mmar is saam met julle daar in gedagtes.

Baie liefde en sterkte

Oom Hannes en Tannie Yvinne Kotze


NameWeideman
Date2006-08-31
Locationclick picture for more information
Stad/DorpStellenbosch
MessageOns het van Simon op die CHESSA webblad gelees.
Hoewel ons hom nie persoonlik geken het nie,
deel ons nietemin in julle hartseer en wens
julle baie sterkte toe op die pad vorentoe.

Andre, Mari, Hendrik, Nicolaas, Rina-Mari Weideman
('n skaakgesin van Stellenbosch)


NameSimonè en Kowie van Deventer
Date2006-08-31
Locationclick picture for more information
Stad/DorpBergbron, Florida
Moenie boodskap as "Private" merkSimpatie
MessageTannie Susan en gesin baie baie sterkte en ons innige simpatie met julle verlies. Nou is Simon veilig by sy Liewe Vader en kan hy uiteindelik rus vind na sy lang siekbed.

Baie sterkte en liefde en God sal julle bewaar en krag gee om hierdeur te gaan.

Liefde
Simonè van Deventer
Kitaarklas - Gr10A
Hoërskool Florida


NameEmtia Grobbelaar
Date2006-08-31
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageAl die Van Wyks

Mag ons Vader se liefde julle in hierdie tyd omvou.

Ek en Imo-Rhesa het Maandag ons 2 teelepels bloed gegee om geregistreer te word by die BMR.

Bid vir julle gesin!

Emtia


NameNG KERK BRONBERG (Pretoria)
Date2006-08-30
Stad/DorpPretoria
MessageLiewe Wouter, Susan en gesin
Dit was 'n voorreg om die pad saam met julle kon loop sedert julle vestiging as predikantegesin in ons midde (1978 - Ds Ampie en Laetitia Barnard, Susan, Hans, Andre, Marianne, Ampie jnr).
Namens die huidige Kerkraad en talle ou vriende bid ons julle die vertroosting van die Here toe in julle diepe beproewing en rou oor 'n lieflingseun. Mag julle as familie/gesin steeds triomferend voortgaan op julle pad van geloof en diens.

NG Kerk Bronberg bedieningspunt
Dr Pietie le Roux
Ds Fanie Joubert
Dr Cas Jackson
Ds Pieter Combrink
Dr Garfield Havemann (Kanada)


NameAnnemarie, Henk en kinders
Date2006-08-30
Locationclick picture for more information
Stad/DorpWeltevredenpark
MessageLiefste, liefste Susan, Wouter en kinders

Ons innige meegevoel, Simon se plekkie is leeg maar in ons harte en in julle harte bly hy vir ewig en ewig. Mag die mooi herinnering aan hom, julle dra in die dae vorentoe. Ons bid dat ons Hemelse Vader julle sal toevou in Sy Groot Liefde - Hy en Simon hou oor julle wag. Met al ons liefde. Sterk wees!!!

Annemarie, Henk en kinders.


NameEstelle van Wyk
Date2006-08-30
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageAan Wouter,Susan en gesin
My innigste meegevoel.
Mag jul daagliks met vreugde terugdink aan gelukkige tye saam met Simon, en Krag kry om jul gesinskringetjie nog hegter te maak.Hy was 'n besonderse seun, van wat mens kon hoor en lees van hom....hy het wel sy merk nagelaat in die vorm van sy Getuienis en gesindheid, sy lus om te lewe en sy vegmoed!
Mooi bly!
Van Estelle en al die werknemers van Accatax Services : Elmarie,Annette,Susan,Jemina,Grace en Philip.


NameOwen Kock
Date2006-08-30
Stad/DorpBloemfontein
Moenie boodskap as "Private" merkAan Wouter, Susan en die kinders
MessageMy innige simpatie met die heengaan van Simon. Dit was vir my werklik 'n inspirasie om hom te kon ontmoet en ook vir julle.
Vir die gesin le daar nou 'n moeilike pad voor, maar Simon is nou rustig in die huis van sy Vader.
Dit is nooit maklik om iemand aan die dood af te staan nie, maar wees gerus, die Here roep sy kinders wanneer hy hulle nodig het.
Mag die Here julle wonderbaarlik seen en alles wat mooi is, julle bly in my gebede.
Owen Kock


NameAnsu
Date2006-08-30
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodekrans
MessageAan al die van Wyks

Mag die mooiste herinneringe die pyn en hartseer van nou, mettertyd versag. Dink elke dag aan julle en bid julle sterkte toe.


NameBertie, Adrie, Suzanne en Jurgen Hanekom
Date2006-08-30
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRobin Hills, Randburg
MessageDie Van Wyk gesin,
Ons opregte meegevoel vir julle almal in hierdie tyd wat julle vir Simon gaan mis. Mag julle die genade en innerlike vrede van ons Hemelse Vader ontvang om Simon se heengaan te verwerk en te aanvaar. Hy was so wonderlik deel van julle en sal altyd vir julle 'n baken bly en deel van julle verwysingsraamwerk wees. Deur julle kon hy ook die Weg leer ken en ons verheug ons saam met julle daarin dat hy veilig Tuis is.
Ons is skaakvriende en het sy wonderlike deursettingsvermoe tot die einde bewonder.
Seenwense, Die Hanekoms


Page 12 of 80 << First < 9 10 11 12 13 14 15 > Last >>