Ons sal jou nooit vergeet nie. As jy so 'n lee plek in ons harte laat, kan ons maar net wonder hoeveel jou familie jou gaan mis. Jou mooi glimlag en lewenslus sal ons altyd by bly.
Rus veilig en in vrede by Jesus, tot weer siens ons mis jou alreeds!
Pieter, Riana en Alexander
Name
Kobus ( Boks ) en gesin
Date
2006-08-30
Location
Stad/Dorp
PRETORIA
Message
Wouter, Susan en gesin ,
Hiermee ons opregte meegevoel met die afsterwe van jul seun en boetie , Simon. Simon was daagliks in ons gebede. Ons as gesin weet dat ons Hemelse Vader ons net 'n baie beperkte tyd op aarde toelaat.
Met die afsterf van my vader het Ds. Wynand de Beer my as volg getroos : "Elke dag stap die Here in sy tuin en pluk sy MOOISTE blomme. Jou pa was vandag een van daardie blomme. " Dit het vir my gehelp. Nou ja , Simon was een van daardie mooi blomme.
Mag die Here self julle trane afvee.
Die Boksom bende
Name
Swart Familie
Date
2006-08-30
Location
Stad/Dorp
Roodepoort
Message
Aan die Van Wyk gesin
Ons dink aan julle, het elke dag die emails gelees oor hoe dit met Simon gaan. Daar lê 'n baie moeilike tyd vir julle voor, maar met die Wonderlike Here wat ons het sal dit vir julle beter gaan.
Sterkte vir julle almal.
Name
Gauteng Juniors
Date
2006-08-30
Location
Stad/Dorp
Johanneburg
Message
Ons van Gauteng Juniors dra ons meegevoel op aan die van Wyk gesin met hulle verlies van hul seun, Simon. Ons gaan sy sprankel en glimlag baie mis by die skaak.
Met liefde en gebede
Gauteng Juniors
Name
Aney van Sittert
Date
2006-08-30
Location
Stad/Dorp
Auckland
Message
Wouter, Susan en kinders
Hiermee ons opregte meegevoel met Simon se afsterwe. Baie sterkte vir julle as familie in die dae wat voorle.
Nico, Aney, Lambert & Zelda van Sittert
Name
Chris Schutte
Date
2006-08-30
Location
Stad/Dorp
Johannesburg
Message
Aan Simon: Ou maat ons gaan jou mis. Met jou sprankel en vreugde het jy vir almal van ons geleer dat daar meer aan die lewe is as om jouself te bekommer oor die dinge rondom ons. God het vir ons gesê kyk na die gras en die lelies hulle is mooier as wat Salomo in sy glorie was. Jy het my geleer om die lewe vierkantig in die oë te kyk en aan te vat en te skud tot die lewe wakker is. Jy het ook jou vriendskap en vreagde aan Christiaan gegee sonder enige verwagting van iets terug te kry. Jy het vir hom net mooi herhinneringe agtergelaat. Dankie daarvoor. Dit is met vreugde dat ons kan weet jy het ons vooruitgegaan na Jesus en ons Hemelse Vader.
Aan die Van Wyk's: Woorde ontbreek om julle te troos in die tyd. Om iemand soos Simon aan die dood af te staan is baie moeilik en niemand, wat nie in julle skoene staan, kan daardie pyn verstaan. Al wat ons as familie aan julle wil gee is ons liefde en gebede. Vra net ons is daar. God met julle.
Groete
Chris, Elsabé, Suné en Christiaan of te wel Chris (soos Simon hom genoem het)
Name
Banie van Vollenhoven
Date
2006-08-30
Location
Stad/Dorp
Pretoria
Moenie boodskap as "Private" merk
STERKTE
Message
Wouter, ons gebede is met julle as familie in hierdie tyd van smart; maar met die enigste wete dat ons 'n lewende Here het wat ook in tye van beproewing voldoende uitkoms gee. Ons weet dat dit nou die tyd is om fees te vier deurdat Simon reeds vooruit gegaan het en die wete is 'n vaste troos van versterking wanneer sy kamer leeg staan, sy stem nie meer gehoor word nie . . . Maar ons glo vas dat in die beskikking van die Vader dinge op 'n menslik onverklaarbare wyse gebeur, wat ons moontlik eers later - en baie keer selfs nooit - uit 'n kortstondige mense-oogpunt begryp nie. Ons dink aan julle en dra julle op aan die liefde en genade van sie Here.
Banie, Elmare, Ian, Werno, Anre en Stephan 30 Augustus 2006
Name
marshagne Smith
Date
2006-08-30
Location
Stad/Dorp
Randburg
Message
To the van Wyk family You do not know us but we have been following your families battle and you have been in our thoughts and prayers. My sons Dylan and Wesley Smith are chess players and have become aware of Simons plight through chess. We are so sorry about you loss and offer our condolences. Your very strong faith will undoubtedly see you through the tough times to come. With deepest sympathy The Smith family
Name
Coleen
Date
2006-08-30
Location
Stad/Dorp
Centurion
Moenie boodskap as "Private" merk
Sterkte
Message
Liewe Wouter,Susan,Wouter,Abrie, Laetitia, en familie
Baie sterkte in hierdie hartseer tyd. My hart gaan uit na julle en in die gees is ek by julle. Mag ons Hemelse Vader julle almal op Sy skoot tel, julle styf vas hou en troos. Simon was 'n vegter en 'n voorbeeld vir baie.
Liefde Coleen
Name
Elritia le Roux
Date
2006-08-30
Location
Stad/Dorp
Pretoria
Message
Liewe Wouter (jnr) en familie
My gebede en gedagtes is steeds met julle. Tinus en Marius stuur ook vir julle baie liefde en sterkte. Ek sal hulle laat weet van die begrafnis, maar ek sien jou dan DV Maandag.
Sterk wees, Maatjie! Ons is almal baie lief vir jou! Elritia.