Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameLouise Viljoen
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFlorida Noord
Moenie boodskap as "Private" merkSterkte
MessageGoeie naand

Ek wil u net sterkte toe wens in die hartseer tyd weet dat dieselfde Here wat u as familie in die jare bygestaan het tydens Simon se kanker, u ook nou in die hartseer tydperk gaan versterk.

Toe my dogter wat in Generaal de la rey is my vanoggend vanaf die skool skakel en die nuus gee was my hart bitter seer, maar het besef in so 'n tyd kan 'n mens maar net opkyk na die Here vir vertroosting.

Sterkte

Louise en Mariƫtte


NameCorinaldi-gesin
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageLiewe Wouter, Susan, Wouter Jnr, Abrie en Leatitia

Ons wil graag ons meegevoel betuig aan julle wat agterbly. Simon is veilig, vir hom is die stryd wat hy so dapper gestry het, verby. Ons weet dat hy sy kroon sal ontvang.

Mag jul gesin getroos wees in al die mooi herinneringe wat julle van hom het.

Liefde
Vivian, Naomi, Bronwyn en Donovan Corinaldi


NameAlex
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageOns is baie jammer om te verneem van Simon se heengaan. Ons innige meegevoel en sterkte toegewens. Mag jul veel Troos in hierdie tyd beleef.

Alex en Marie Antonites


NameVan der Merwes
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageWouter Susan Wouter(jnr) Abrie en Letitia,

Wanneer ek na die pragtige foto van Simon op die webblad kyk, kan ek byna nie glo dat ek vandag hierdie boodskap skryf nie. Ons bid dat die Here julle in Sy hand sal toevou en die seer en verlange draaglik maak. Maar as Christene jubel ons saam dat
die Here Sy kind kom haal het en dat hy nou veilig by God is en daar vir ons almal wag. Simon het reeds die wenpaal gehaal!

Baie liefde en sterkte
Carel,Marietjie, Cecile, Magriet en Carel(jnr).


NameThe Bornheim Family
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJohannesburg
Moenie boodskap as "Private" merkTo the van Wyk family
MessageOur deepest sympathy goes out to you all in this time of sorrow. We would like to wish you all the strength to get through this difficult time. We will always remember Simon as a positive, cheerful and determined young person. Our thoughts and best wishes are with you.
Karien, Michael, Darren and Craig


NameDOLLA
Date2006-08-29
Moenie boodskap as "Private" merkLief vir julle en bid vir genesing
MessageWouter Susan en Kinders

Ons is ongelooflik jammer om te hoor. Ons wou graag vir oulaas gisteraand met hom gesels maar Annelette het gevra dat ons liefs nie bel nie. Almal was lief vir Simon en sal hom mis.Niemand sal weet waardeur julle gaan nie maar ons kan net bid net soos julle gebede ons jare terug vir Jana deurgekry het wens so julle storie kon ook suksesvol wees. Weet maar net nou is hy gelukkig en hy het nie meer die aardse pyn nie. Ons gebede is met julle


Baie liefde

Dolla Nantes, Leah Jana en Nalize


Namemelissa
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJohannesburg
Messagehi tannie susan, oom wouter, wouter, abri en letitia! ek dink aan julle! ons gesin stuur al ons liefde en simpatie! liefde, melissa andriessen


NameSanet Louw
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpKrugersdorp
MessageAan al die Van Wyks

Baie, baie sterkte met die hartseer en verlang na Simon. Ons huil en bid saam met julle en verbly ons in die wete dat Simon nou gesond is.

Liefde
Sanet Louw en familie


NamePage gesin
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJhb
Moenie boodskap as "Private" merkVan Wyk Familie
MessageBaie sterkte vir julle, ons bid en dink aan julle in die moeilike tyd.

Die Page gesin


NameVan al die Slatter's
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFairland
MessageWouter, Susan, Wouter(jnr), Abrie & Letitia

Ons innige simpatie! Troos jul aan die feit dat Simon nou rustig in God se arms rus waar hy al die hemelse liefde en sorg ontvang waarna ons almal hunker!

Hy is ons een voor, maar weet net, julle sal mekaar weer eendag sien!

Baie sterkte in hierdie hartseer tyd! Neem God se hand en laat HY julle lei. Dit is vir HOM van onskatbare waarde om daar vir jul te wees!

Sterkte en Liefde groete!

Louise en die res van die Slatter's


Page 17 of 80 << First < 14 15 16 17 18 19 20 > Last >>