Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameAndy Hartman
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJohannesburg
MessageHi Susanne & Wouter & children

It is with a heavy heart that I write this note. I can only say how sad it is to hear of Simon's passing, but understand that he is now in a far better place. I wish you all strength during these trying times and pray that God stands by you.
Yours, Andy Hartman (Spar cycling group)


NameDalene Clark
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRuimsig
MessageBeste Susan, Wouter, Leatitia & Abria
Ons innige meegevoel met julle groot verlies. Ons is saam met julle hartseer en bid vir julle krag toe. Julle as gesin, en veral Simon, was altyd vir ander 'n inspirasie.
Mag julle in hierdie tyd ook baie geseen word.
Met liefde
Nick, Dalene ,Jason (GJ U12) en Cherise Clark


NameDie Nel Familie
Date2006-08-29
Stad/DorpAlbertskroon
MessageDs Wouter, Susan, Kinders & Familie
Ons innige meegevoel, ons bid dat julle krag van bo af gaan kry om julle kalm te maak en dat julle berusting sal vind in God se besluit. Ds Wouter en Susan Ek wil net een ding sê Simon was 'n wonderlike kind die twee keur wat hy by Franscois kom speel het, het hy elke keer soveel lewe en lag in die huis gebring, hy kon aanmekaar praat en het lekker playstation gespeel en gesing. Julle het 'n Engel groot gemaak met die mooiste geaardheid.
Sterkte vir Julle deur hierdie tyd
Liefde Groete
Andrè Cornette Frans & Lein


NameJudith Overman
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
MessageAan die hele van Wyk familie
Ons innige simpatie met julle groot verlies, mag God se liefde en genade vir julle 'n vertroosting wees in hierdie moeilike tyd. Julle familie is 'n groot voorbeeld vir ons almal. Baie sterkte vir komende tyd. Julle is nog steeds in ons gebede.
Familie Overman.


NameGavin Olivier
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJohannesburg
MessageDear Wouter, Susan & family
it is with much sadness that i write this message. i am truly sorry to hear about your loss and pray that everybody in your family has a true and real knowledge of the love and peace of God. we have a weekly cell group at our house and you can be assured that you all will be on our prayer list. we are currently praying for my aunt who has stomach cancer. lynne's brother passed away 7 years ago, a victim of lymph cancer. our thoughts and prayers are with you all. Gavin & Lynne Olivier and family.


NameSalome Du Bruyn
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRuimsig
Moenie boodskap as "Private" merkDie Van Wyk's
MessageJammer om te hoor dat Simon vandag nie meer met ons is nie. Mag die Liewe Heer sy hand oor julle as gesin hou en julle die krag gee om julle wonderlike seen te begrawe. Simon is nou gelukkig by sy Vader sonder enige pyn. Hy sit daar bo en kyk na al die mense hier onder wat oor hom huil terwyl hy alles doen wat hy nie die afgelope paar jaar en maande kon doen nie. Alle meegevoel aan almal van die familie en vriende wat Simon so goed geken het. Sterkte, Salome, Charel en Charl-mare (NG Weltevredent)


NamePieter Reynders
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRuimsig
MessageWouter, Susan en kinders,

Ons harte is bitter seer saam met julle. Julle pyn is vir ons geweldig maar julle krag en geloof is baie groter as enige pyn.

Altyd sal ek julle geloof, vertruoe en berusting in God onthou. Dit is vir my 'n les, 'n teregwysing oor my eie onvernoegdheid oor die eenvoudige en onnodige dingetjies in die lewe. Weet dit dan dat julle nie net instrumente in die hande van God is in julle kerklike bediening nie maar ook vir ons wat julle vriende is. Julle voorbeeld dra ons terwyl dit eintlik andersom behoort te wees.

Ons gebede vergesel julle en ook vir Simon wat nou veilig in die arms van Jesus rus.

Baie groete en liefde, Pieter, Riana en Alexander.


NameElritia le Roux
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageLiewe Wouter (jnr) en familie

Ek is vandag saam met julle hartseer, maar jy en jou familie is vir 'n so 'n pragtige voorbeeld van geloof en vertroue. Julle het deur hierdie moeilike tyd daagliks julle krag by die Alllerhoogste gery en uiteindelik sal dit ook Hy wees wat julle wonde verbind en julle trane afdroog.
Dit was inderdaad vir my 'n verrykende ervaring om julle hierin te ondersteun en ek het op diepste wesensvlak soveel van jou en jou familie geleer. Mag dit dan ook wees dat my liefde, vriendskap en ondersteuning vir julle ook in hierdie tyd van betekenis sal wees.
My gebed is dat die Here julle of sy vleuels sal dra en dat julle daagliks sy troue liefde en nabyheid sal ervaar. En weet ook dat al julle vriende en familie gereed staan om julle op enige moontlike manier by te staan om hierdie moeilike tyd vir julle so gemaklik as moontlik te maak.
Ek is hier vir jou, Wouter.
Baie liefde en sterkte.
Elritia.


NameRiana Engelbrecht
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
Moenie boodskap as "Private" merkMy innige meegevoel
MessageWaar kry mens die regte woorde om ouers te troos wat 'n kind voor hulle uit moes sien gaan. Ek kan my net voorstel hoe leeg sy plekkie gaan wees.

Sterkte, en mag die Here julle troos en die krag gee om Simon met 'n glimlag op sy gesiggie te onthou. Want hy glimlag beslis waar hy nou is!

Die Here doen net goeie dinge.

Ons dink aan julle.

Riana Engelbrecht & gesin


NameDirk Rossouw
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpKrugersdorp
Moenie boodskap as "Private" merk1740
MessageDie Van Wyk gesin

Ons is saam met julle hartseer oor Simon se afsterwe. Ons kan niks sê om te pyn te verlig nie, maar ons bid vir julle.

Dirk, Annalene, Carl en Zann-Marié Rossouw


Page 20 of 80 << First < 17 18 19 20 21 22 23 > Last >>