Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameElmarie Louw
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpWeltevredenpark
MessageAan die van Wyk familie
Ons was gedurende die laaste twee maande elke keer saam met julle dankbaar as dit beter gaan en elke keer hartseer as daar 'n insinking was. Ons harte gaan uit na julle met jul groot verlies. Mag "die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan" elke dag oor julle spoel. Ons dink aan julle.

Elmarie Louw en gesin


NameGert de Jager
Date2006-08-29
Stad/DorpPretoria
MessageWouter, Susan, kinders en familie

Hiermee wil ek my innige meegevoel met julle betuig. Sterkte vir julle almal.

Gert


NameKaren Gibbons
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageWouter, Susan, Wouter Jnr, Abrie & Laetitia

My heart goes out to you. I cry with you for your loss and longing. I wish Simon could still be with you but we do not understand why some things happen. I rejoice with you that Simon has release and is now walking with the Lord.

We are continuing to pray for you. Hang on to your faith.
Lots of love
Karen


NameDorette Moorcroft
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpDelarey
MessageAan die Van Wyk's

Ek het geen idee waardeur julle is nie. Ek kan my dit nie eers in my wildste nagmerries indink nie, maar ek kan net sê: "Ek slaan my oë op na die berge, waar sal my hulp vandaan kom. My hulp is van die HERE wat hemel en aarde en Simon geskape het." HY sal julle krag gee!!! Sterkte, ons bid vir julle.

Die Moorcroft-gesin


NameChamanda Prinsloo
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageAan die van Wyk gesin:

"You must be experiencing so many different emotions right now, from the pain of losing someone you loved so deeply to the comfort that comes in knowing that your loved one is no longer suffering.

And even though words can't take away the sorrow that you're feeling, I hope that you find serenity in knowing that your care, love, and courage, have meant so much to the one you loved……and that somehow, in some small way, that makes a difference and brings you peace!"

Sterkte ons dink aan julle in die moeilike tyd.


NameRiaan & Marianne Haasbroek
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
Moenie boodskap as "Private" merkDink aan julle
MessageWouter, Susan & Familie

Ons dink aan julle gedurende hierdie moeilike tyd.

Daar's nie baie woorde nie, maar baie gebede.

Ons sal Simon nooit vergeet nie. Hy sal altyd 'n voorbeeld stel vir ieder en elk.

Sterkte vir julle!


NameNeels Muller
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageWouter, Susan en familie,
Ons inige meegevoel in julle tyd van nood.
Ons bid dat God julle sal vertroos.
Julle bly in ons gebede.

2Th 3:3 Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar.

Neels en familie.


NameWim en Naomi Bouwer
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpWeltevredenpark
MessageWouter, Susan, Wouter(jnr), Abri, Leatita en Familie,

Ons innige simpatie met julle groot verlies.
Ons gedagtes van meegevoel bly om julle.
Mag die wete dat Simon na Jesus toe is vir julle groot vetroosting bring.
Simon was werklik 'n voorbeeld vir ons almal.
Wouter baie dankie dat jy self in hiedie moeilike tyd die krag gehad het om ons op hoogte te gehou het.

Baie Sterkte.

Wim en Naomi Bouwer


NameDie Willemses
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageWouter, Susan en familie

Ons het nie woorde nie maar vra dat die Here julle styf sal vashou en vertroosting bring.

Met al ons liefde
Jopie, Mariaan, Ursula & Maryke


NameCharmaine van der Merwe
Date2006-08-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageGoeiedag! Ek wil net van die geleentheid gebruik maak om my innige simpatie en meegevoel teenoor julle uit te spreek. Mag God julle, as ouers in die tyd van hartseer en beproewing styf teen Hom vashou!
Simon het die stryd gestry en is nou veilig en pynloos in sy Vader se arms. Prys God vir die versekering daarvan.
Ek sal julle as gesin in my gebede opdra en mag die verlies elke dag vervul word met die mooi herinneringe van Simon.
Sterkte op die pad vorentoe.
Groete in Jesus


Page 21 of 80 << First < 18 19 20 21 22 23 24 > Last >>