Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameErna Troskie
Date2006-08-28
Locationclick picture for more information
Stad/DorpDelarey
MessageLiewe van Wyk gesin,

Ons deel in julle hartseer. Simon was ongelooflik spesiaal in die manier waarmee hy hierdie siekte aangedurf het. Hy het met sy veg-gees en positiewe gesindheid vir baie van ons geleer waaroor geloof en volheid lewe werklik gaan.

Hierdie seuntjie het die pad voluit gestap!!!

Hiermee 'n groot arm liefde in hierdie bitter hartseer tyd. Ons koester julle in ons gebede.

Baie liefde
Die Troskie gesin


NameElise van Platen
Date2006-08-28
Locationclick picture for more information
Stad/DorpStrubensvallei
MessageIn die hemels die Heer, (en ons kinders) en Sy glans is soos kristal.

Ek is so bitter jammer.


NameCarle de Lange
Date2006-08-28
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageLiewe Van Wyks en al die familie

Ons is saam met julle hartseer. Julle is en bly voortdurend in ons gedagtes en gebede.

"Toe ek gedink het my voete gly, het u troue liefde my regop gehou, Here." Ps 94:18

Baie liefde.

Ben, Carle en kinders


NameShané van der Westhuizen
Date2006-08-28
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJHB
MessageHi Simon
Dink heeldag aan jou! Ek sal nooit ophou bid nie! Ek glo God kan jou steeds genees as dit Sy Wil is. U R soo0000 special!
Be strong in Jesus Christ! He is the Way, the Truth and the Light!

Lief jo baja en baja
Shané


NameAlex en Marie
Date2006-08-28
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageWouter en Susan,

Ons is jammer om te verneem van die jongste mediese situasie van Simon. Wees verseker dat ons aan julle almal in hierdie tyd dink. Mag Hy julle bewaar maar ook versterk met die skans van vrede wat Hy rondom julle is.

Alex en Marie


NameRonald, Elsabe en seuns
Date2006-08-28
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageOns bid vir julle. Sterkte


NameDie Wilkes
Date2006-08-28
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJohannesburg
MessageSimon, ons dink aan jou en ons bid vir jou


NameCarina
Date2006-08-28
Locationclick picture for more information
Stad/DorpMuscat
MessageLiewe Van Wyks

Woorde is min op hierdie stadium, maar gebede volop. Mag God julle in die palm van Sy hand hou.

Liefde in Christus
Carina


NamePetro Farrow
Date2006-08-28
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageOns is groente en vrugte in Jesus se tuin

Moenie KOMKOMMER nie, sing 'n LICHIE vir die Heer
Jy is sy UIEkind,
Sy oogAPPEL!
Laat jou KERSIE vir Hom brand want so by my KOOL,
ons Heer sal jou opRAAP en bewaar,
al is jou naam :
PIETER of SIELIE,
Hy sal jou nooit RISSIE
In Sy arms het Hy jou BEET
met Sy liefe beAARBEI Hy jou.
Al is jy soms 'n harde KOEJAWEL,
sal Hy jou nie uit sy hart SKORSIE.
Daar is jy altyd ingeWORTEL

'n Vrugtige dag vir jou


NameElritia Le Roux
Date2006-08-28
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageLiewe, Simon, Wouter en familie

Ek maak vandag Simon se webblad oop en ek sien hoe die woorde "God se liefde omring ons" die hele tyd in 'n kringetjie draai en toe besef ek hoe julle van Wyk's vir ons almal 'n voorbeeld is van geloof en vertroue in die Here die Almagtige. Simon, jy in die besonder is vir my 'n geweldige inspirasie en ek kan nie genoeg beklemtoon hoe jy en hierdie ervaring met jou en jou familie my lewe eksistensieel (vra jou boetie om vir jou die woord te verduidelik) geraak het nie. Dis 'n voorreg om mense soos julle te ken en julle verryk ons almal se lewens op die wyse waarin julle julleself in hierdie moeilike tyd wend tot die Here as ons enigste hoop!
Ek wil dan by julle mooi woorde op die webblad aansluit deur julle toe te wens dat die Here die Almagtige julle soos die kuikens van 'n arend op sy vlerke sal dra en sy glans oor julle te laat skyn.
Baie liefde.
Elritia.


Page 24 of 80 << First < 21 22 23 24 25 26 27 > Last >>