Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameSaartjie Kruger
Date2006-08-28
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFlorida
MessageLiewe Simon en gesin,
Ek bid sonder ophou vir julle! en ook vir Annelie!
Baie liefde
Saartjie


NameColeen
Date2006-08-28
Locationclick picture for more information
Stad/DorpCenturion
Moenie boodskap as "Private" merkSterkte
MessageAan al die Van Wyks

Baie sterkte vir hierdie tyd. Ons bid vir julle.
By God is niks onmoontlik nie. Hou vas aan Hom.

Groete

Coleen


NamePage Familie
Date2006-08-28
Locationclick picture for more information
Stad/DorpGauteng
MessageVan Wyk Familie

My hart is so seer vandag toe ek op die website ingaan, woorde ontbreek, maar ek wil die Here vanmore vra om julle deur te dra deur die moeilike tyd en dat hy vir julle krag sal gee. Simon ou maatjie ek het dan gedink ons gaan weer saam ysskaats.

"Mag God in hierdie week vir elke storm in jul lewe 'n reenboog gee, vir elke traan 'n glimlag vir elke bekommernis 'n belofte en vir elke gebed 'n antwoord"

Baie liefde
Die Page Familie


NameAntoinette le Roux
Date2006-08-28
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRegina
MessageNet om te se dat ons deurentyd aan julle dink. Ons weet dat die Liewe Vader julle sal bystaan en dra deur hierdie tyd.


NamePetro en John-Michael Walker
Date2006-08-28
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
Moenie boodskap as "Private" merkSimon en Gesin
MessageHello Julle

Dit is nou vieruur en ek luister hoe die voëltjies wakker word. Dit is so lekker die
tyd van die oggend as dit so stil word en die voëltjies ontwaak dan kan ek stil word en eers bid en dankie aan ons Vader sê vir die nuwe dag en vra dat hy die kantoor seën asook die wat ek ken soos julle en veral ons dapper Simon.

Ek kan dan bid "Here Jesus, soos 'n hen haar kuikens onder haar vlerke toehou, beskerm ons tog ook onder u goue vleuels."

Sterkte vir die dag.

Liefde

Petro en John-Michael Walker


NameNico
Date2006-08-27
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
Moenie boodskap as "Private" merkHi Simon
MessageByt vas ou maat. Jesus loop elke tree saam met jou. Hy sal jou nooit alleen los nie want jy is baie spesiaal en belangrik vir Hom. Die liggaam is tog net die grond waarin die blomme en plantjies groei. Gee dit water en die grond rondom dit mag vervalle raak, maar die plantjies sal nooit vergaan nie, maar altyd blom.

"Deur Hom is alles moontlik".

Liefde in Jesus.

Nico
Nicoza - www.nico.co.za.


Namevan Huyssteens
Date2006-08-27
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageSimon
In Jesus se hande is alles nog moontlik. Ons bid nogsteeds vir jou.
Geluk ook met al die v Wyks se insluiting in die spanne. Ons sien mekaar Desember in Pretoria.
Danie het die skaak in Turkye vreeslik geniet en baie geleer. Hou aan, jy kan dit ook eendag doen.
Lekker slaap
Die van Huyssteens
Pretoria


NameTheo le Roux
Date2006-08-26
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRegina
MessageHallo Simon en Van Wyks

Nou ja - helaas, hier is daar nou al 'n byt in die aandlug. Dit is so 6-8 grade in die oggend as ek gaan werk maar ek gaan steeds met 'n kortbroek werk toe want ons klou vas aan die somer. More is daar hier buite by die meer 'n saamtrek van Suid Afrikaners - daar word 160 mense verwag. Ons gaan die middag 'n bietjie seil saam met vriende en dan lekker saam kuier. Ek is darem erg jaloers op Simon met sy trip om Kyalami. Ek is mal oor motors en dink dat dit darem seker heerlik moes wees. Ek is dit eens met Simon dat 'n mens 'n dag kan aanpak as jy goed geeet het. Ek glo jy sal heelwat beter voel na die plaatjies en bloed - sterkte en geniet al die heerlike dinge wat julle doen.

Groetnis
Theo le Roux


NameIsabeau Swanepoel
Date2006-08-25
Locationclick picture for more information
Stad/DorpWilropark
MessageLiewe Simon, ek hoop jy het die ryery om Kyalami geniet. Dis iets wat ek beslis nie sou kon doen nie - ek weet nie of daar genoeg "panic handles" vir my sou wees nie! Die besoek aan Aloe Ridge en die teleskoop klink vir my beter - al moes julle ook so 'n bietjie spook en spartel om daar uit te kom! Hoe sterk is die teleskoop? Kon julle miskien 'n paar van die nuwe planete wat nou so in die nuus is raaksien?
Ek mis nogal die klavierlesse - jou entoesiasme met "Jericho" en die Chopin van die kunwedstryd het ek terdee geniet! As mens besondere herinnerings soos krale aanmekaar kon ryg, sal jou vasberadenheid en musikaliteit met veral daardie twee stukke, beslis deel van my krale wees! En ook ma Susan se bree glimlag toe sy met "You raise me up" by die koorfees al 4 haar kinders op een verhoog kon laat saamsing!
Sterkte vir al die dinge wat op hierdie stadium nie vir jou so lekker is nie, en geniet die res! Met jou "guts" was daar nog nooit fout nie!
Baie liefde,juffrou Isabeau


NameBesters
Date2006-08-25
Locationclick picture for more information
Stad/DorpSydney
MessageHi Simon en van Wyks

Ons dink baie aan julle en verlang.Ek het nou die dag toe ek die kombuis opgeruim het na julle cd geluister en dit het darem bietjie gehelp.

Ons werk hard en Melisa tree baie op.Sy het 'n verkoue en kon nie vanoggend optree nie en ons het so effens gevoel soos hoe 'n tennisspeler voel as hy onttrek van 'n toernooi.Wel,ek onttrek eerder voordat ek my naam met 'n plank slaan!Haar eerste mini-album "Voice"sal oor so maand klaar wees en sal verseker vir julle pos.Verder is Wiehan vandag in hulle skool se aflosspan.Hy is nogal 'n allrounder met sport.Wiehan is amper so lank soos ek.Julle sal hom nie herken nie.Julle vorige naweek was ontsettend opwindend!!!Julle het omtrent gejol.

Geniet die naweek.Wel,hier by ons is dit al Vrydag-middag.

Baie liefde uit Oz
Besters


Page 27 of 80 << First < 24 25 26 27 28 29 30 > Last >>