Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameFranscois Nel
Date2006-08-18
Stad/DorpAlbertskroon
MessageHallo Simon Jy moet jou naweek geniet ek sien jy het 'n lekker vol naweek voor jou, jy moet daardie rit by Kyalami met die porche geniet.

Jou Skoolvriend Van Laerskool en Hoërskool.


NameTannie Marian
Date2006-08-18
Stad/DorpPretoria
MessageHey Simon

Dit lyk my ek moet aan my vriendekring werk, want ek kén nie eers iemand met 'n Porsche nie, wat nog van om daarmee te gaan jaag!! Jy moet maar laat weet wat was julle vinnigste spoed! (Ek sal maar by my ou scooterjie hou!)
En het julle toe "Cars" geniet? Het julle aan ons gedink toe die trekkers op die plaas hulle so agteroor skrik vir die toeter?
Ek stem saam met jou oor die simpel ou rolstoel: los die ou ding en wys bietjie vir jou pa hoe trap jy so 'n tandem onder hom uit!!
Gaan julle nog Pilanesberg toe noudat jy weer die wildernis in die oë kan kyk? Nooi my tog maar saam, ek kan doen daarmee!
Laat weet as ons moet kom kuier. Lief vir julle!!


NameChris, Annelize, Ruan & Jacque du Preez
Date2006-08-17
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFairland
MessageSimon
Baie, baie sterkte. Ons as gesin dink aan jou. Ons seun, Jacque, speel saam met jou skaak en vir hom is jy 'n ware inspirasie. Dankie daarvoor.


NameRonel Oosthuizen
Date2006-08-17
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageLiewe Simon

Ek wil net hê jy moet weet hoe 'n spesiale kind jy is. Ons grootmense leer sommer baie by jou. Ons het verlede week Kilimanjaro geklim en toe ek die laaste aand so moeg was, het ek net daaraan gedink hoe 'n vasbyter en vegter jy is!!

Ons bid elke dag vir jou dat jy nie te veel ongemak en pyn het nie. Mag die Here jou en jou gesin styf in Sy hand vashou.

Die Oosthuizens


NameLynette en FrancoisViljoen
Date2006-08-17
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageHallo Simon, het vanoggend met jou Pa gepraat oor hoe dit met jou gaan. Ons is die mal mense wat die Comrades vir jou gehol het.
Geniet vandag saam met jou gesin.
Liefde
Francois en Lynette


NameNico, Annemarie, Leriesa en Chanè
Date2006-08-17
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageSimon en Van Wyk Gesin,

Ons wil net sê sterkte en ons dink elke oomblik aan julle in ons gebede.

Simon alles van die beste vorentoe.

Liefde
Die Krieglers
xxxx


NameFranscois Nel
Date2006-08-17
Stad/DorpAlbertskroon
MessageHallo Simon Ek het nog nooit ophou bid vir jou nie, ek dink aan jou en jou hele familie en dat die Here julle deur hierdie tyd sal dra en al die krag sal gee wat julle nodig het en dat jy so min as moontlik pyn hoef deur te maak.
Groete Franscois


NameNeels Muller
Date2006-08-17
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodekrans
MessageMore Simon,
Hoop en bid dat dit vandag beter gaan, Onhou dat God jou liefhet en vir jou a pad maak.

Openb 3:8+10 Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie.

10 Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing.

Ons bid vir jou.

Liefde


NameDie Maritze van Florida
Date2006-08-16
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFlorida
MessageAlmal van dink aan julle, en julle is heeltyd in ons gebede.

Die webwerf is baie aantreklik en netjies - dit maak dit maklik om te volg wat gebeur sonder om te pla. Ons dink dit is wonderlik dat iemand daaraan gedink het om so iets vir julle te begin.

Baie groete en sterkte van Du Toit, Retha, Heilet, Paul en Willem Maritz.


NameElritia le Roux
Date2006-08-16
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageLiewe Simon en familie

Ek is bly om te lees dat dit effens beter gaan met jou en veral dat jou sig terug is na normaal. Net jammer dat jy die Bulle se nederlaag toe moes aanskou. Ek was so ewe Saterdag op Loftus en ek is nou nog depressief oor die uitslag en as iemand sê: "André Pretorius" voel ek skoon naar! My wens vir jou is dat die Bulle sommer al hulle wedstryde die res van die jaar wen, want ons moet almal saamspan om dit vir jou so aangenaam as moontlik te maak en die Bulle moet ook hulle deel doen!

Baie sterkte vir jou, liewe Simon! Ek bid steeds onophoudelik vir jou en jou familie en gebed laat 'n mens altyd kalm en rustig voel wanneer 'n mens weet dat jy in die Here se hand is!
Baie liefde en onthou dat jy vir ons almal baie spesiaal is!
Elritia.


Page 30 of 80 << First < 27 28 29 30 31 32 33 > Last >>