Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NamePieter, Riana en Alexander
Date2006-08-15
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRuimsig
Messagehi Simon, hoe gaan dit? Alexander was baie ontsteld toe ek hom vertel het hoe siek jy is maar ons al 3 bid vir jou en dink elke dag aan jou. Ons hou duim vas vir jou en laat weet ons as ons iets vir jou kan doen of koop. ons doen dit met graagte. Jou dapperheid en krag is vir ons almal 'n seen en voorbeeld - dat jy steeds blymoedig is.

groete en baie liefde,

Pieter, Riana en Alexander


NameDoret Niemandt
Date2006-08-15
Locationclick picture for more information
Stad/DorpWeltevredenpark
MessageHey da

Baie,baie sterkte!
Onthou Jesus bly aan jou kant!


NameAnnelize, Ané & Ruben Groenewald
Date2006-08-15
Locationclick picture for more information
Stad/DorpBergbron
Moenie boodskap as "Private" merkDink aan julle!
MessageHallo julle.

Kan julle nie uit ons gedagtes en gebede kry nie.

Mag Sy genade vir julle genoeg wees.

Ek weet dat Hy wat die Hele Wêreld se gewig

op Sy skouers dra, julle ook sal dra.

Liefdegroete

Die Groenewalds.


NamePieter de Frey
Date2006-08-15
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRandburg
MessageBeste Wouter en Susan,
Sterkte deur hierdie moeilike tyd. Ons dink aan julle.

Liefde
Pieter en Leoni de Frey


NameJan Luwes
Date2006-08-15
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFlorida
MessageLiewe Wouter en Susan

Baie sterkte in hierdie beproewende tyd.Ek dink aan julle en wens julle besonderse sterkte toe.
Fietsry groete

Jan


NameAstrid Grimbeek
Date2006-08-15
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageLiefste Simon en familie
Gebed is die soom wat keer dat jou lewe uitrafel. God se garing is liefde. Mag hy jou toevou in SY LIEFDE vandag en altyd.
Baie liefde
Astrid Grimbeek


NameAnnelie vd Heever
Date2006-08-15
Locationclick picture for more information
Stad/DorpValeriedene, Jhb
MessageHi daar

Eers geluk aan Abrie, die leier.

Simon, geniet en gebruik wat jy het-kyk met daai oë na die bome wat begin bot, luister met daai ore na die voëls en ruik met daai neus die jasmyn.

Hou goeie moed


NameElize Olivier
Date2006-08-15
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJohannesburg
MessageSimon

My gedagtes is regtig vanoggend by jou - ek wens dat as dit goed gaan met jou dit sommer BAIE goed sal gaan en as jy nie lekker voel nie - almal se gedagtes, gebede en wense dit vir jou soveel makliker sal maak. Dit is absoluut wonderlik hoe baie gebede hulle pad nou vind - reguit na God se hart en oor, en dat Hy weet wat om daarmee te doen. Baie, baie sterkte.

Met liefde van Elize


NameWim & Naomi Bouwer
Date2006-08-15
Locationclick picture for more information
Stad/DorpWeltevredenpark
MessageAan: Wouter, Susan en gesin,

Ons volg Simon se vordering en terugslae deurentyd op die web-bladsy.

Elke keer as hy goeie vordering getoon het, het ons saam met julle gejubel van blydskap en gebid vir volgehoue vordering en beterskap.
Met elke terugslag was ons saam met julle besorg.
Hierdie laaste nuus het ons werklik plat geslaan en ons het nie woorde wat julle kan bemoedig in so 'n moeilike tyd nie.

Dan lees ons vanoggend gister se boodskap en voel werklik skaam want Simon deur alles wat gebeur bly jy 'n voorbeeld vir ons almal, moedig en vol geloof.

Ons dink aan julle as gesin en ons bid vir die krag om julle ook deur hierdie drif te trek.

Groete,

Wim en Naomi Bouwer


NameCecilia Meyer
Date2006-08-15
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFairland
MessageOu Simon ons is so baie lief vir jou en bid elke dag vir jou. Baie sterkte!!
Liefde die Meyers


Page 32 of 80 << First < 29 30 31 32 33 34 35 > Last >>