Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameEzet Roos
Date2006-08-15
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageAs ek aan jou dink, dan dink ek aan die dag wat ons iewers in Randburg vir die skool in spanverband skaak gespeel het. Jy het nog 'n "trap" gestel en gewen. Daarna het Laetitia gesê sy sal dit nou nie teen my kan speel nie!
Jy weet kinders hanteer sekere goed net beter as grootmense, al dink hulle nie so nie. Onbekende dinge maak mens bang, maar jou ingesteldheid is so goed. Ek weet jy kan enige situasie hanteer. Dis nie skaakmat nie.


NameNicolette Froneman
Date2006-08-15
Locationclick picture for more information
Stad/DorpDubai
MessageLiewe Simon en gesin

Dink aan julle en bid steeds dat Jesus sy genesing, ligaamlik en geeslik, oor julle almal sal bring.

Psalm 73:23-26

Tog was ek nog altyd by U, want U vat my hand. U lei my met U raad en aan die einde sal U my in ere by U opneem..Al is ek afgetakel in liggaam en gees, God is my sterkte; en hom behoort ek vir altyd!!

Baie liefde

Nicolette


NamePetro en John-Michael Walker
Date2006-08-15
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
Moenie boodskap as "Private" merkHello Simon en al die Van Wyk's
MessageHello Simon

Ons is so bly jou sig is baie beter. Die lente is oppad en ek is bly die dae begin nou weer soos somer voel!

Simon geniet elke oomblik en sekonde van hierdie mooie dag, wat so mooi breek, hier deur my kantoorvenster hier in die Rehablitasie hospitaal in Aucklandpark. Hier is nou 'n splinternuwe Rehablitasie kindersaal reg langs my kantoor. Hulle behandel al die ou kleintjies wat baie baie seer gekry het hier langsaan - leer hul byvoorbeeld weer loop en al hul nuwe ledemate te gebruik (kuns ledemate).

Nou ja geniet jou dag.

Lovies

Tannie Petro en John-Michael


NameJohan Steyn
Date2006-08-15
Locationclick picture for more information
MessageBeste Simon

Eindelik skraap ek die moed bymekaar om vir jou ietsie te skryf. Ek was baie "gelukkig" om die laaste 3 maande rond te toer agter werk aan. Ek sit nou in my hotel kamer in Luanda, Angola, maar ek deel in jou oomblikke al vanaf London.

Dit voel asof ek boekdele kan skryf oor wat ek al alles ervaar en bedink het terwyl ek van jou lees maar weet gerus: Jy het my lewe baie diep geraak. Ek bid steeds vir jou.

Beste Wense
Groot Groete
Johan Steyn


NameElritia le Roux
Date2006-08-14
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageLiewe Simon

Jou boetie, Wouter, was vandag weer saam met my op die kampus en ons het saam gaan toets skryf en later het ons gaan hamburgers eet. Hy't sommer my dag ook opgevrolik en toe besef ek hoe gelukkig jy is om so 'n besonder spesiale boetie te hê. Jy weet Simon, ek het nie boeties of sussies nie, ek is my ma-hulle se enigste kind so ek het Wouter sommer as 'n bababoetie aangeneem. Ag en hy is so goed vir my!

Ek probeer om elke dag jou webwerf te besoek en op hoogte te bly met hoe dit met jou gaan. Ek het jou wel nog nooit ontmoet nie, maar ek en Wouter swot nou al van verlede jaar af saam en hy is een van my heel beste vriende op universiteit. Daarom is al Wouter se familie (en jy in die besonder) ook vir my baie spesiaal. Jy het in die kort tydjie sommer baie diep in my hartjie ingekruip en ek bewonder jou en jou gesin vir julle deernis en dapperheid. Ek bly steeds in gebed vir julle en julle sal moontlik ook boodskappe van die ander Hervormde studente ontvang want ek het vir hulle van die webwerf vertel.
Baie sterkte en seënwense vir julle. Mag julle ervaar dat die Here die Almagtige naby julle is in hierdie tyd.
Liefde.
Elritia.


NameShannon Gesin
Date2006-08-14
Locationclick picture for more information
Stad/DorpKrugersdorp
MessageDie van Wyk gesin.

Ons dink elke oomblik aan julle as 'n gesin in hierdie tye van beproewing. Ons bid vir julle en hoop dat julle krag sal ontvang in hierdie donker tye. Aan jou Wouter 'n spesiale woord, vir iemand wat altyd die trooster moet wees is sulke tye soms moeilik en alleen maar weet dat ons aan jou dink en praat as ons moet help met enigiets, weet dat jy op ons kan staatmaak.


NameHans en Lydia
Date2006-08-14
Stad/DorpFlorida Glen
MessageOns is so jammer.


NameHans en Lydia
Date2006-08-14
Stad/DorpFlorida Glen
MessageOns is so jammer.


NameDJ van Schalkwyk
Date2006-08-14
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageHi Simon

Ek sien dat jy van krieket hou, en hoop jy hou darem bietjie van rugby ook! Die Leeus het die blou Bulle darem vreeslik lekker gewen! Hoop jy is 'n Leeu "fan"
Dis lekker warm vandag, en ek hoop jy kan buite sit.
Ek dink elke dag aan jou en bid ook vir jou en sommer vir julle almal.
Ek en Danis sal kom kuier as dit okay is met jou.
Cheers DJ van Schalkwyk


NameTrevor Frewin
Date2006-08-14
Locationclick picture for more information
Stad/DorpOxford
MessageSimon,
Ek wil net se: Mense vanaf die hele wereld is besig om vir jou en jou familie to bid.
Ek is jammer, maar ek het geen verdere woorde. Ek weet glad nie wat te se - onthou net, asseblief, dat jy glad nie alleen is.
Jesus en jou gesin - liefde, sterkte en hoop. Jy sal, een dag, met God wees - en jou gesin sal daar wees, ook ... om te sing, te dans en totalle vreugde te leef!
Dankie vir alles wat jy vir my SA-familie en hul vriende bring!

Liefde,
Trevor

The family,
I am sorry if the imperfections in my Afrikaans weaken the message of hope & thanks that I wish to send to Simon & yourselves.
My nephew and neice (his younger sister) have played chess with Simon (the Kneen family) and the story of hope through tragedy & strength in God has challenged me to pray for Simon & to grow in my own determination to cling to God.
Simon has been a blessing to me.
This is less than scant consolation, I know, and will do little to help you through these times. But Simon's life has touched many with a challenge to faith & growth in Jesus. It will be so forever.

Thank you!
T

Mat 16
16 And Simon Peter answered and said, Thou art the Christ, the Son of the living God.

17 And Jesus answered and said unto him, Blessed art thou, Simon Bar-jonah: for flesh and blood hath not revealed it unto thee, but my Father who is in heaven.

18 And I also say unto thee, that thou art Peter, and upon this rock I will build my church; and the gates of Hades shall not prevail against


Page 33 of 80 << First < 30 31 32 33 34 35 36 > Last >>