Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

Name Christine Francois en Eljeanie Wilke
Date2006-08-12
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJohannesburg
MessageSimon,ons bid vir jou.Sterkte.


NamePieter, Ankie, Mariëtte, Lidia, Esther
Date2006-08-12
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFlorida Park
MessageAi Simon

Ons kan jou maar net probeer moed inpraat deur te sê Jesus is daar by jou waar dit donker en onbekend voel. 'n Dominee het eendag op Hemelvaartdag vir julle Dellies gesê om dood te gaan en oor te gaan na die ewige lewe is dalk soos om gebore te word, soos wanneer jy as ongebore babatjie ook nie weet hoe dit gaan wees in die groot nuwe wêreld buite jou ma se maag nie. Ons weet nie hoe dit gaan wees nie en ons is bang vir daardie proses van doodgaan. Wat ons wel weet, is wat die Bybel vir ons sê van die hemel en dit klink wonderlik! Mag die Here julle almal vashou en in sy arms toevou in hierdie tyd en vir julle krag én nog baie kosbare tyd elke dag saam gee. Ons bid vir julle.


NameDoret Niemandt
Date2006-08-12
Locationclick picture for more information
Stad/DorpWeltevredenpark
MessageHey Simon

Ek dink elke dag aan jou en bid baie vir jou asseblief moenie moed verloor onthou daar is altyd hoop wanneer Jesus aan jou kant is.

Tannie Susan, oom Wouter, Wouter, Abrie en Letitia baie baie sterkte ek bid vir julle ook want ek weet dit kan nie maklik wees om nogsteeds met werk skool en die universiteit aan te gaan nie. onthou daar is vreeslik baie mense wat vir julle omgee en julle lief het.

Baie baie liefde
Doret


NameKarien Smit
Date2006-08-12
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJhb
MessageLiewe Simon Wouter Susan en al die kinders

Ons dink so baie aan julle in hierdie moeilike tyd en bid vir julle vir krag. Simon net soos jou ma jou vashou sal Jesus jou ook vashou! jy is vir ons 'n voorbeeld van 'n opregte Christen deur jou blymoedige leefwyse en jou veggees. Jy moet nie bang wees nie Onthou: Ek is tot Alles in staat deur Christus wat my krag gee. Onthou Ps 23....
Ons bid vir julle dat Hy julle in hierdie tyd sal dra....ons is lief vir julle. Simon jy het in ons harte gekruip en dit was altyd lekker om met jou te kon gesels oor jou webwerf.

Liefde Karien


NameAndre Smit Jnr
Date2006-08-12
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJhb
MessageLiefste Oom Wouter , Tannie susan , Simon , en al die Van Wyks.

Ek will net se " Ons Bid Vir Julle En Dink Ann Julle.Ek was besig om na my Christian music te luister to speel die liedjie wat ek dink van warde sal wees vir Simon en julle almal.
Ek het met Jeremy Camp wat die liedjie geskyf het self gepraat... het vir hom vertel van Simon. Hy werk baie met die jeug in oorsee se Christian Kerke.. hy het gese "sal die mese en gemeentes vra om vir Simon te Bid"

Sla Nooit ophou Bid en Dink aan Julle

Jeremy Camp - Walk By Faith

Will I believe you when you say

Your Hand will guide my every way

Will I receive the words you say

Every moment of Every day

I Will walk by Faith even when I can not see

Because This broken road prepares Your Will for Me

Help Me to Rid My Endless Fears

You've been so faithful for all my years

With one breath you made me new

Your grace covers All I do.


NameAnnemarie, Henk en kinders
Date2006-08-11
Locationclick picture for more information
Stad/DorpWeltevredenpark
MessageLiefste Susan, Wouter en gesin,

Net om te se, ons dink aan julle. Mag ons Hemelse Vader julle dra elke dag vorentoe. Ons bid vir julle sterkte toe en Simon jy is 'n ster. Die dapperste "fighter" wat ons ken. Ons is lief vir julle.

Groete

Annemarie.


Namemichelle van der berg
Date2006-08-11
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageHi Simon, ek was saam met jou op laerskool, ek en my familie dink elke aand aan jou en bid vir jou. Moenie moed opgee want die Here is met jou en hy sal jou altyd in sy hand dra en jou nooit vergeet net soos ons jou nooit sal vergeet.

Liefde
Michelle & my gesin


NameElritia le Roux
Date2006-08-11
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageLiewe Simon, Wouter en familie

Dankie vir die opdatering van die webwerf. Ek gaan kyk elke dag om te hoor hoe dit gaan. Op hierdie stadium wil ek net vir julle sê dat ek elke dag aan julle dink en julle elke dag in my gebede opdra. Mag julle die vertroosting en beskerming van ons hemelse Vader elke dag ervaar!

Baie liefde en sterkte.
Elritia.


NameRichard Alexander
Date2006-08-11
Locationclick picture for more information
Stad/DorpMarkethill, Northern Ireland
MessageDear Simon

It was good to talk with you the other day. We are praying that your eyesight will improve so that your Dad can show you this to read for yourself. You have a wonderful Dad, Mum, brothers and sister, and although, unlike your Uncle Richard, they can be very annoying at times don't let them get on your nerves to much. I believe you have all your cousins and friends visiting you at the minute so you probably are feeling spoiled rotten.

I hope you already are sure of this, but I'll say it again anyway - we all love you all very much, yes, even your Dad, and we care for you whatever happens to you or your family. It is even more wonderful to know that the Creator of the Universe loves us more, infinitely more, than even our dearest loved ones on earth. We are safe in Jesus Christ. We will all see each other again, of that there is NO doubt.

Remember we love you
To my wee brother in Jesus Christ
Oom Richard


NameCorneli Myburgh
Date2006-08-11
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageLiewe Simon en gesin

Dink baie aan julle en bid dat God julle Vrede sal wees. Hy is die groot Trooster en Geneeser, wat al die trane wegvee.

Boeta het nou die dag 3 geword, en herinner my amper elke aand om vir Simon te bid (nog voor ek daarby kom). ...en vir simon, mamma, en vir simon....

Ek glo vas aan wonderwerke....

Liefde

Willie, Corneli en pienkvoete


Page 36 of 80 << First < 33 34 35 36 37 38 39 > Last >>