Ons dink baie aan julle en Tienis stuur ook baie groete en liefde hy mis jou baie en vra ook baie na jou.
Ons wens jou en jou gesin al die krag en sterkte toe in die moeilike tyd en jy moet altyd onthou alhoewel ons nie daar is nie is jy in ons gebede en ons sal nooit vergeet hoeveel jy vir Tienis beteken het nie. Hy praat steeds van jou as sy "Maatjie".
Jy is baie spesiaal vir ons en ons sal nooit vergeet die eerste dag wat ons jou en jou ouers ontmoet het nie. Wees sterk en onthou ons is baie lief vir jou.
Dink aan julle altyd.
Melani Swart en Gesin
Name
Liana van Platen
Date
2006-08-10
Location
Stad/Dorp
Honeydew Ridge
Message
Liewe Simon en gesin, Ek het nie regtig woorde nie omdat ek so goed verstaan waardeer julle gaan. Julle het my ma Elise ontmoet, en ken dus die storie van my boetie Marcus. Ek dink soveel aan julle en ek bid soveel vir julle. Simon, liewe seuntjie, weet net dat liewe Jesus jou hand al die pad vashou nes hy marcus se hand al die pad vasgehou het. Al ie liefde in my hart. Liana (Marcus se sussie)
Name
Die van Platen's
Date
2006-08-10
Location
Stad/Dorp
Strubensvallei
Message
Liewe Van Wyk's,
Ons dink aan julle almal met baie liefde. Ons bid sonder ophou.
Simon - dit was wonderlik om verlede week bietjie te kon gesels.Tannie Elise (en Etienne)dink jy is 'n ster en so dapper!!
Baie liefde van al die Van Platen's.
Name
Hannes Grobler en gesin
Date
2006-08-10
Location
Stad/Dorp
Pretoria
Moenie boodskap as "Private" merk
Simon, Wouter en gesin
Message
Woorde ontbreek om dit wat ons voel reg oor te kan dra , maar die wete dat ons Hemelse Vader in beheer is van ons lewens, moet ons vertroos en berusting bring. Baie sterkte.
Name
Pieter, Riana en Alexander Reynders
Date
2006-08-10
Location
Stad/Dorp
Ruimsig
Message
Hallo Simon,
Ons kan nie weet hoe dit moet wees nie en woorde ontbreek. ons dink baie aan jou en bid vir jou. Jou dapperheid en veggees is iets wat ons harte versterk en self moed gee om aan te gaan. Ons gebed vir jou is dat jy heeltemal sal gesond word en dat jy vir jou gesin daar sal wees en al die ander mense wie se harte jy soveel sterkte en moed gee.
groete en liefde,
Pieter, Riana en Alexander
Name
visser du plessis
Date
2006-08-10
Location
Stad/Dorp
pretoria
Message
simon ek was saam met jou pa op skool en ken jou mamma ook goed. net soos mens bang is om van kleuterskool na die groot skool te gaan, van laerskool na hoerskool en later universiteit, net so is jy bang om die volgende stap na die belangrikste deel van ons lewe te neem, die ewige lewe. daar is een groot rede hoekom die volgende lewe soms baie meer vertwyfeling inhou. jy ken mense wat reeds in die grootskool is, of in die hoerskool. hulle vertel jou wat om te verwag en is daar vir jou wanneer jy daar aankom. die volgende lewe vereis geloof in hemelse vader en liewe jesus. niemand op aarde was reeds daar nie. die goeie nuus is dat dit vir ons almal die wonderlikste ervaring gaan wees as ons arriveer. die slegte nuus is dat die mense wat agterbly se geloof beproef word en hulle verlange na 'n geliefde is die grootste hartseer. jesus het die angel uit die dood geneem, omdat dit nou ook ewige lewe beteken. ek het in my lewe al 'n persoonlike getuienis, onafhanklik van enige ander persoon, gehad deur die krag van die heilige gees dat jesus christus leef en vir ons sondes gesterf het. as jy ooit twyfel, kan jy op my getuienis steun en ook op die van jou wonderlike ouers. ons gaan almal eendag weer saam wees. die skrif se duidelik daar is niks belangriker as die liefde nie. daai liefde tussen ons is die belangrikste deel van hierdie en die volgende lewe. ons almal bid op 'n wonderwerk om jou langer te kan hou, maar wat die here ook beplan sal uiteindelik geluk bring
Name
Karin Fourie
Date
2006-08-10
Location
Stad/Dorp
Pretoria
Message
Hallo Julle,
Ons bid vir julle, en is lief vir julle! Sterkte vir die pad wat voorlê, maar onthou as Hy jou op ruwe paaie stuur, sal Hy jou met goeie stapskoene voorsien. Selfs al beteken "stapskoene" 'n berskemde sagte kombers van kalmte deur ons Heilige Gees.
Baie Liefde Karin & Erika Reach For A Dream Foundation.
Name
Christiaan Schutte
Date
2006-08-10
Location
Stad/Dorp
Johannesburg
Message
Simon
Ek skryf namens jou ou vriend Christiaan. Hy is op die oomblik in Kaapstad op 'n skaaktoer. Ek het nog nie vir hom vertel dat jou kanker nou terminaal is nie, want dan sou hy onmiddelik wou terugkom en dit is ongelukkig nie moontlik nie. Ek weet dat hy wel nou so veel as moontlik sal wil kuier. Gelukkig is dit sy vakansie so verwag hom wanneer jy wil hê hy moet kom.
Ek wil net vir jou sê dat hy jou as 'n baie goeie vriend sien en dat hy jou liefhet as vriend. Hy het in die laaste tyd baie geheg geraak aan jou en hy bid gereeld vir jou.
Ek as sy pa wil net vir jou baie dankie sê wat jy vir hom as vriend beteken en die herhinneringe wat jy vir hom gegee het van julle vrienskap.
Ek kan nie namens hom praat nie maar ek weet dat hy jou nou alle sterkte en seën toewens. Groot woorde van 'n ou man. Ek is seker hy sou beter woorde gehad het.
Ek is jammer dat die spirit of chess award nie so afgeloop het soos ek sou wou nie. Ek is jammer oor die stammelende woord wat ek gesê het. Ek wil net die vir jou oordra. Jy het meer mense al geinspireer met jou durf as wat sommige van ons in ons leeftyd kan inspireer.
Geniet die tyd saam met jou ouers en familie.
Baie liefde en groete
Die Schutte's en spesiaal van Chris soos jy hom noem.
Name
Deidre Marais
Date
2006-08-10
Location
Stad/Dorp
Pretoria
Message
Liewe Van Wyk Familie,
Ons dink aan julle in julle moeilike tye, ons glo nog steeds dat dit julle sterkte sal kry van bo en dat al die liefde wat julle ontvang van almal julle sal sterk in hierdie tyd. Ek glo dat God julle sal vashou en koester vir die mense wat julle is en vir Simon sal dra deur al hierdie tye.
Ons bid vir julle
Deidre'
Name
Daline de Jongh
Date
2006-08-10
Location
Stad/Dorp
Adelaide, Suid Australie
Message
Goeie middag, Dit is wonderlik om te sien hoeveel ondersteuning en liefde Simon van sy familie en vriende ontvang. In die tipe situasie is dit regtig al wat mens van kan verwag. My hart gaan uit na die ouers wat hulpeloos moet toekyk na hulle seun, maar aan die ander kant was hulle geseen om hom vir 14 jaar by hulle te he, te vertoetel en deel te wees van hulle lewe. Dit is 'n groot geskenk!! Ek is so trots op Simon want hy is deur so baie, en lyk of hy elke dag neem soos dit kom. Ek dink aan die hele gesin en wens julle net liefde, vrede en aanvaarding vir die toekoms. Daline & Ronald.