| Date | 2006-08-08 |
| Stad/Dorp | Bloemfontein |
| Moenie boodskap as "Private" merk | Sterkte |
| Message | Hi Simon, Owen hier van Bloemfontein. Ek volg jou vordering op jou webtuiste en ek is jammer om te sien dit gaan nie te goed nie, maar onthou wat ek jou laas gese het, solank jou tande nog skerp is, kan jy vasbyt:-) Ek was die laaste tyd so bedrywig, ek kon nie kans kry om vir jou 'n boodskappie te skryf nie, maar het darem jou webtuiste besoek. Danie Calitz, die Vrystaat-Cravenweek kaptein wat jy in Johannesburg ontmoet het, het Saterdag skedelbreuk in die rugbywedstryd teen Pretoria Boys High in Bloemfontein opgedoen. Hy is later die aand geopereer en is buite gevaar, maar hy sal egter nooit weer kan rugby speel nie. Ek bid vir julle dat albei dat julle sommer gou gesond word, want soos jy weet, is God se genesende hande altyd op julle. Sterkte my mater. O.ja, amper vergeet ek, jou pa het my laat weet dat julle die foto en koerante gekry het, geniet dit. groete uit Bloemfontein, Owen Kock |
| Date | 2006-08-08 |
| Stad/Dorp | Fairland |
| Message | Liewe Simon en van Wyk gesin, Simon wil net laat weet ons dink aan jou elke sekonde van die dag jy is my hero!! Moenie bang wees nie, klein kuddetjie, want dit was die wil van julle Vader om die koningkryk aan julle te gee. Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. Ek is tot alles in staat deur HOM wat my krag gee!! Filip. 4:6 Baie Sterke!! Die Slatter gesin |