Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer. Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.
| Name | piet wiid |
| Date | 2006-07-29 |
| Location |  |
| Stad/Dorp | roodepoort |
| Moenie boodskap as "Private" merk | hou aan veg, simon |
| Message | Hi Simon, Dis vroeg in die oggend en ek het aan jou grdink en na jou webwerf gegaan. Toe sien ek data alhoewel jy veg, dit maar swaar gaan. Nou, ek is nie 'n dominee nie, en die bybel ken ek ook maar so-so. Maar die bybel vertel ons om aan te hou veg en aan te hou. Een voorbeeld is koning Dawid en Goliat. Ek kan in my verbeelding sien hoe die klein Dawid elke dag met sy slinger geoefen het. Eeers na groot rotse, toe na kleiner teikens, en toe miskien selfs na vliende voeltjies. En omdat hy so aangehou oefen het, was hy die dag om teen Goliat te veg, reg vir hom, en was hy nie bang om te veg nie. Ek weet nie hoe jy, Simon moet veg nie, maar die Here weet, en hy sal met jou wees, al gaan dit ook hoe sleg. Hou net aan. Moenie ophou veg nie!
Groete, Piet. |