Hi Simon, Hope you have had a good day, we have been following your progress in your diary, the latest English update was June 28th. However we have been checking up on Richard Alexanders messages and picked up you had some rough days. We trust and pray you are feeling much better. Judging from the reports you like your sports, judging from Richards remarks he doesn't fancy himself as a winner of a yellow jersey, so unfit for such a young man (sorry i know you think he is old, but i taught him in Sunday school) How old does that make me? God bless you, we send our love to you and all your family, Philemon v 4 "I thank my God, making mention of you always in my prayers" In the palm of His hand, Leslie, Elizabeth, Cherith, Timothy & Sharon
Name
Marie Stafleu
Date
2006-07-21
Location
Stad/Dorp
Noord Vancouver
Message
Hallo Simon
Dit is Pierre se ma, Marie. Kan jy nog vir Pierre van kerk, graad nul en graad 1 onthou?
Ek kyk so elke nou en dan op die JHB skole websites om te kyk of daar nuus is van ou maats van die kinders.
Ek het regtig nie sulke nuus verwag toe ek jou foto op die Florries tuisblad sien nie. My hart was oombliklik baie seer.
Ek wil graag my beste wense vir herstel aan jou, Simon, en die res van jou gesin oordra. Ek het nog nie eens vir Pierre die nuus vertel nie, maar ek weet dat hy sy goeie wense ook sal wil stuur - hy praat nog soms van jou en die goeie ou dae by Fairland!
Sterkte daar en ek hoop die skenker vir die witbloedselle kan help.
Marie Stafleu
Name
Elsie Pretorius en gesin
Date
2006-07-21
Location
Stad/Dorp
Linden
Message
Ek was bietjie uit sirkulasie die afgelope tyd - in Kuruman en Kimberley gewees en ook in Potch vir werk.
Ek glo en bid nog steeds dat alles uiteindelik ten goede sal uitwerk. Ek weet dat in die periode wat jy moet wag dat dinge net voorwaarts gaan moeilik en frustrerend kan wees.
Sterkte aan die hele Van Wyk gesin
Name
Eugene, Maryna, Euan,EG
Date
2006-07-21
Location
Stad/Dorp
Weltevredenpark
Message
Simon,
Ons is dankbaar om te verneem dat jy tuis is en dat dit onder omstandighede beter gaan met jou. Ja speel asb krieket want ons het sulke vegters nodig op nasionale vlak-stel jy dalk belang? Bly gerig op die Groot Geneser.
Groete,
Die Vermeulen gesin
Name
Shirley Pienaar
Date
2006-07-21
Location
Stad/Dorp
Darrenwood
Message
Hallo Simon
Ek wil jou net sterkte toewens. Jou klein lyfie is 'n tempel van God, maak nie saak hoe siek hy is nie. Daarom kan ons net glo dat God jou gesond sal maak.
Liefde Francois, Shirley, Franz, Lorraine en Benita Pienaar
Name
Mardene Louw - Louws van Kaapstad
Date
2006-07-20
Location
Stad/Dorp
Kaapstad
Message
Liewe van Wyk's
Sprakeloos oor die nuus, maar ons glo en vertrou dat Simon in die Here se hande is.
Sou graag naby julle wou wees.
Liefde Groete
Louws
Name
Richard Alexander
Date
2006-07-20
Location
Stad/Dorp
Markethill, Co. Armagh
Message
Dear Simon
Thinking of you again today. I know that you are not feeling great at the minute and am writing to tell you to stay strong. It must be really hard for everybody in the family just at the minute so tell them to be real Afrikaners (real tough nuts) just like their forefathers.
It must seem a really long time since you were last fully well but I look forward to when I can beat you at cricket again, which, God willing, will not be too far in the future. I have been watching a little of the Tour de France but can't understand why they can only afford one yellow jersey between all those wealthy athletes and why they all want to wear this yellow jersey when they all have jerseys of their own, some of them much nicer than the yellow one.
Until the next time I will remind you again of our love and prayers for you and the whole family, every one of them.
Yours with love in Christ Richard, Valerie, Graeme, Deborah and Eleanor
Name
andre volsteedt
Date
2006-07-20
Location
Stad/Dorp
bloemfontein
Message
HI SIMON BAIE STERKTE OU MAAT! DINK AAN JOU EN HOOP ALLES WERK MOOI UIT. DIE RUGBY SPELERS HIER BY DIE SKOOL SE HULLE DINK BAIE AAN JOU ANDRE VOLSTEEDT
Name
Elmarie Vorster
Date
2006-07-20
Location
Stad/Dorp
Florida
Message
Jammer om te hoor van die terugslag. Ons verstaan nie die Here se doel hieragter nie, maar weet dat hy besig is om 'n belangrike pad saam met jou te loop.
Ons dink aan jou en jou familie en bid dat julle sal sterk wees.
Name
Nicolette Froneman
Date
2006-07-20
Location
Stad/Dorp
Dubai
Message
Liewe Simon & gesin
Ons verstaan nie altyd hoe dinge werk of waarom goed gebeur nie...maar Jesus het n plan met alles en ons mag net nooit ophou glo dat Sy wil sal geskied nie. Ons bid aanhoudend vir jou, dat jy sal sterk wees en moed hou al kom daar terugslae.
Vasbyt en wees sterk, ons is daar by jou in ons harte!