Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameChristo van den Heever
Date2006-08-01
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJohannesburg
MessageHi Simon,
Jy en Tannie Annelie moet seblief bly fight!
Seblief ou Simon.
Mooi bly.
Oom Christo


NameElmarie & Dene Vorster
Date2006-08-01
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFlorida - Roodepoort
MessageNet 'n vinnige halo. Ons dink aan jou en jou ouers en glo dat die Here se werk nog lank nie klaar is met julle nie.

Hou aan veg!


NameTheo le Roux
Date2006-08-01
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRegina
MessageHi daar Simon en van Wyk's

Ek bid voortdurend vir julle almal en hoop dat die witselle gou daar opdaag. vasbyt intussen met die chemo.

Groetnis
Theo le Roux


NameDe Klerk-gesin
Date2006-08-01
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFlorida Park
MessageSimon!

Ons bly saam met jou positief - die Here kan wonders doen, ook vandag.

Groete.

De Klerks


NameCornell de Lange
Date2006-07-31
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFlorida Hills
MessageOns dink aan julle en bid en vertrou dat dit net beter sal gaan met Simon. STERKTE


Cornell / Anna-Mart / Waldo / Ricco en Marnell


NameAnnelie vd Heever
Date2006-07-31
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageDis reg, Simon!!! Veg, bid, glo en hoop.

Dr's weet nie ALLES nie.

Daar is maar net Een Groot Geneser & Hy loop 'n BAIE spesiale nou paadjie saam met jou. Moet NOOIT ooit twyfel dat Hy jou ooit sal vergeet / verlaat nie.

SĂȘ as jy lus het vir 'n lekker / 'n ding-dan bring ek vir jou


Nameandre volsteedt
Date2006-07-31
Locationclick picture for more information
Stad/Dorpbloemfontein
Messagehi simon
ek hoop jy voel gou beter ou maat. jy skuld my nog n goeie boulsessie in die sommer. ek hoop jy word gou gesond. sterkte met jou rugby span die naweek teen die cheetahs. geniet jou week baie en byt vas ne.
andre


NameElize Olivier
Date2006-07-31
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJohannesburg
MessageLiewe Simon en gesin

Ons bid nogsteeds en die Here is werklik goed! Ek is bly dit gaan weer beter. Aanhou veg!

Liefde die Olivier-gesin


NameNicolette
Date2006-07-30
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageLiewe Simon & gesin

Vandag is my briefie aan julle sommer so van naby af gestuur...
Ek is in SA vir 2 weke, want my pa is geopereer in Pretoria vir kanker.
In die tyd wat ons familie ook n rowwe tyd deurgegaan het, het ek nog meer aan julle gedink.
Die verpleegsters in die hospitaal hier sing elke oggend by elke saal geestelike liedjies en het Vrydag "Amazing Grace" gesing... En dis wat jy moet onthou: Jesus het werklik Amazing Grace!!!!

Ek bid elke dag vir julle, en vra dat Jesus julle sal krag gee, om elke dag met moed hierdie pad te stap.
Ek is SO geraak deur Simon wat gevra het of hy ook sal kan n skenker wees...
Simon, jy kan dalk nie, maar JY het my hart so geraak, dat ek nou hier in my tyd n klomp vriendinne bymekaar gemaak het, en ons gaan almal onself laat registreer en toets, sodat ons dalk in iemand se lewe n verskil kan maak..

Jy moet vasbyt en fight Simon!!!

Baie liefde

Nicolette
XXX


NameSanet Louw
Date2006-07-29
Locationclick picture for more information
Stad/DorpKrugersdorp
MessageSusan

Het van die webblad by Karin gehoor. Jammer om te lees van die terugslag. Ek bid dat julle krag sal kry vir elke nuwe uitdaging.

Liefde en 'n stywe druk

Sanet
(Monnas magneetskool)


Page 43 of 80 << First < 40 41 42 43 44 45 46 > Last >>