Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameKobus ( Boks ) en gesin
Date2006-08-10
Stad/DorpPRETORIA
MessageWouter , Susan en gesin , In kort , julle is 24 uur per dag in ons gedagtes en in ons gebede.

Selfs al gaan ek deur donker dieptes , sal ek nie bang wees nie , want U is by my. In u hande is ek veilig.

Die Boksombende.


Namemarietjie
Date2006-08-10
Locationclick picture for more information
Stad/Dorpjohannesburg
MessageGoeimorĂȘ

Simon, wees sterk en weet dat onse Hemelse Vader elke treetjie wat jy vat met jou en jou gesin sal wees.

Ons bid en dink elke dag aan julle.

Liefde Groete

Marietjie


NameSaartjie Kruger
Date2006-08-10
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFlorida
MessageAan al die Van Wyks
Woorde ontbreek my .... my hart bloei vir julle, maar ek vertrou steeds op God en bid steeds vir julle.

Simon bly 'n ster!
Liefdegroete
Saartjie


NameBesters
Date2006-08-10
Locationclick picture for more information
Stad/DorpSydney
MessageHello Simon

Ons dink en verlang baie na julle.Omtrent elke keer wat ek lasagne maak,verlang ek na jou ma en al dink my gesin my lasagne is lekker,dink ek nie ek kom by jou ma se lasagne uit nie.Ons sal ook glad nie nee se vir daai waterblommetjie-bredie van jou ouma nie.Ek het Saterdag saam met Wiehan gekyk hoe die Bokke amper die Ozzies wen...amper maar darem nie stamper!

Dis so great om te weet dat ons Hemelse pa ons almal so lief het en vir ons almal net die heel beste beplan al kan ons nie als nou verstaan nie.
Ons bid vir julle...Wiehan en Melisa bid gedurig vir jou.

Liefde
Die Besters van Oz


Namenico olivier
Date2006-08-10
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPTA
MessageSimon, oom wouter, tannie susan, abrie, wouter en al die van wyks

Ek het die laaste paar weke 'n klein stukkie in my hart saam met julle die pad geloop. Dit was nie vir my maklik nie - ek het myself keer op keer dieselfde vrae afgevrae wat ek altevore gevra het, en waarvan mens wil vergeet en vergeet as dit met jou goed gaan. Met die boodskap wat ek vanaand gekry het wil ek net uitskreeu en vra hoekom? Hoekom jy simon? Hoekom ek? Ek wil weet, ek kan dit nie verstaan nie, en ek sal dit ook nooit hier op Aarde kan verstaan nie. Ek weet jy en jou gesin wroeg met dieselfde vrae en smeking sonder antwoorde.

Maar Simon, eks so bly dat jy 'n liefdevolle gesin het wat elke oomblik van elke dag en nag saam met jou die pad stap. Wat elke oomblik saam met jou is, fisies en emosioneel. Ek weet mens kan dankbaar daarvoor wees, en ook omdat julle (eks seker) sulke diepe, hegte, innigfe verhoudings met mekaar het juis as gevolg van die feit van alles wat met jou gebeur het. Sulke verhoudings vloei oor van liefde, en dis net dit wat die lewe nie net draaglik, maar werklik wonderlik maak. Jou liefde, jou gesin se liefde, God se liefde. (en die res van ons s'n ook.)

Simon, jy is met liefde omvou - vanaand, more, vir altyd.

Ek bid vir jou. Weet asb dat jy en jou hele gesin elke oomblik in my hart en in my gedagtes is, en dat ek ook swaarkry saam met julle, maar ook dankbaar is vir die liefde wat ek, en jy, ontvang om die lewe die moeite werd te maak.

Baie liefde

Nic


NameAnnelie vd Heever
Date2006-08-09
Locationclick picture for more information
Stad/DorpValeriedene, Jhb
MessageDankie vir die nuus. B-A-I-E jammer om te hoor!

Simon....Ek voel saam met jou....en jammer vir jou familie wat jou gaan mis....as dit dan nou die paadjie gaan wees....?


NameElritia le Roux
Date2006-08-09
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageGoeie naand Simon en die Van Wyk's!

Ek wil julle net graag verseker van my volghoue ondersteuning en my voorbidding vir julle! Mag julle in hierdie tyd weet dat daar so baie mense is wat vir julle omgee en vir julle lief is. Ons sal ook graag op die webwerf net 'n kort opdaterinkie wil hĂȘ, net om te hoor hoe dit gaan. En ook van hierdie kant af as daar enige iets is waarmee ek kan help, moet asseblief nie huiwer nie!
Baie liefde en sterkte!
Elritia.


NameAnnelie vd Heever
Date2006-08-09
Locationclick picture for more information
Stad/DorpValeriedene, Jhb
MessageHallo

Waarom so stil?

Wouter, wat van 'n kort "update" asb? My senuwees kan dit nie hou nie.

Sterkte


NameElbert, Loise en kroos
Date2006-08-08
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJohannesburg
MessageOns dink baie aan julle almal en bid baie - as daar enige iets enige tyd is, ons is net 'n oproep ver, al is dit 3h00 in die nag!!


NameHoffie en Annette Lemmer
Date2006-08-08
Stad/DorpFairland
MessageLiewe Simon, Susan, Wouter en familie,

Wees verseker van ons volgehoue voorbidding, Simon, dat jy volkome sal herstel. Ons bid dat ons Hemelse Vader julle die krag sal gee om elke steilte uit te klim. Mag dit spoedig sommer baie beter gaan!

Met hartlike groete.
Die Lemmers.


Page 40 of 80 << First < 37 38 39 40 41 42 43 > Last >>