Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameLe Roux gesin
Date2006-08-14
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRegina
MessageHallo aan die van Wyk gesin

Ons is terug van vakansie af en wil graag laat weet dat ons deurentyd aan julle gedink het. Julle is baie wonderlike mense en Simon jy is n voorbeeld van menswees vir elkeen van ons. Jy mag miskien nie veel krag in jou eie lyf voel nie maar weet dat jou positiewe energie se rimpels selfs hier so ver weg gevoel word en sal voortbestaan vir ewig. Miskien beteken jy meer vir ons as wat ons op die stadium vir jou kan beteken.

Abrie - ons is trots op jou.

Theo, Antoinette, Markus en Mignon


NameStiaan Elsa Christiaan Anshia Oldewage
Date2006-08-14
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageAan die hele van Wyk Gesin.

Baie baie sterkte, ons dink aan julle en bid deurentyd vir julle.


NameDie van Platen's
Date2006-08-14
Locationclick picture for more information
Stad/DorpStrubensvallei
MessageHallo julle,

Ons bid sonder ophou.(Ons het geen woorde meer nie. Eendag gaan ons als verstaan.)

Baie liefde.


NameKobie, Schantell & Seuns
Date2006-08-14
Locationclick picture for more information
Stad/DorpKrugersdorp
MessageSimon,

Ons bid vir Jou. Sterkte on onthou om altyd op te kyk na God. Niks is vir Hom onmoonlik nie!

Liefde.


NameRhoda
Date2006-08-14
Locationclick picture for more information
Stad/DorpKemptonpark
MessageHi Simon

Dink elke dag aan jou. Hoop jy voel vandag beter. Liefde vir jou, en vir Mamma en Pappa.

Rhoda


NameNicolette Froneman
Date2006-08-14
Locationclick picture for more information
Stad/DorpDubai
MessageLiewe van Wyk's

Ek is so jammer om te hoor dat dit nie goed gaan met Simon nie.

Ons bid elke dag vir julle almal en ons gedagtes is daar by julle!!

Baie liefde
Nicolette


NameRya-Mari Muller
Date2006-08-14
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageHallo,

God is elke dag by julle en dra julle in hierdie tyd. Sy Hand omvou julle en koester julle.

Bid vir julle en dink aan julle.

Baie sterkte


NameCorinaldi gesin
Date2006-08-13
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageHello Simon!

Ons almal dink aan jou en jou familie! Ek weet dat Liewe Jesus jou styf vashou en dat Hy mooi na jou kyk! Jy moet net aanhou sterk wees!

Sterkte Seun!

God Bless!!

Bronwyn - en die res van die gesin


NamePedri, Ilse,Jerome & Armandt
Date2006-08-13
Locationclick picture for more information
Stad/DorpHoneydew
MessageBeste Simon,

Ons is jammer om te hoor dat dit nie so goed gaan nie.

Jy moet altyd onthou dat Jesus niks op ons pad bring sonder dat hy nie vir ons die krag gee om dit te hanteer nie. Jy is 'n pragtige blom wat Hy uit sy blomtuin gepluk het en vir Mamma en Pappa gegee het. Hy het geweet dat hulle die regte ouers is om saam met jou hierdie paadjie te loop.

Ons bid vir jou en jou gesin en dra julle op aan ons Hemelse Geneser en weet dat niks by Hom onmootlik is nie. Met al die mense wat aan jou dink en vir jou bid, weet ons dat jy GAAN gesond word....want ons mag nooit vergeet dat by die Here die onmoontlike defnitief MOONTLIK is.

Sterke
Die Van Zyl's


NameLidia de Klerk
Date2006-08-13
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageHello Simon

Ek is jammer om te hoor dat jou toestand so versleg het. Ons bid elke dag vir jou en baie mense dink aan jou. Ek hoop dat jy nie te sleg voel nie en dat die bestraling redelik goed werk. Jy is elke oomblik in my gedagtes.

Sterkte! Mag die Here jou en jou gesin deur hierdie moeilike tyd dra en julle krag gee vir elke moeilike dag en oomblik wat voorlĂȘ.

Met BAIE liefde van
Lidia*


Page 34 of 80 << First < 31 32 33 34 35 36 37 > Last >>