Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NamePetro en John-Michael Walker
Date2006-08-24
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
Moenie boodskap as "Private" merkSIMON
MessageHello Simon

Net Spesiaal vir jou!

Jesus maak wolkies,
Hy maak grassies,
Hy maak roomys en tjoklits,
maar so nou en dan show Hy af,
dan maak Hy iemand
Special soos jy!!!!!

Lovies

Tannie Petro Walker


NameSalome Du Bruyn
Date2006-08-24
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRuimsig
Moenie boodskap as "Private" merkSimon
MessageHi Simon, There are more than twenty angels in this world. Ten are peacefully sleeping on clouds. Nine are playing. And one is reading this email at this moment.

Hoop jy voel gou beter. Ons almal bid vir jou en dink aan jou. Met baie baie baie liefde, Salome, Charel en Charl-mare (NG Gemeente, Weltevredenpark)


NamePieter Reynders
Date2006-08-23
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRuimsig
Messagehi simon,

ons kerkie se selgroepe het vanaand vir jou gebid. ek het jou webblad vir hulle op my imate gewys, jou webblad is nou 'n mobile favourite op my browser.

ons het god se seen en genesing vir jou afgebid. jy le swaar op ons harte elke dag.

liefde en groete,

Pieter, Riana en Alexander


NameAlet Scott
Date2006-08-23
Locationclick picture for more information
Stad/DorpVaalpark
MessageSimon en Gesin
In tye soos hierdie kan ons maar net aan God ons Vader se hand vashou. Hy sal ons nooit begewe en nooit verlaat nie!
Simon, onthou jy is 'n Koningskind, en Jesus is BAIE lief vir jou! Ek bid elke dag saam dat God jou met Sy Genesende Krag en Liefde sal aanraak en deur alles sal DRA.
Baie liefde en sterkte vir jou, Simon, en vir almal wat vir jou lief en dierbaar is.


NameAnsu Rykaart
Date2006-08-23
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodekrans
MessageAan al die Van Wyks

Julle is deurlopend in my gedagtes en gebede.

Susan, almal in die spinningklas stuur beste wense.


NameRudolf en Celeste
Date2006-08-23
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRandburg
MessageSimon en die hele gesin.

Ons wil net sê julle is in ons gebede.Mag die Here julle sommer styf vashou.

Sterkte

Rudolf en Celeste


NameCarina Krogh
Date2006-08-22
Locationclick picture for more information
Stad/DorpMuscat
MessageGroete uit die woestyn aan AL die van Wyks!

Ek is weer terug in die warm wereld. Toe ek Donderdagaand hier geland het was die minimum temperatuur 30 grade C. So, kan julle indink die skok van die weersverskil met Suid Afrika se 17 grade waarin ek weg is!

Nie te min, ek is bly om te hoor jy word so besig gehou, vir my klink dit omtrent of jy 'n kwaai program het. Geniet elk oomblik! Ek is sommer jaloers :)

Die mense aan hierdie kant in my kerk stuur BAIE groete en daar word onophoudelik vir jou en jou hele familie gebid.

Elk geval, ek moet nog klaar uitpak (ek moes trek), so daar's nog baie dinge om te doen voor ek more moet terug wees by die skool.

Baie liefde en vrede in jou hart
Carina


NameElmarie & Dene Vorster
Date2006-08-22
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFlorida, JHB
Moenie boodskap as "Private" merkHalo aan al die Van Wyks
MessageSimon, net 'n kort boodskappie om te sê ons dink elke dag aan jou en jou gesin en julle is almal in ons gebede.

Ek moet sê jou geleentheid om op Kyalami te gaan ry (jaag) het klink wonderlik. Seker jy het baie mense jaloers.

Sterkte in die Here se naam!


NameElritia le Roux
Date2006-08-21
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageLiewe Simon en familie

Ek sien darem jou boetie Wouter elke Maandag op kampus en dan kom ek darem op datum met hoe dit met jou gaan. Ons hamburgers in die kafeteria word nou 'n instelling, maar dit is vir my ook goed om te weet dat ek op die primêre vlak iets kan beteken.
Ek bid steeds elke dag vir julle en in die besonder dat die Hemelse Vader julle in sy troue liefde en sorg sal toevou. Julle is in die bevoorregte posisie dat julle daar kan wees vir mekaar en ook jullle liefde en ondersteuning aan mekaar kan bied. En bo en behalwe dit is daar baie getroue vriende wat ook hulle liefde en ondersteuning betoon. Mag dit ook vir julle 'n troos wees om te weet hoe baie mense vir julle omgee en vir julle bid en gereed staan om te help op watter manier ookal.
Sterkte en Seënwense.
Elritia


NameCorno & Richter
Date2006-08-21
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJozi
Moenie boodskap as "Private" merkHallo
MessageHowsit Simon Says

Hoop jy voel al tonne beter. Try die world record clock op Kyalami :-) en vat ons saam volgende keer :-)
Lekker week

skaakers


Page 28 of 80 << First < 25 26 27 28 29 30 31 > Last >>