My simpatie aan julle van Wyk gesin. Ek het nou weer vlugtig deur die dagboek gelees en hartseer geword toe ek die verloop van Simon se verhaal weer gevolg het. Ek glo soos elkeen dat Simon nou by die tuiste van ewige rus is. Soos daar staan, Ons sien alles nou nog in 'n raaiselagtige beeld maar waar hy nou is sien hy alles soos dit werklik is. Dit is vir my 'n wonderlike gedagte en getuig van die misterie van God se Handel.
Name
van Huyssteens
Date
2006-08-30
Location
Stad/Dorp
Pretoria
Message
Liewe vriende Ons het so saam met julle die pad gestap elke oomblik van die dag. Hy was soos ons eie kind en kon 'n mens nie anders as om vir hom lief te wees nie. So spesiaal!. Ons bid vir julle vir krag in hierdie tyd en weet die hemelse Vader sal julle vertroos. Liefde James, Muranda en Danie
Name
Ralie Roos
Date
2006-08-30
Location
Stad/Dorp
Pretoria
Message
Leef in die wete dat julle alles gedoen het wat menslik moontlik was, maar dat die finale besluit nie in julle hande rus nie. Ek is verstom oor die geweldige aantal vriende wat julle het. Die ondersteuning verlig die las tydelik, maar verdoof nie julle pyn nie. Ons dink in ons gebede aan julle en die kinders. Gaan asb voort met die dagboek, al handel dit oor ander dinge. Ons het geweldig baie daaruit geput.
Name
Astrid Grimbeek
Date
2006-08-30
Location
Stad/Dorp
Florida
Message
Die Van Wyk gesin
My innige simpatie met die verlies van Simon, hy was waarlik n inspirasie. Ek dink aan julle en bid dat die Liewe Heer julle die krag sal gee om deur hierdie moeilike tyd te kom.
Liefde Astrid Grimbeek
Name
Doret Niemandt
Date
2006-08-30
Location
Stad/Dorp
Weltevredenpark
Message
Simon wag vir julle almal in die Hemel. Weet hy is veilig in die Here se hand. Baie baie sterkte ons almal gaan vir simon vreeslik baie mis want ons was baie lief vir hom-hy was voorwaar 'n voorbeeld van iemand wat nie moed verloor nie. Dis seker baie moeilik vir julle om met julle lewens aan te gaan maar weet daar is mense wat vir julle omgee en wat vir julle bid. Baie baie liefde
Name
Michael, Peter, DJ and Cathryn Hewson
Date
2006-08-30
Location
Stad/Dorp
Roodepoort
Message
To the very dear Van Wyks. You are the most incredible family. You have been so strong; you have always looked up and your family has touched so many lives. We are praying for you.
Name
Suzan (Brune) Lamprecht
Date
2006-08-30
Location
Stad/Dorp
Queenswood
Message
Ek is verskriklik jammer om te hoor van Simon se afsterwe. Ek weet dat julle 'n lang moeilike pad geloop het, maar ek glo ons almal weet dat Hy nou volkome genees is.
Baie liefde Suzan
Name
Elsie Pretorius en gesin
Date
2006-08-30
Location
Stad/Dorp
Linden
Message
Ons dink aan julle met die verlies van 'n lieflingkind/-broer/-kleinkind.
Die Here sal julle seen en beskerm Die Here sal Sy aangesig oor julle laat skyn en julle genadig wees Die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee Amen
Elsie, Heino en Jana Pretorius
Name
ANDRE VOLSTEEDT
Date
2006-08-30
Location
Stad/Dorp
BLOemfontein
Message
BESTE VAN WYK GESIN NAMENS DIE VRYSTAAT CRAVENWEEK SPAN EN BESTUUR WIL ONS GRAAG ONS INNIGE MEEGEVOEL AAN U BETOON. SIMON IS N WONDERLIKE INSPIRASIE VIR ALMAL. DANKIE VIR DIE 2URE WAT ONS SAAM MET HOM KON SPANDEER BY DIE CRAVENWEEK. HY IS WERKIK N ONGELOOFIKE KIND EN ONS BID ALMAL VIR JULLE.
GROETE VRYSTAAT CRAVENWEEK SPAN
Name
Dawn Smith Elzané +Zonica Smith
Date
2006-08-30
Location
Stad/Dorp
Sonnedal
Message
Hallo Julle Van Wyk's Toe Zonica met natgehuilde ogies langs my bed kom sit en se Mamma Simon is weg hy is nou vir ewig weg toe kon ek nie anders as om my kind styf vas te druk en voel hoe die snikke deur haar ligaampie ruk nie.... Ja n lang pad saam met die klein vegterjie wat vir ons almal so n mooi voorbeeld was van alles wat hy aangepak het het hy Goed gedoen.Van Akademies Sport en Skaak ag en sommer vele meer.Ons was baie lief vir jou Simon gaan jou mis en tog verstaan ek dat jy op hun beter plek is en dat jy reg was om by Jesus se voete te gaan sit. Mag jul as gesin die Liefde van Jesus ervaar en besef en weet dat Simon vir ons net geleen is om so baie mense se lewens te verander deur sy mooi posetiewe gesindheid en wat n vooreg was dit nie om ouers en familie soos julle te kon he om die taak te voltooi nie. Julle is sowaar n voorbeeld van Liefde vir almal. Sussan & Wouter Sterkte my ou maatjies want julle was sowaar vir my kinders ook n groot Posetiewe inspirasies met jul Liefde en Lag en omgee.
Ons paadjies moes sky toe hul na Monnument toe gegaan het maar jul was altyd en nog in ons gebed kring
Lief vir jul
Die Smith's Moos Dawn Elzané Zonica en Adriaan Smith