Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameL du Preez
Date2006-09-27
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageAan die Van Wyk gesin.

Ek het nie eers woorde om te vertel hoe jammer ek is oor die heengaan van jul seunbroer nie.

Ek ken julle nie en tog voel dit asof ek 'n deel van my verloor het.

Baie sterke vir julle en ek dink en bid vir julle.

Goete


NameEksteen Botes
Date2006-09-16
Locationclick picture for more information
Stad/DorpNelspruit
MessageBeste Wouter, Susan, en kinders,

Ek het tot nou toe nog net 'n sms gestuur, maar vanaand wil ek graag 'n briefie skryf.

Die Here het julle tot hier toe gedra, en Hy sal steeds sy belofte dat Hy by ons is, al die dae tot aan die voleinding, volhouo en volbring. Elke dag van ons lewe.

Vir Simon het Jesus se belofte waar geword: "En as Ek gegaan en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. En julle ken die weg na die plek waarheen Ek gaan."

Uit julle inligting op die webwerf kon ek besef en sien dat Simon, deur die genade van God en die hulp van julle as sy familie, die weg na die plek toe geken het. Daarom is daar by ons geen twyfel dat die belofte van Jesus vir hom vervul is nie.

Mag julle in hierdie tyd van verlange en hartseer troos daaruit put dat ons eendag almal saam by God sal wees.

Dankie dat julle ons in julle intieme gesinslewe toegelaat het met die gereelde inligting. Dankie dat ons as vreemdelinge ook op ons menslike manier kon probeer om moed in te praat, te troos en Simon se dae te probeer opkikker.

Hy was, sover ek hom hier leer ken het, 'n wonderlike getuie vir sy Here.

Ek bid julle krag en troos toe vir elke dag.

Eksteen Botes.


NameHans, Ronél en kinders
Date2006-09-12
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageBeste van Wyks

Ons harte is nog saam met julle baie seer en ons bid dat die mooi herinneringe aan hierdie spesiale seunskind, tog 'n bietjie sal troos. Dankie dat julle as gesin Simon se verhaal met ons gedeel het en dat ons bevoorreg was om deur sy lewe aangeraak te word. Ek en Jeanne is reeds geregistreerde beenmurgskenkers en die res vd gesin volg DV spoedig. Hopelik kan ons vir iemand anders vorentoe iets beteken danksy Simon.


NameJohann en Elza Jamneck
Date2006-09-08
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
Moenie boodskap as "Private" merkMeegevoel
MessageWouter, Susan en gesin

Dit is met groot hartseer dat ons van Simon se afsterwe gehoor het. Ons was in die tyd weg met vakansie en kon nie sy daaglikse vordering volg nie.
Ons opregte meegevoel. Ons weet dat al is julle sterk dit baie moeilik moet wees. Ons bid dat God julle elke dag deur die tyd nou maar ook die jare vorentoe sal dra.

Ons dink aan julle en bly bid!

Liefde
Johann en Elza


Namemarietjie
Date2006-09-08
Locationclick picture for more information
Stad/Dorpnewlands
MessageAan die Ouers en familie van Simon

Baie dankie dat u Simon met die res van ons gedeel het die laaste paar maande.

Hy het ons lewe so geraak, en verander. Ek het twee kleuters en om te sien sy liefde vir sy ouers/familie en sport het my lewe onherroeplik verander. Ek kyk met ander oë na my twee woel waters en besef ek moet dankbaar wees dat GOD hulle op my pad gesit het..

Dit sal seker nou die laaste boodskappie van my kant wees, maar die nagedagtenis van Simon en sy familie sal lank met my bly.

Voorspoed en weet dat GOD u deur alles sal dra en soos ek vir Simon eens op 'n tyd geskryf het, waar daar een ry spore in die sand is, beteken nie GOD het julle verlaat nie, dit is sowaar dat GOD u dra, dus sien u SY spore in die sand. Voorspoed en weet dat daar mense is wat u en die gesin elke aand in hulle gebede het.

LIEFDE GROETE

Marietjie,
mamma van twee


NameTrudie Barnard & Antoinette McManus
Date2006-09-08
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort/Florida
Moenie boodskap as "Private" merkInnige Meegevoel
MessageHiermee ons innige meegevoel aan Simon se ouers, sussie en Familie.

Ons ken Simon al van lank al af, ons kinders was saam in die Laerskool en ook saam in die Hoërskool al is hulle nie in dieselfde graad nie.

Sterkte vir die pad vorentoe. Die Here het hom nodiger gehad in Sy Koninkryk, en ons weet dat hy nou baie gelukkig is daar waar hy hom bevind.


NameCharneen Neethling
Date2006-09-07
Locationclick picture for more information
Stad/DorpDurban
MessageOn behalf of the KwaZulu Natal Junior Chess Association and its members we extend our condolences to the familyu on the passing of their beloved Simon. He will be missed by all his chess friends.


NameWillie & Joey van Niekerk
Date2006-09-06
Locationclick picture for more information
Stad/DorpWeltevredenpark
MessageLiewe Wouter, Susan & kinders

Ons is saam met julle hartseer vir julle groot verlies. Dis nie maklik om 'n kind af te staan nie, maar ons berus in die wete dat hy by sy Hemelse Vader is en dat daar geen pyn meer is nie. Ons verstaan julle pyn en bid dat die Here julle sal versterk in die dae, weke, maande en jare wat voorlê. Die hartseer gaan nooit heeltemal weg nie, maar God gee ons die krag om aan te gaan en elke dag op sy eie te hanteer.
Weet dat ons aan julle dink en vir julle bid vir krag.
Liefde in Christus
Willie, Joey & kinders


NameFrank Snyckers
Date2006-09-06
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJohannesburg
MessageEk het die voorreg gehad om een aand by die Randburg skaakklub 'n vriendskaplike pot teen Simon te speel.

My opponent het nie opgedaag nie, en toe speel ek en Simon terwyl ek wag.

Ons kon nie klaarspeel nie, want my opponent daag toe op. Ek vra toe vreeslik om verskoning, maar Simon meen "in hierdie posisie is dit miskien maar beter dat Oom nie kan klaarspeel nie". Ek weet nie so mooi nie. Smaak my ek sou verloor het.

Wonderlike seun. Mens weet nooit hoekom ons en diegene wat ons liefhet nie altyd dit kan klaarmaak wat ons of hulle so graag wil klaarmaak nie. Maar miskien sou Simon se in hierdie posisie was dit beter dat hy nie hier kon klaarmaak nie.


NameShirley Pienaar
Date2006-09-06
Stad/DorpDarrenwood
MessageEk was Simon se Sondagskool Juffrou to hulle in st 4 was (nou Gr 6). Kyk, Simon en sy maatjies was baie stout gewees en het altyd die ander klasse vreeslik ontwrig. Die meisies het ook geen kans gestaan met hulle nie.Elke Sondag was hulle vreeslik ontstel gewees omdat die seuns so "stout" is. Na die lesse het elkeen 'n beurt gekry om af te sluit. Elke keer as dit Simon se beurt was, het hy letterlik in sweet uitgeslaan. Dan het ek maar vir Letitia gevra om te bid.

Julle is nog steeds in ons gebede.

Liefde
Die Pienaars


Page 6 of 80 << First < 3 4 5 6 7 8 9 > Last >>