Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NamePetro en John-Michael Walker
Date2006-12-10
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
Moenie boodskap as "Private" merkLiewe Wouter, Susan en al die Van Wyk's
MessageHello Julle

Ek dink so baie aan julle vandag. Ek kan maar net vir julle 'n rustige Kers seisoen toewens en weet dat Simon se sterretjie spesiaal helder skyn oor julle.

Bid vir julle spesiaal oor hierdie feesgety.

Tata

Petro en John-Michael Walker


NameTanya Maritz
Date2006-11-10
Locationclick picture for more information
Stad/DorpCarletonville
MessageSterkte!

Julle is `n voorbeeld van geloof en vertroue.


NameHennie en Karen Schoeman
Date2006-10-31
Locationclick picture for more information
Stad/DorpLittle Falls
MessageLiewe Susan, Laetitia en die res van die Van Wyk gesin

Dis meer as 'n maand terug wat ons julle (Susan en Laetitia)so toevallig in Ackermans by Clearwater Mall ontmoet het, en dit als net oor gaaitjie wangetjies! Ons kon nie help om te huil toe ons besef dis julle as familie van Simon,waarvan ons so baie gelees en voor gebid het. Ons dink nog so baie aan julle en hoe dit nou met julle gaan. Het weer opnuut onbeheersd gehuil toe ons die nuwe inskrywing in die Dagboek,van Simon se diagnose en die eerste maande daarna lees. Ons gebede is nog steeds by julle en ek hoop so dat ons mekaar weer erens sal raakloop.


NameDawn Smith Elzane en Zonica
Date2006-10-20
Locationclick picture for more information
Stad/DorpHoneydew
MessageMore Julle

Hoe voel jul vandag ?

Ons dink met Liefde aan julle

xx


NameDawn Smith Elzane en Zonica
Date2006-10-20
Locationclick picture for more information
Stad/DorpHoneydew
MessageMore Julle

Hoe voel jul vandag ?

Ons dink met Liefde aan julle

xx


NameTheo le Roux
Date2006-10-15
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRegina
MessageGoeie more julle almal

Ons kom vanoggend van die kerk af en dink weer oor julle ervaringe die afgelope tyd. Ek lees Wouter se inskrywing in die dagboek en voel opnuut weer hartseer. Ek dink wel dat die inskrywing vir andere in dieselfde boot op 'n manier sal help vertroos. Ons vier hier wil wel vir julle laat weet dat ons steeds aan julle dink.

Groetnis
Theo, Antoinette, Markus en Mignon


NameSuria Barnard
Date2006-10-12
Locationclick picture for more information
Stad/DorpOdendaalsrus
MessageHier is 'n boodskappie vir die Van Wyks. Wil maar net sĂȘ dat Simon se begrafnis my diep geraak het. Dit is 'n vorreg om verlangs familie van Simon te kon wees. Sterkte met julle planne en drome wat uit sy lewe voortgespruit het.

Liefde en groete
Suria


NameMelani Swart
Date2006-10-06
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPolokwane
Moenie boodskap as "Private" merkMelani
MessageMiddag

Ek dink werklik baie aan julle en ek bid ook omdat ek weet dat dit nie maklik kan wees vir julle nie. Hy was 'n wonderlike seun en ek mis hom self baie as ons hospitaal toe gaan. Hy het ander moed en hoop gegee net deur hoe sterk sy geloof was en hoe hy geglo het en die siekte hom nie onder gekry het nie. Ek dink wat julle wil bereik met hierdie webwerf is wonderlik en dit gaan baie ander kinders en gesinne help in sulke moeilike tye. Julle is wonderlike mense en dit was 'n groot voorreg om julle te kon ken. Ons hoop julle alles van die beste en ek glo dat wat julle wil bereik met die Web sal 'n groot sukses wees en julle sal deur baie mense geken en onthou wees.
Sterkte
Melani Swart
Tienis Swart se ma


NameMinnette
Date2006-10-01
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJoburg
MessageHey!

Dink vreeslik aan julle!! Dit was lekker om te sien hoe Tannie Laetitia se kamer so mooi maak en steeds die oulike Tannie is waarvoor ek so lief is!

Ons hele gesin bid steeds baie vir julle. Vreeslik lief vir julle!

Minnette


NameSelma Lloyd
Date2006-09-28
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFlorida Noord
MessageLiewe Van Wyk gesin,

Wou net se ek dink vandag aan julle!


Groete,

Selma Lloyd


Page 5 of 80 << First < 2 3 4 5 6 7 8 > Last >>