Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameElmarie Louw
Date2006-09-04
Locationclick picture for more information
Stad/DorpWeltevredenpark
MessageAan die van Wyk familie
Ons dink aan julle vandag. Mag God jul vrede gee.


NameDie Grobbelaars
Date2006-09-04
Locationclick picture for more information
Stad/DorpNorthcliff
MessageEk onthou nog die klein kannetjie wat vir die eerste keer kom speel het. Hy sien die skaakrekenaar en pak die masjien met mening. Koppig hou hy aan.....die masjien gaan hy vandag wen (iets wat nog nie een van ons kon doen nie). Ek glimlag want ek weet dit is bykans "onmoontlik". Die volgende oomblik "beep" die masjien - Simon het gewen! Ek kyk ongelowig (en half verleë), sowaar hy het gewen. Hy lag net en storm na buite om te gaan krieket speel.
Ons gaan jou mis!

Francois, Rina, Ivan, Röan en Arné


NameCarina
Date2006-09-04
Locationclick picture for more information
Stad/DorpMuscat
MessageMag God sy liefdevolle hand van beskerming oor julle hou vandag, en krag en vertroosting bring. Lede in my kerk het gevra dat ek ook hul simpatie en gebede aan julle oordra. Ek sal spesiaal aan julle dink 2uur vanmiddag. Liefde in Chrisus. Carina en lede van die Protestant Church in Oman


NameKarien
Date2006-09-04
Stad/DorpRoodepoort
MessageWouter, Susan en gesin,

Baie sterkte vir vandag. Ons dink nog steeds elke dag aan julle in ons gebede. Mag die Here julle ook deur hierdie moeilike tyd dra en julle toerus met Sy krag en Sy vrede wat alle verstand te bowe gaan!

Julle gesin is vir ons 'n inspirasie en het ons net opnuut weer laat besef hoe kosbaar die tyd is wat ons met ons familie het!

Liefdegroete,

Karien en gesin


NameHoffie en Annette Lemmer
Date2006-09-04
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFairland
MessageLiewe Wouter, Susan en familie,

Weereens wil ons julle verseker van ons innige meegevoel en voorbidding. Ons herinner julle aan Paulus se woorde: “Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly”. Ons kan ongelukkig nie die begrafnis bywoon nie, maar ons is in die gees met julle en ons weet dat julle op hierdie dag van finale afskeid besondere krag sal ontvang vir elke tree wat julle moet stap. Ons bede is dat ons Hemelse Vader elke dag vorentoe met julle sal wees en julle sal toevou in Sy liefde.

Met baie liefde.

Hoffie en Annette.


NameAnnalene du Plooy
Date2006-09-04
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
Moenie boodskap as "Private" merkInnige Meegevoel
MessageGraag wil ons net ons innige meegevoel betuig met die afsterwe van een ou Sonstraaltjie, Simon.
Hy sal baie gemis word en hierdie ou wereld gaan baie leeg wees sonder hom. Maar die troos is dat hy geen lyding meer ervaar nie en nie met ons plekke sal wil ruil nie. Baie sterkte aan jul almal, sy familie, vir die moeilike dae en tye wat voorle en vir al die gemis. Mag God jul toevou in Sy liefde en julle van troos wees. Baie sterkte.
Jannie, Annalene, Bianca en Werner du Plooy van Hoerskool Florida


NameHattingh Familie
Date2006-09-04
Locationclick picture for more information
Stad/DorpAlberton
MessageSIMON
An ANGEL is very special.
Jou hele lewe op aarde het jy 'n "ANGEL" wat oor jou waak, en die dag as Ons Hemelse Vader jou kom haal omdat Hy jou meer nodig het by Hom as op aarde dan is dit JOU beurt "TO BE AN ANGEL" sodat jy oor JOU GESIN en jou Familie en jou Vriende kan waak.

Jy sal altyd in ons harte bly.
Hattingh's


NameAnsu
Date2006-09-04
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodekrans
MessageSTERKTE VIR VANDAG!!!!!!!!!!


NameLizanne de Kock
Date2006-09-04
Locationclick picture for more information
Stad/DorpBerario
MessageDie van Wyk Gesin,

Ek is jammer om te hoor van julle groot verlies. Ek bid dat God julle sal versterk en julle trane vir julle sal afdroog.

Sterkte

Lizanne de Kock


NameCuthbetsons
Date2006-09-03
Locationclick picture for more information
MessageSimon kom kuier na kerk by ons en soos almal weet
wil ek n interior designer word en gee ek vir almal wat by my kom kuier n makeover.

Ek het besluit dat Simon is my volgende klient en vra toe of ek vir hom n makeover kan gee. Hy se toe ja maar met n voorwaade. DAT EK HOM R 50 BETAAL . Na 30 min lyk Simon anders. Hy het swart hare (pruik) en donker ooghare en het maskara aan asook n pienk hemp.


Page 8 of 80 << First < 5 6 7 8 9 10 11 > Last >>