Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameMamma
Date2012-08-28
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageTot ons mekaar weer sien. En ons sal. Want Christus het uit die dood opgestaan.


NameJanina Benade
Date2012-05-29
Locationclick picture for more information
MessageGisteraand in die kerk kom Simon se teks weer na my toe terug - om te lewe is vir my Christus, om te sterwe vir my wins.
En toe kan ek nie help om God te dank vir die glimpse wat ek in sy lewe gehad het nie.
Ek weet sy plekkie in die huis is baie, baie leeg.

Laetitia, weet ons het so bietj kontak verloor, maar weet ek dnk aan julle. Mis jo


NameIna Burger
Date2012-04-09
Locationclick picture for more information
Stad/DorpBurgersfort
MessageBaie dankie vir so 'n webblad. Dink aan julle as familie wat Simon steeds elke dag mis!


NameWouter
Date2012-02-24
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageMis jou boetie.


NameNelia Drenth
Date2012-02-20
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageEk het op die webwerf afgekom in my soeke na inligting oor beenmurgskenking na aanleiding van 'n vriendin wat dringend beenmurg benodig. En toe sien ek dat dit byna die herdenking van Simon se verjaardag is. Hiermee dan net 'n woord van bemoediging. Ek dink aan julle in julle verlies. Groetnis. Nelia Drenth


NameKeith Kichenbrand
Date2011-08-26
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPretoria
MessageEk wens ek het vir Simon geken- met alles in my wens ek ek kon hom ontmoet en sy hand skud- hom verseker dat ek mooi na sy sussie sal kyk. Ek hoor so baie van Simon; die briljante wiskundige, skaakspeler, krieket-"fan". Ek sien sy foto's so gereeld, en my hart skeur as ek sien hoe die familie na hom verlang en veral gedurende hierdie tyd van die jaar aan hom dink! Ai Simon, ek is seker jy kyk elke dag vanuit die Hemel na jou sussie, pa, ma en boeties- mense vir wie ek so lief geword het- en ek vind vrede in die feit dat ek jou tog eendag sal ontmoet, al is dit nou nie hier op Aarde nie ...



Private Message added 2011-07-29



Private Message added 2011-07-26


NameCathy Louw
Date2011-07-15
Locationclick picture for more information
Stad/DorpKuilsrivier, Wes_kaap
MessageLiewe Gesin, Julle pragtige Simon is deur die Engele kom haal..maar ek het kinders soos hy vrywillig versorg, kankerbewusmaking in skole id WKaap gedoen 2 wke v elke jaar en so meer as 40,000 kinders vertel vd gevaartekens op 'n sing/song/dance manier dmv my karaktertjie "Lulu".Ongelukkig moes ek na 5&1/2 jr klaarmaak agv persoonlike traumas.Ek sal egter die ouers/sibs/kankerkinders nooit, ooit kan vergeet nie.Daar is iets van elkeen wat ek hier diep binne my hart bere.Van tyd tot tyd haal ek dit uit, stof dit af en bere weer.Niks wat ek kan se sal julle pyn ooit beter maak nie,maar onthou v Simon/treur/lag/dans alles om dit te kan hanteer.Geen mens wat nog nie deurgemaak het wat julle het nie kan ooit troos nie.Luister na julle hart se stem,probeer vrede vind in God en rejoice in Simon se lewe.Party mense het 80 jaar nodig om iemand se lewe te aan te raak, Simon het net 14 jaar gehad en kyk hoeveel lewens het hy aangeraak - wereldwyd.Ek weet die pyn is nog nie beter nie, maar nie ek of my gesin sou ooit mense kon bereik soos net hy en julle - sy familie nie.Ek ken julle nie,maar ek sal julle dra hier neffens my hart.Daar waar menigte kinders al hulle asempies vir God moes teruggee.Wanneer julle swak voel,onthou daar is mense soos ek wat ons kankerkinders en hulle ouers NOOIT sal vergeet nie. Mag God julle self vertroos. My liefde en vriendskap laat ek vir julle. Liefde Rooikop


NameRietjie van Staden
Date2011-07-09
Locationclick picture for more information
Stad/DorpBethanie Namibia
Moenie boodskap as "Private" merk9-7-2011
MessageHet gesoek na inligting en het op jul afgekom. Kan net sê baie sterkte dis al 'n paar jaar maar ek weet die pyn raak dof maar gaan nooit weg nie.
God seën julle gesin.


Page 2 of 80 < 1 2 3 4 5 > Last >>