Simon van Wyk se Gasteboek
Simon en sy gesin sal elke woord van bemoediging opreg waardeer.  Dankie vir u belangstelling.
Onthou om nie u boodskap as "Private" te merk nie, tensy dit slegs vir die webmeester bestem is.

Sign Guestbook   Back to Simon van Wyk

NameHennie en Karen Schoeman
Date2006-10-31
Locationclick picture for more information
Stad/DorpLittle Falls
MessageLiewe Susan, Laetitia en die res van die Van Wyk gesin

Dis meer as 'n maand terug wat ons julle (Susan en Laetitia)so toevallig in Ackermans by Clearwater Mall ontmoet het, en dit als net oor gaaitjie wangetjies! Ons kon nie help om te huil toe ons besef dis julle as familie van Simon,waarvan ons so baie gelees en voor gebid het. Ons dink nog so baie aan julle en hoe dit nou met julle gaan. Het weer opnuut onbeheersd gehuil toe ons die nuwe inskrywing in die Dagboek,van Simon se diagnose en die eerste maande daarna lees. Ons gebede is nog steeds by julle en ek hoop so dat ons mekaar weer erens sal raakloop.


NameDawn Smith Elzane en Zonica
Date2006-10-20
Locationclick picture for more information
Stad/DorpHoneydew
MessageMore Julle

Hoe voel jul vandag ?

Ons dink met Liefde aan julle

xx


NameDawn Smith Elzane en Zonica
Date2006-10-20
Locationclick picture for more information
Stad/DorpHoneydew
MessageMore Julle

Hoe voel jul vandag ?

Ons dink met Liefde aan julle

xx


NameTheo le Roux
Date2006-10-15
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRegina
MessageGoeie more julle almal

Ons kom vanoggend van die kerk af en dink weer oor julle ervaringe die afgelope tyd. Ek lees Wouter se inskrywing in die dagboek en voel opnuut weer hartseer. Ek dink wel dat die inskrywing vir andere in dieselfde boot op 'n manier sal help vertroos. Ons vier hier wil wel vir julle laat weet dat ons steeds aan julle dink.

Groetnis
Theo, Antoinette, Markus en Mignon


NameSuria Barnard
Date2006-10-12
Locationclick picture for more information
Stad/DorpOdendaalsrus
MessageHier is 'n boodskappie vir die Van Wyks. Wil maar net sĂȘ dat Simon se begrafnis my diep geraak het. Dit is 'n vorreg om verlangs familie van Simon te kon wees. Sterkte met julle planne en drome wat uit sy lewe voortgespruit het.

Liefde en groete
Suria


NameMelani Swart
Date2006-10-06
Locationclick picture for more information
Stad/DorpPolokwane
Moenie boodskap as "Private" merkMelani
MessageMiddag

Ek dink werklik baie aan julle en ek bid ook omdat ek weet dat dit nie maklik kan wees vir julle nie. Hy was 'n wonderlike seun en ek mis hom self baie as ons hospitaal toe gaan. Hy het ander moed en hoop gegee net deur hoe sterk sy geloof was en hoe hy geglo het en die siekte hom nie onder gekry het nie. Ek dink wat julle wil bereik met hierdie webwerf is wonderlik en dit gaan baie ander kinders en gesinne help in sulke moeilike tye. Julle is wonderlike mense en dit was 'n groot voorreg om julle te kon ken. Ons hoop julle alles van die beste en ek glo dat wat julle wil bereik met die Web sal 'n groot sukses wees en julle sal deur baie mense geken en onthou wees.
Sterkte
Melani Swart
Tienis Swart se ma


NameMinnette
Date2006-10-01
Locationclick picture for more information
Stad/DorpJoburg
MessageHey!

Dink vreeslik aan julle!! Dit was lekker om te sien hoe Tannie Laetitia se kamer so mooi maak en steeds die oulike Tannie is waarvoor ek so lief is!

Ons hele gesin bid steeds baie vir julle. Vreeslik lief vir julle!

Minnette


NameSelma Lloyd
Date2006-09-28
Locationclick picture for more information
Stad/DorpFlorida Noord
MessageLiewe Van Wyk gesin,

Wou net se ek dink vandag aan julle!


Groete,

Selma Lloyd


NameL du Preez
Date2006-09-27
Locationclick picture for more information
Stad/DorpRoodepoort
MessageAan die Van Wyk gesin.

Ek het nie eers woorde om te vertel hoe jammer ek is oor die heengaan van jul seunbroer nie.

Ek ken julle nie en tog voel dit asof ek 'n deel van my verloor het.

Baie sterke vir julle en ek dink en bid vir julle.

Goete


NameEksteen Botes
Date2006-09-16
Locationclick picture for more information
Stad/DorpNelspruit
MessageBeste Wouter, Susan, en kinders,

Ek het tot nou toe nog net 'n sms gestuur, maar vanaand wil ek graag 'n briefie skryf.

Die Here het julle tot hier toe gedra, en Hy sal steeds sy belofte dat Hy by ons is, al die dae tot aan die voleinding, volhouo en volbring. Elke dag van ons lewe.

Vir Simon het Jesus se belofte waar geword: "En as Ek gegaan en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. En julle ken die weg na die plek waarheen Ek gaan."

Uit julle inligting op die webwerf kon ek besef en sien dat Simon, deur die genade van God en die hulp van julle as sy familie, die weg na die plek toe geken het. Daarom is daar by ons geen twyfel dat die belofte van Jesus vir hom vervul is nie.

Mag julle in hierdie tyd van verlange en hartseer troos daaruit put dat ons eendag almal saam by God sal wees.

Dankie dat julle ons in julle intieme gesinslewe toegelaat het met die gereelde inligting. Dankie dat ons as vreemdelinge ook op ons menslike manier kon probeer om moed in te praat, te troos en Simon se dae te probeer opkikker.

Hy was, sover ek hom hier leer ken het, 'n wonderlike getuie vir sy Here.

Ek bid julle krag en troos toe vir elke dag.

Eksteen Botes.


Page 4 of 79 < 1 2 3 4 5 6 7 > Last >>

Free guestbook provided by UltraGuest.com